Previous Page  36 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 36 / 116 Next Page
Page Background

van volgehoue boerderysukses

FOKUS

Saad

Spesiale

Produk-inligting

Maart 2018

34

P

annar se verhaal begin in 1958 in

Greytown in die KwaZulu-Natalse

Middelland. Die maatskappy het

as ‘n nederige saadmaatskappy

begin, met die aanvanklike doel om baster-

mieliesaad aan produsente in KwaZulu-

Natal te verskaf. Dit het ontwikkel tot ‘n

belangrike speler in die bastermieliemark in

Suid-Afrika.

Dié saadmaatskappy is gebou op gevestig-

de waardes van integriteit, harde werk, die

vind van oplossings en ‘n vasberadenheid

om produsente te ondersteun om te slaag.

Alhoewel heelwat sedertdien verander

het, bly een ding onveranderd, naamlik dat

Pannar produsente reeds vir 60 jaar eer-

ste plaas.

Ons besluite word geneem met die beste

belang van die produsente in gedagte

– naamlik deur tyd in produsente se lan-

derye deur te bring en te verseker dat

hulle die bes-presterende saadprodukte

en persoonlike diens ontvang. Pannar is

deeglik bewus daarvan dat sy sukses van

die produsent s’n afhanklik is.

As multigewasspesialiste bied ons kultivars

met uitstekende prestasie, aanpasbaarheid

en stabiliteit en ‘n gewaskultivarpakket vir

elke produsent se unieke behoefte.

Nuwe witbasters

Die maatskappy se witbasterpakket beskik

oor goeie prestasie, aanpasbaarheid en

stabiliteit vir goeie risikobestuur.

PAN 5R-791BR presteer uiters goed in die

LNR nasionale proewe vir die 2016/2017

westelike en oostelike produksiestreke.

PAN 4A-111 lewer topprestasie in die LNR-

proewe vir die oostelike produksiestreke.

Ultravinnige pakket

PAN 3A-173 (nuut)

Droëland: Plant in hoë-potensiaal oostelike

produksiegebiede (Mpumalanga, Oos-

Vrystaat en KwaZulu-Natal) aan teen 20%

hoër plantpopulasie as die tipiese me-

diumgroeiers.

Hoë-inset-besproeiing (hoë-opbrengsmik-

punt en watertoediening vereis hoë be-

stuursinset): Dit is ‘n besproeiingsbaster

wat goed kan inpas by ‘n dubbeloes-pro-

duksiestelsel. PAN 3A-173 word vir al die

produksiestreke onder besproeiing teen

hoë plantbevolkings van 80 000 plante en

meer per hektaar aanbeveel. Die baster

beskik oor die tipiese ultravinnige planttipe-

eienskappe en is enkelstammig. Die siek-

tetoleransie is oor die algemeen goed.

In gebiede waar noordelike blaarskroei

ondervind word, word die YieldBoost

®

-

swamdoderspuitprogram aanbeveel om die

siekte in toom te hou en die opbrengspo-

tensiaal te beskerm.

Vir meer inligting rakende die YieldBoost-

swamdoderspuitprogramme kontak jou

verteenwoordiger, kyk in die maatskappy se

produkkatalogus of besoek ons webtuiste.

Vinnige pakket

PAN 4A-159 (nuut)

Droëland: Presteer bogemiddeld in die

oostelike produksiegebiede, met ‘n stabiele

opbrengs. Plant teen 20% digter as die

tipiese mediumgroeiers. Die baster se

vinnige aard is ‘n moet in ‘n pakket om

risiko te versprei. Dit presteer selfs onder

stremmingstoestande. Die siektetoleransie

is oor die algemeen bevredigend en die

baster kan meerkoppig wees. In gebiede

waar noordelike blaarskroei ondervind

word, word die Yieldboost-swamdoder-

spuitprogram aanbeveel om die siekte in

toom te hou. Uiters goeie staanvermoë.

Medium-vinnige pakket

PAN 5B-485B en PAN 5R-785BR (nuut)

Die basters beskik oor die MON89034

stronkboorderweerstandsgene.

Droëland: Die basters word deur goeie

stabiliteit en meerkoppigheid gekenmerk.

Hulle word veral vir die westelike pro-

duksiestreke (Noordwes-Vrystaat, Noord-

wes Provinsie en ook Noordoos-Vrystaat)

as deel van die hoofaanplanting aanbeveel.

Die basters is ook bogemiddeld aangepas

vir die gematigde oostelike produksie-

streke. BG 5685R en PAN 5R-591R is geskik

as toevlugsoord vir PAN 5R-785BR.

Besproeiing: Die basters kan aangewend

word waar slegs ‘n enkele oes van mielies

onder besproeiing, asook aanvullende

besproeiing, verbou word.

Die basters beskik oor ‘n aantreklike plant-

tipe met bevredigende agronomiese balans

en toon uitstekende toleransie teen kop- en

pluimbrand en noordelike blaarskroei.

PAN 5A-291, PAN 5R-591R en

PAN 5R-791BR (nuut)

Droëland: Hierdie is bul-basters en kom

gewoonlik sterk op. Hulle is besonder

sterk meerkoppig en goed aangepas vir al

die produksiestreke. Hulle is uitstekende

aangepas vir al die westelike produksie-

streke (Noordwes-Vrystaat, Noordoos-

Vrystaat en Noordwes Provinsie) en word

as deel van die hoofaanplanting aanbeveel.

PAN 5R-791BR presteer uitstekend in die

LNR nasionale proewe vir die 2016/2017

westelike en oostelike produksiestreke.

Medium pakket

PAN 6R-779BR (nuut)

Droëland: Hierdie nuwe toevoeging is veral

geskik vir aanplantings in die westelike

produksiegebiede met toepassing op veral

die watertafelgronde van die Noordwes-

Vrystaat. Hierdie baster beskik oor uitste-

kende opbrengspotensiaal en presteer by

dié skaal. Laat plantdatums in die koeler

oostelike dele moet vermy word.

Besproeiing: Die baster kan aangeplant

word waar slegs ‘n enkele oes van mielies

onder besproeiing, asook aanvullende

besproeiing, teen ‘n plantestand van nie

meer as 55 000 plante per hektaar nie,

verbou word.

Vir meer inligting kontak gerus jou Pannar

verteenwoordiger.

PEET VAN DER WALT,

Pannar

1: PAN 5R-791BR is ‘n sterk meerkoppige baster

veral geskik as hoofaanplanting in die westelike

produksiestreke.

2: PAN 5R-785BR is ‘n uiters stabiele en meerkop-

pige baster, wat wyd aangepas is.

1

2