

72
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Finansies van
wisselboustelsels
ontleed
Die insluiting van weiding is belang-
rik, aangesien dit die tipiese boerdery
in die omgewing akkurater simuleer.
Dohne Merino’s is ’n belangrike diver-
sifiseringshulpmiddel – met wol en vleis,
terwyl die inbring van weidingsgewasse
in die graanstelsel belangrik is. Dit is ook
belangrik om daarop te let dat vee en grond
onderskeidelik die enigste items op die
balansstaat is wat oor tyd appresieer.
Data wat in die proewe opgeneem word,
word noukeurig gedoen en sluit alle aspekte
van produksiestelsels in. Die volgende
aspekte word gedokumenteer:
Fisiese inligting: Jaar, kampnommer,
gewas, gewasstelsel, fase in die be-
trokke stelsel, insethoeveelhede, da-
tums van toediening en opbrengs.
Aktiwiteite: Alle aktiwiteite wat betrok-
ke is by die gewasverbouingspraktyke,
soos grondvoorbereiding, plant, spuit, bemesting, oes en wegry.
Trekkergrootte en datums word ook aangeteken.
Finansiële inligting: Produksiekoste en inkomste geassosieer
met elke kamp, gewas en stelsel. Elke aktiwiteit sluit ’n fisiese
kostekomponent, byvoorbeeld saad en ’n meganisasiekompo-
nent in, wat die gepaardgaande aktiwiteit met die trekker en
planter se loopkoste insluit. Produkpryse en gradering word ook
noukeurig gedokumenteer.
Die proewe word reeds sedert 1996 gedoen, maar aangesien daar
sedert 2002 van bewaringsboerderypraktyke gebruik gemaak word,
is slegs die resultate van 2002 en later in ag geneem.
Een positiewe uitkoms is die effek van voorafgaande gewasse op
koringopbrengs wat in die daaropvolgende jaar op dieselfde kamp
geproduseer word. Aangesien koringproduksie steeds aansienlik
belangrik in die Swartland is, is hierdie effek noemenswaardig. Die
koringopbrengs is in
Tabel 1
(op bladsy 71) vir die tydperk 2002 tot
2015 aangebring.
Wat vanuit
Grafiek 1
waarneembaar is, is dat koringmonokultuur
oor tyd, wat bruto marge betref, deur al die wisselboustelsels
geklop word. Die kontantgewasstelsel met die beste prestasie is
stelsel B – met een jaar kanola en drie jaar koring.
Lupiene het ’n positiewe impak op koringproduksie, maar die
lupienefase opsigself is nie winsgewend nie, weens lae pryse in
die mark. Die stelsel met weidings vaar oor die langer termyn
besonder goed, alhoewel die kontantgewasstelsels hulle in goeie
jare, gemeet aan reënvalverspreiding, klop.
Elke produsent sal, gegewe sy hulpbron en sy doelwitte, sy eie
stelsel moet bepaal. Veepryse sal ook die winsgewendheid van die
stelsel tot ’n groot mate beïnvloed.
Vir meer inligting, kontak dr Willem Hoffmann by 021 808 3411.
Grafiek 1: Bruto marge-gemiddeld vir elke stelsel vir die periode 2002 - 2015.