103
August 2018
eienskappe en spesifieke oplossings moet ontwikkel word om
vroue op groter skaal te bemagtig en te betrek. “Partykeer moet jy
maar ‘n traan stort; dit is nie altyd nét sleg nie.”
Beide McPherson en Swart het in ‘n pleidooi gevra dat passie
en empatie weer in landbou teruggeploeg moet word. Die paneel
lede was dit ook eens dat die regte mense vir ontwikkelingshulp
gekies moet word – en dat ‘n vrou versigtig selfondersoek moet
doen voor sy besluit om by landbou betrokke te raak.
“Ek het geen agtergrond van boerdery gehad nie,” het Swart
gesê. “Jy moet ‘n passie daarvoor hê en eers selfondersoek
doen voor jy betrokke raak. As jy besluit om te boer, moet jy by
jou naaste Departement van Landbou vir hulp gaan aanklop. Raak
by georganiseerde landbou ook betrokke, dan gaan deure vir jou
oop. Kyk byvoorbeeld na Graan SA se landbou-ontwikkelingspro
gram. Daarvandaan volg die ander goed vanself – mits jy passievol
daaroor is.”
Een struikelblok is, volgens Swart, dat die regering geneig is om
‘n boer tot op ‘n sekere vlak te neem, maar dan sy hand los. “Hulle
gaan nooit terug na waar hul hom gelos het nie. Te veel mense,
wat nie self wil boer nie, kry boonop ondersteuning. Hulle moenie
net die koerante wil haal nie.”
Daarom moet vroueboere wat self vooruit wil gaan, “nie vergeet
van dié wat agter hul is nie. Help die vyf ander agter jou ook”.
McPherson beaam: “As ek ‘n ou met skerppuntskoene wat hulp
soek hier sien instap, dan weet ek sommer hy wil nie noodwendig
self boer nie.”
Me Rita Andreas, navorser in landelike ontwikkeling by die Dra
kenstein-munisipaliteit in die Paarl, meen die regering se betrok
kenheid by die opheffing van boere is van kardinale belang. “Die
regering sal móét inkoop. Hulle kan nie eenkant staan nie. Jy kan
nie vir iemand ‘n plaas gee en sê gaan boer daar nie. Hulle moet
betrokke bly.”
Sy meen een “gereedskapstuk” wat gebruik kan word om druk op
die regering te plaas en beleidsverandering te bewerkstellig, is om
die talle suksesse van kommersiële vroueboere wyer te verkondig.
Só kan veranderinge en transformasie in landbou vinniger be
werkstellig word.
Volgens McPherson bly dit steeds ‘n groot uitdaging om aan klein
boere toegang tot moderne tegnologie te gee. Hierby het heel
wat boere toegang tot grond, maar hulle kan nie plant nie omdat
hulle nie grond besit nie. “Om net vir hulle geld te gee, lewer geen
bydrae nie.”
Nogtans moet Suid-Afrikaanse vroue in landbou nie aanhou dink
dat dit nie gedoen kan word nie. “Kom ons werk uit hoe ons dit
kán doen,” sê sy. Uiteindelik moet bekwame vroue nie huiwerig
wees om op hul regmatige plek in die landbou aan te dring nie. “Ek
glo nie enigeen gaan in jou pad staan en jou nie daar wil hê net
omdat jy ‘n vrou is nie. Die meeste van ons hier weet nie wat dit
is om snags jou kinders in die bed te moet sit sonder dat daar kos
in die huis was nie. ‘n Vrou kan hiermee empatie hê.
“Ons is nie almal dieselfde nie, maar ons hoef nie en ons wil ook nie
dieselfde wees nie. Ons behaal groot suksesse met vennootskappe
tussen kleinboere en groot kommersiële maatskappye, soos met die
verskaffing van insette. Kom ons begin deur armoede te verlig en
hongersnood uit te wis,” het McPherson gesê.