Previous Page  118 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 118 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

116

Voortreflike rugby gedurende

Rugbyweek gespeel

D

ie jaarlikse Pannar Rugbyweek vir Suid-Afrikaanse Land­

boukolleges het van 30 Junie tot 5 Julie vanjaar by die

Cedara Landboukollege naby Howick in KwaZulu-Natal

se Middelande plaasgevind. Agt landboukolleges ding

jaarliks om die IPJ du Plessis-trofee mee.

Die toernooi het die eerste keer in 1969 plaasgevind met vyf spanne

wat deelgeneem het. In 1987 het Pannar die borgskap oorgeneem.

Dit is vanjaar die 32ste jaar wat die maatskappy die toernooi borg:

Een van die langste aaneenlopende rugbyborgskappe in Suid-Afrika.

Deelnemende spanne is: Fort Cox naby Alice in die Oos-Kaap,

Elsenburg naby Stellenbosch in die Wes-Kaap, Glen naby Bloem­

fontein in die Vrystaat, Taung naby Hartswater in die Noordwes

Provinsie, Tardi naby Tsolo in die Oos-Kaap, Cedara naby Howick

in KwaZulu-Natal, Grootfontein by Middelburg in die Oos-Kaap en

Potchefstroom in die Noordwes Provinsie.

Elsenburg, die Wes-Kaapse kollege, is die verdedigende kampioene

en is die bulspan wat deur al die ander kolleges getem wil word,

want hulle is die kompetisie se mees dominante en suksesvolle

span met 37 oorwinnings oor die jare – waarvan een met Saasveld

gedeel was.

Vorige wenners sluit ook in: Potchefstroom (drie), Grootfontein

(drie), Glen (een), Kovsies Landbou (een) en Saasveld (twee – een

gedeel met Elsenburg).

Hierdie toernooi word in twee afdelings gespeel, naamlik ‘n beker-

en ‘n plaatafdeling. Die spanne word op grond van die Saterdag se

spel deur die SALK-komitee in die twee groepe ingedeel. Die

volgorde van die wedstryde word deur middel van ‘n trekking be­

paal, met dien verstande dat die gasheerkollege die hoofwedstryd

speel. Die verloorders in die bekerafdeling speel ook uit teen die

wenners van die plaatafdeling van die vorige jaar (in dié geval was

dit Fort Cox teen Glen).

Wen- en verloor-spanne bevind hulle hierna in verskillende afde-

lings waarbinne hulle in ‘n rondomtaliebasis teen mekaar deelneem.

Elsenburg en Grootfontein het mekaar in die finaal aangedurf en dié

wedstryd is as die beste wedstryd van die toernooi aangewys – met

Elsenburg wat die gesogte IPJ du Plessis-trofee as wenners van die

toernooi gewen het.

Aan die einde van die week is ‘n Suid-Afrikaanse Landboukolleges

(SALK)-span gekies.

aktueel

Peet van der Walt,

Pannar

Voor: Sihle Mtunje (Tardi), Curtley Leslie (Grootfontein), André Booysen (Elsenburg), Thyo Skein (Elsenburg), Gerco Nortjé (Elsenburg),

WP van Heerden (Elsenburg), Stefan Fourie (Elsenburg) en Njabulo Shezi (Cedara).

Middel: Ayabonga Mamaza (Fort Cox), Lucas Qhu (Elsenburg), Alex Creig (Grootfontein) en Gershwin Jacobus (Elsenburg).

Agter: Rod Collett (Landboukolleges voorsitter), Khulekani Malanda (Potchefstroom), Eben Bronn (Potchefstroom), Jaco de Waal (Potchefstroom),

Ewald Oberholzer (Potchefstroom), Jopie du Pisani (Grootfontein), Brendon Botha (Elsenburg), MC Slabbert (Elsenburg), Ruan Lambrecht

(Grootfontein), Slabber la Grange (Elsenburg), Joubert Lategan (Elsenburg), Pieter Hamman (Elsenburg), Willie van Zijl (Elsenburg) en

Niel Schoeman (Grootfontein).

SALK-span