2
Product information
17
April 2018
Aanpassing van strukture
Graan SA was die afgelope aantal jare nóú betrokke binne Agri SA
om die strukture te verander om sy lede beter te kan diens. “Ons
weet ons is almal deel van ‘n groter landbougemeenskap en
Graan SA is maar net een aspek daarvan. Die algemene sake
wat deur Agri SA hanteer word, vorm ‘n groot deel daarvan,” het
De Villiers vertel.
“Graan SA moes self ook herstruktureer wat betref die verkryging
van finansieringsbronne en maniere oorweeg om ons lede nader
aan ons te trek. Ons oorweeg ook aanpassings in die verskillende
graanforums en die ander industriestrukture om te bepaal wat die
beste is om ons in hierdie nuwe bedeling in te neem.”
In die aanpassing by finansiële verandering is goeie finansiële
bestuur krities – veral in ekonomies-uitdagende tye soos hierdie.
“Ons het die jaar ook met ‘n negatiewe begroting afgeskop en het
ons personeel daarom aangemoedig om te bepaal waar ons kan
spaar en waar ons inkomste kan genereer om gelyk te breek. Die
uitstekende NAMPO Oesdag met sy rekordbywoning en -inkomste
het hierdie doelwit vir ons haalbaar gemaak.”
Landbou-ontwikkeling
Graan SA se landbou-ontwikkelingsprogram het lankal reeds vir
hom ‘n naam in die bedryf gevestig. De Villiers het verder hieroor
uitgebrei: “Ons het ‘n groot aantal vennote vanuit die privaat sektor
getrek en ons sien ook meer regeringsfondse wat die program
binnevloei as gevolg van die betroubaarheid daarvan en ook die
kapasiteit wat ons oor die afgelope ongeveer tien jaar opgebou het.
Die program fokus op volhoubare boerderypraktyke op verskeie
vlakke en het gegroei tot ‘n punt waar ons nalatenskappe sien
ontvou soos kinders nou in hul ouers se voetspore begin volg.
“Tog word die boere wat deur die program na vore kom, gekonfron-
teer met uitdagings wat nie met boerderyvaardighede aangedurf
kan word nie. Die grootste uitdaging is die toegang tot finansiering
om insette benodig om gewasse te produseer, aan te koop, asook
die titelaktes van hul plase om hulle in staat stel om toegang tot
finansiering te bekom. Die derde uitdaging is winsgewendheid, wat
nie net ‘n landbou-ontwikkelingskwessie is nie, maar ‘n algemene
uitdaging vir landbou.”
Skakeling met die regering
“Ons weet dat dít wat in landbou gebeur nie noodwendig gebeur
as gevolg van besluite van rolspelers nie, maar as gevolg van
besluite wat deur die regering geneem is. Daarom het ons ook naby
aan die staatsdepartemente en die besluitnemers beweeg om hulle
te probeer beïnvloed om die regte besluite vir produsente te neem.
“Die feit dat Graan SA goed bestuur word en ‘n sterk handelmerk
het, wat betrokke is by transformasie en ‘n bydrae lewer om
voedselsekerheid te bevorder, moedig die regering aan om met ons
in gesprek te tree as daar groot uitdagings is wat aangespreek moet
word. Wat grondhervorming betref, het ons saamgewerk om die
lang-uitstaande grondoudit te doen. Nou weet ons ten minste waar
ons staan.
“Aan die een kant kan ons sê produsente is veilig solank die
Grondwet in plek is en dat ons dit sal beskerm, maar aan die ander
kant moet ons na vore kom met nuwe en beter oplossings om die
proses te versnel sodat die ongewilde weg van grondonteiening
sonder vergoeding nie ‘n realiteit word nie,” aldus De Villiers.
Vind optimale balans
Desnieteenstaande is daar meer dringende realiteite, soos die
produksie van voedsel in ‘n uiters wisselende klimaat en markte
– en om te poog om die optimale balans te vind tussen insette en
inkomste. “Vir boublokke tot winsgewendheid moet elke produsent
sy eie boerdery ontleed om te bepaal watter insette hy kan aanwend
om optimale produksie te realiseer. Ons doelwit is nie meer
maksimum inset vir maksimum uitset nie, maar optimale inset vir
optimale uitset,” het Minnaar verduidelik.
“Daarvoor benodig ons die ondersteuning van verskeie vennote
– insetverskaffers om ons te ondersteun om die optimale insette
te bekom, maar ook afnemers juis om ons behulpsaam te wees om
die kortste roete na die mark te bepaal, asook om basispremies
en allerhande faktore wat die winsgewendheid op plaasvlak
beïnvloed, te bestuur. Ons benodig eintlik die hele waardeketting
as ‘n bousteen in ons eie boerderye ten einde ons eie boerderye
meer volhoubaar te maak.”
3
4
1 tot 4: Die voorsittersverslag is oudiovisueel aan kongresgangers vertoon.
1