Klimaatslim-landbou
is sleutel tot voedselsekerheid
A
lles moet in die stryd gewerp
word om voedselsekerheid in
Suid-Afrika deur klimaatslim-land-
bou te promoveer en só ekono
miese groei te bevorder, aldus dr Brylyne
Chitsunge, die Pan-Afrika Parlement se
ambassadeur vir voedselsekerheid.
Die kollig het tydens die Nasionale Voed
selsekerheidsrondetafel, wat op 23 Maart
vanjaar deur die Pan-Afrika Parlement in
Midrand gehou is, skerp op die bevorde-
ring van voedselsekerheid geval.
Dr Chitsunge het die Nasionale Voedsel
sekerheidsinisiatief, in vennootskap met die
Suid-Afrikaanse Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye (DAFF), gefasiliteer.
Die hoofdoel van dié inisiatief is om ‘n wye
reeks aandeelhouers in die landbousektor
bymekaar te bring om strategieë te be
spreek wat op voedselsekerheid in Suid-
Afrika kan fokus. Mnr Senzeni Zokwana,
Minister van Landbou, Bosbou en Visserye,
sê dit is uiters toepaslik om in die jaar
van wyle oudpresident Nelson Mandela
se 100ste verjaardag op dié merkwaardige
seun van die grond se nalatenskap te fokus.
“Mnr Mandela het in sy eerste Staatsrede
in 1994 die regering verbind tot ‘n same
lewing van vryheid, wat almal saam
bind in die stryd teen gierigheid, honger,
ontneming, onkunde, onderdrukking en
vrees. Die regering is steeds volkome ver
bind tot dié belofte en die nastrewe van
voedselsekerheid,” sê hy.
Die Afrika-unie het ‘n visie vir die kontinent
aangeneem wat bekend staan as Agenda
2063, wat gefokus is op die tema “Die Afrika
wat ons wil sien”.
Zokwana sê landbou-ontwikkeling is die
sleutel daartoe om mense uit armoede te
verlos en nasionale ekonomiese groei aan
te moedig. “Sowat 40% van Suid-Afrika
se minderbevoorregtes woon in landelike
gebiede en is vir hul oorlewing van die
grond afhanklik. ‘n Gebrek aan voedsel
sekerheid is egter nie tot landelike ge-
meenskappe beperk nie; dit het inteendeel
skerp in stedelike gebiede toegeneem van
weë die hoë vlakke van migrasie van mense
na stede, wat op soek is na werk en ‘n
beter lewe.
“Een van die grootste redes waarom die
meeste huishoudings in Suid-Afrika nie
voedselsekerheid geniet nie, is omdat
mense netto verbruikers van gekoopte
voedsel is in plaas daarvan dat hul produ
seerders daarvan is. Dit bring mee dat
huishoudings met ‘n tekort aan kontantvloei
onvoldoende toegang tot voedsel het.
“Die regering wil dié tendens omswaai
met behulp van die Fetsa Tlala Inisiatief en
arm mense se menswaardigheid herstel
deur middel van ondersteuning aan klein
boere ten einde voldoende voedsel te
produseer om aan die basiese voedingsbe-
hoeftes van arm mense te voldoen,” ver
duidelik hy.
Zokwana beklemtoon dat groter same
werking en vennootskappe tussen alle
rolspelers in die landboubedryf nodig is
om ‘n nalatenskap van voorspoed en voed
selsekerheid in Suid-Afrika te skep.
Statistieke Suid-Afrika het onlangs aan
gekondig dat die ekonomie, na twee ag
tereenvolgende kwartale waarin ‘n afname
beleef is, in die tweede kwartaal van 2017
‘n hupstoot gekry het vanweë 33,6% groei
in die landbousektor, wat 0,7% tot die
bruto binnelandse produk bygedra het.
Zokwana meen dié syfer kan egter nog
hoër wees en dat die landbousektor ‘n be
tekenisvolle bydrae tot ekonomiese groei
en verhoogde werkskepping kan lewer.
“Die landbousektor het die meeste poten
siaal om ekonomiese groei, werkskepping,
die uitwissing van armoede en die ver
mindering van inkomste-ongelykheid te
dryf. Ons moet daarom almal saamwerk
om ‘n verenigde en getransformeerde land
bousektor te skep wat voedselsekerheid
en ekonomiese voorspoed verseker,” sê
hy. Mnr Mooketsa Ramasodi, toe waarne
mende direkteur-generaal van DAFF, meen
klimaatslim-landbou is die sleutel tot
die bevordering van voedselsekerheid in
Suid-Afrika.
Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO)
van die Verenigde Nasies het klimaatslim-
landbou gedefinieer as produksiestelsels
wat produktiwiteit en veerkragtigheid
(aanpassing) volhoubaar verbeter, kweek
huisgasse verminder en nasionale voedsel
sekerheid vooruitneem.
Ramasodi sê klimaatslim-landbou is deel
van die Suid-Afrikaanse nasionale vlag
skipprogram wat deur bewese praktiese
tegnieke geïmplementeer word en toe
gepas word deur middel van programme
wat volhoubare landbou bevorder, soos
waterbewaringstegnologie wat die bio
diversiteit van grond, water en voeding
stowwe in ag neem.
Dit sluit bewaringslandbou in, wat geba
seer is op die beginsels van minimum- of
geenbewerking, die bedekking van grond
deur ‘n deklaag, ‘n tussenverbouings
program en die rotasie van gewasse;
geïntegreerde grondvrugbaarheid, on
kruid-, pes- en siektebestuur en die opvang
van reënwater; geïntegreerde gewas- en
lewendehawebestuur, agrobosbou, agro-
ekologie, verbeterde weiding en beter wa
terbestuur.
DAFF het die Nasionale Klimaatslim-land
bou Strategiese Raamwerk ontwikkel om
leiding te gee met die implementering van
klimaatslim-landbou. Verskeie gesamentlike
navorsings- en ander projekte is ook deur
DAFF, die Landbounavorsingsraad (LNR),
die georganiseerde landbou, produsente-
organisasies, navorsings- en akademiese
instellings, nie-regeringsorganisasies en
ander tersaaklike rolspelers aangepak.
Ramasodi noem dat klimaatslim-landbou
noodsaaklik is omdat natuurrampe soos
droogtes en vloede in Suid-Afrika en wê
reldwyd toeneem. “Dié rampe en uiterste
weerstoestande bedreig die produktiwiteit
van landbou, wat tot meer armoede en
ondervoeding lei.
“Wetenskaplike navorsing dui daarop dat
die Suid-Afrikaanse landbousektor ‘n reu
se-impak met betrekking tot klimaatsver
andering in vooruitsig het. Dié situasie het
verreikende gevolge vir samelewings, han
del, werkskepping en voedselsekerheid.”
Hy beklemtoon dat boerderygemeen-
skappe – veral in landelike gebiede en
kleinboere – uiters weerloos is teen die
impak van klimaatsverandering. “Klimaat
slim-landboupraktyke kan die risiko’s wat
kleinboere bedreig verminder en verligting
bring vir die uitwerking van uiterste
weerstoestande.
“Hoewel veerkragtigheid uiters belangrik
is, is klimaatslim-landbou meer omvattend.
Dit vereis groter innovasie en pro-aktiewe
optrede om die manier waarop geboer
word te verander en só aan te pas dat
dit produktiwiteit en voedselsekerheid
volhoubaar sal verbeter,” het hy gesê.
101
August 2018
Aktueel
Elizabeth Botha,
SA Graan/Grain
medewerker