Previous Page  28 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 28 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

26

Produksiestelsels:

Die basis van graanverbouing

G

ewasproduksiestelsels het oor tyd dramatiese verande­

rings beleef, waarvan die grootste by bewerkingstelsels

te bespeur is. Aanvanklik is grond betreklik vlak bewerk,

maar oor tyd en met die koms van trekkers is die grond al

hoe meer en dieper bewerk.

Bewerking was oorspronklik daarop gemik om onkruide te beheer.

Die 2 m-rye wat geplant is met die oog daarop om onkruid meganies

in die rye te kon beheer, is vir baie mense in landbou nog vars in

die geheue.

Die bekendstelling van onkruiddoders soos parakwat en dik­

wat in die 1960’s het aanleiding gegee tot die begin van be­

waringsbewerkingstelsels – iets wat gewasverbouingstelsels vir

ewig verander het. Vandag is die holistiese benadering, wat alles

omsluit en insluit, verseker die rigting om te volg.

Gewasverbouingstelsels

Gewasverbouingstelsels word nog hoofsaaklik volgens grond­

bewerkingstelsels geklassifiseer en gevorm. Dít is waar die grootste

veranderinge oor tyd voorgekom het. Dink maar aan die rip-op-

die-ry-, spoorverkeer- of geenbewerkingstelsel – om ‘n paar te noem.

Vir ‘n gewasverbouingstelsel om te slaag, moet die stelsel die

natuurlike hulpbronne in ag neem en moet in harmonie met die

natuurlike hulpbronne geproduseer word.

As die natuurlike hulpbronne, wat reën, grondtipe en die gronddiep­

te insluit, die potensiaal van 4 ton besit, moet daarvolgens be­

stuur word. Die gewasverbouingstelsel moet ook die bestuur van

risiko’s insluit en aanspreek. Diversifikasie is ‘n gepaste manier om

risiko te verskans – wisselbou het boonop ‘n positiewe effek op die

stelsel. Ongelukkig vereis diversifikasie ‘n heelwat hoër mate van

bestuursvaardigheid en kapitaal.

Wins per eenheid sal altyd belangrik bly. Die gewasverbouingstelsel

moet ook die hoogste langtermynwins vir die produsent verseker.

Dit beteken dat die rendement verkry, op elke inset bereken moet

word en dat produsente pryse en hoeveelhede van insette moet

kan bepaal en kan beplan.

Om nie oor tyd aan te pas en te verander nie, is die begin van die

einde. Produsente moet aanpasbaar wees ten einde nuwe tegnolo-

gie in te span en te verander soos wat die vraag na produkte

verander.

Bewerkingstelsels

Intensiewe grondbewerkingsaksies gee aanleiding tot die degra­

dering van grond as hulpbron – en gevolglik ook die potensiaal

van die grond. Produsente moet daarom besef dat grondbewer-

king ‘n sensitiewe aksie is wat met groot omsigtigheid benader

moet word.

Die primêre doel van grondbewerking is:

Om groeitoestande te bevorder;

onkruid te beheer;

kompaksie op te hef;

vermenging van kunsmis en kalk met die grond te bewerkstellig;

en

waterbestuur.

Fokus

Werktuie & toerusting

Pietman Botha,

SA Graan/Grain

redaksiespan

AKSIE

BRANDSTOF (L/HA)

GEENBEWERKING

VERMINDERDE

BEWERKING MET

BEITELPLOEË

VERMINDERDE

BEWERKING MET

TWEE KEER SE

DISBEWERKING

KONVENSIONELE

BEWERKING­

STELSEL MET ‘N

PLOEGAKSIE

Beitel/sny

23,93

0

1

1

0

Beitel

12,77

0

1

0

0

Dis

17,50

0

0

1

2

Ploeg

20,50

0

0

0

1

Plant-spuit

13,25

1 (25,15)

1

1

1

Topbemes

7,30

1

1

1

1

Onkruidbeheer

4,98

1

0

0

0

Siektebeheer

4,98

1

1

1

1

Totale dieselgebruik

R13/liter vir

berekening

42,41

62,23

66,96

81,03

Gemiddelde

opbrengs

R2 200/ton vir

berekening

6,74

6,75

6,73

6,63

Marge bo dieselkoste

14 267,87

14 036,61

13 926,72

13 534,81

Hierdie inligting is verkry uit die

Mielie-Inligtingsgids

van 2010, gepubliseer deur die LNR en aangepas na huidige waardes

Tabel 1: Brandstofgebruik en gemiddelde opbrengste van verskillende bewerkingstelsels.