1
October 2018
Medewerkers
vir hierdie uitgawe
Dr Erik Adriaanse, Alfred Andrag, dr Gerhard Backeberg, dr Annelie Barnard, Willem Botes, Andries Botha, Elizabeth Botha, Willem Botha, dr Maryke Craven,
Mariëtta Cronjé, Erika de Villiers, Jannie de Villiers, prof Hannalene du Plessis, Hennie du Toit, dr Annemie Erasmus, Petru Fourie, Alzena Gomes, Stephano Haarhoff,
dr Ronél Hendriks, Christin Hunter, Isadora Isaacs, Schalk Jacobsz, ds Koos Kirsten, Chris Kleingeld, Sakkie Koster, Louise Kunz, Corné Louw, Johan Loxton, Karina Muller,
Charné Myburgh, dr André Nel, Frederik Nel, Jolanda Nortjé, Louis Olivier, Owen Rhode, Janet Rowley, dr Jeanetta Saayman-du Toit, Lindi Smit, Roelof Smit, dr Hendrik Smith,
Marleen Smith, Diandra Steenekamp, dr Philip Theunissen, Luan van der Walt, prof Johnnie van den Berg, Madelein van Heerden en dr Requier Wait
m
y ervaring met besproeiing (weliswaar tuinbe
sproeiing) was nog net rampspoedig! My pa en sy
werkers het in my kleintyd sommer self besproei
ing in die plaastuin aangelê – ek was seker so Sub A
(deesdae se Graad 1).
Ek onthou hoe opgewonde ek was nadat ek van die skool af gekom en
gesien het dat die hele tuin vol slote gegrawe is. Met my rooi skoolrok
het ek al in die slote geloop en op een plek waar die sloot onderdeur
die muur gegaan het, het ek ewe rats bo-oor geklim – net om aan die
ander kant hulpeloos in die lug te hang! My skoolrok het aan die muur
vasgehaak en daar hang ek toe soos ’n stuk wasgoed in die wind! Piet,
een van ons jarelange werkers, het dadelik nader gehardloop en my
afgetel. Ek dink ek het so rooi soos my skoolrok gebloos!
Die ander keer was ek ook bloedrooi, maar van woede. Ons het ’n
“deskundige” duisende rande betaal om besproeiing in ons tuin te
installeer – net om agter te kom hy weet net so min daarvan soos ons
self! Op een plek waar die pype ’n 90˚-draai maak, het hy sommer die
pyp gebuig – geen elmboogpasstuk gebruik nie! Ons moes iemand an
ders ’n klomp geld betaal om sy knoeiwerk te kom regmaak!
In dié uitgawe fokus ons juis op besproeiing, maar ek is seker ons
lesers se ervaring hiervan is heelwat positiewer as my eie.
Lees gerus wat Schalk Jacobsz (bladsy 18) sê oor die instandhouding
van gronddamme. Die lewensverwagting van dié damme is dikwels
beperk, omdat die materiaal kwesbaar vir verwering deur die elemente
en vertrapping deur diere is. Volgens hom is die instandhouding, soos
met soveel ander strukture op die plaas, dus noodsaaklik.
’n Span deskundiges van Van’s Lab verduidelik op bladsy 26 waarom
die bewaring van ons grond- en waterhulpbronne so belangrik is en
beskryf die rol wat presisielandboutegnologie in die volhoubare ge
bruik van die natuurlike hulpbronne speel. Volgens hulle lê die uitda
ging tans daarin om elke vierkante meter met plekspesifieke grond- en
waterbestuur te bewaar. Dit word ultra-presisie genoem.
Ons het ook by Martiens Prinsloo van Hoopstad gaan inloer. Hy pas
die spreekwoordelike “’n boer maak ’n plan” prakties op sy plaas toe.
Tydens vanjaar se NAMPO Oesdag Boerepatentekompetisie het hy
’n spilpuntwiel met ’n lang lewe en ’n besproeiingspyp met ’n langer
leeftyd ingeskryf. Meer oor dié vindingryke planne op bladsy 29.
Laat weet ons gerus watter slim planne of nuwe tegnologie jy op jou
besproeiingsgronde toepas. Lekker besproei tot aanstaande maand!
Estie de Villiers,
redakteur
voorpunt
Ontmoet ons
medewerkers...
P
laasveiligheid is ’n uitdaging wat alle produ
sente in die gesig staar. Die werklikheid van
plaasaanvalle is skrikwekkend en ’n mens word
geskok deur elke voorval – ongeag hoeveel maal
jy daarmee gekonfronteer word.
KARINA MULLER
(
SA Graan/Grain
medewerker) het met kenners op
die gebied van plaasveiligheid gesels en het ’n lys
van wenke uit die gesprekke saamgestel, wat op
bladsy 36
gepubliseer is.
G
ronddamme is ’n bron van water vir rekreasie,
besproeiing en veesuiping. Die lewensver
wagting van die damme is egter dikwels beperk,
omdat die materiaal kwesbaar is vir verwering
deur die elemente en vertrapping deur diere. Dit
is noodsaaklik dat aandag gegee word aan die
instandhouding van dié damme. Op
bladsy 18
verduidelik
SCHALK JACOBSZ
(SW Jacobsz
Ingenieurs Konsultante) waarna om op te let.
W
heat contributed 79% to the total winter
cereal crop production in South Africa during
the 2017/2018 production season. The Southern
African Grain Laboratory (SAGL) received and
analysed 304 samples to provide as best possible
a proportional representation of the production of
wheat in all the different production regions. On
page 96
JOLANDA NORTJÉ
(SAGL) takes a look at
local and imported wheat quality.
D
roëbone is ’n koelweerpeulgewas wat as
wisselbougewas suksesvol saam met mie
lies verbou kan word. Volgens
CHRIS KLEINGELD
(Droëbone Produsente-Organisasie) is beplan
ning egter van uiterste belang by die produksie
van droëbone in ’n wisselboustelsel, aangesien
droëbone en ander graangewasse se chemiese
onkruiddoderbestuursprogramme dikwels bots.
Meer op
bladsy 55
.
l
ouis Olivier
(besturende direkteur
van Vaalharts Katoen) is self ’n pro
dusent wat tans op 350 ha-besproei
ing in die Vaalharts-gebied met
pekanneute, gars, lusern en katoen
boer. Hy het ook ’n veevertakking en
produseer Bonsmara-speenkalwers.
Werksbevrediging lê vir hom in die opwinding en dinamiese aard van
die katoenbedryf. “Die kontak met produsente oor die hele sentrale
streek heen en die groot waarde in die wisselwerking tussen my en
produsente is nooit vervelig nie. Tans is die poging om saam met die
produsente na ’n alternatief te soek, die grootste lekker,” vertel hy.
Hy is getroud met Marinda en hulle het twee seuns, Luther en GP,
wat saam met Louis boer. Sy stokperdjies sluit gholf, duine ry in
Namibië en jag in. “Lekker kuier in die veld saam met vriende en fami
lie is ook hoog bo aan die lys,” sê hy.
Lees gerus sy artikel
Katoen: Moontlikheid as wisselbougewas
op
bladsy 52
.