Previous Page  18 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 18 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

April 2018

16

Vind optimale balans tussen

insette en inkomste

I

n ‘n vryemark is winsgewendheid gelyk aan volhoubaarheid.

In voedselproduksie word winsgewendheid deur fisiese kli-

maat en markklimaat beïnvloed. Graan SA se voorsitter,

mnr Jaco Minnaar en Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder,

mnr Jannie de Villiers, het in hul oudiovisuele verslag aan Kongres

gefokus op die boublokke na winsgewendheid vir Graan SA se lede

ten einde voedselsekerheid vir Suid-Afrika te verseker.

“Die rekordoeste wat ons in die noorde gehad het, was uitstekend

vir ons produsente se moraal, maar die lae graanpryse het dit

gedemp. In die suide het die droogte ‘n vernietigende uitwer-

king gehad en opbrengste het aansienlik gekrimp teen die lang-

termyngemiddeld. Winsgewendheid was daarom oral onder druk.”

Só het Minnaar die afgelope jaar beskryf.

Volgens De Villiers het Graan SA op die volhoubaarheid van graan-

boerdery in Suid-Afrika gekonsentreer. “Ons poog om ‘n bydrae te

lewer wat inligting betref. Verblydend is dat ons vennote toegetree

het en ons ondersteun het om die volhoubaarheid van graanpro-

duksie te bevorder.”

Daar is veral heelwat aandag daaraan geskenk om te bepaal wat

gedoen kan word om die omstandighede van produsente te bevorder

en sodoende ‘n bydrae te lewer om hulle oor vyf na tien jaar steeds

op hul plase te hou.

Markinligting

Omdat markbewegings ‘n rol in volhoubare produksie speel, word

besondere pogings aangewend om markinligting vir produsente

beskikbaar te stel. “Ons het die Mededingingskommissie genader

om toegang tot die inligting by SAGIS te verkry in terme van wat

waar geproduseer word. Dit sal ons in staat stel om te herevalueer of

ons die liggingsdifferensiaal nog benodig.”

Graan SA se inligtingwerksessies en die nuwe toep (

App

), wat

produsente in staat stel om pryse per streek te vergelyk, vorm deel

van die pogings om lede te ondersteun in die neem van besluite.

“Ons het ook ‘n ooreenkoms met die Buro vir Voedsel- en

Landboubeleid (BFAP) aangegaan om vir ons scenario’s uit te werk

om produsente te ondersteun in hul besluite oor wat om te produseer

en wanneer om hul produkte te bemark.

“Insette beslaan ‘n groot deel van ‘n produsent se uitgawes en

daarom moet ons seker maak dat produsente al die inligting tot hul

beskikking het. Ons monitor daarom die kwaliteit van die insette

en publiseer die pryse, maar ons voer ook voortdurend gesprekke

met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oor die dieselrabat.

Dit is steeds ‘n groot kopseer vir produsente, so ons wil seker maak

dat daar enersyds geen hindernisse is wat die eise betref, maar

andersyds ook geen vertragings by die uitbetalings deur SAID is

nie,” aldus De Villiers.

Navorsing

Aan die navorsingskant het Graan SA groot vordering gemaak. Kon-

sortiums is vir klimaat, koring en grondgedraagde siektes gestig.

“Ons bring al die beste navorsers in elke dissipline bymekaar

ten einde die beste raad vir produsente te kan gee sodat hulle

beter besluite kan neem. Hierin moet ek melding maak van die

Departement van Wetenskap en Tegnologie wat bereid is om hierdie

navorsingsprojekte deur middel van langtermynbefondsing te

ondersteun. Hulle het die vertroue in ons as ‘n vennoot en is bereid

om met ons hande te vat om hierdie saak te dryf.”

In 2017 het Graan SA internasionale kenners betrek om die

voortslepende Sclerotinia-uitdaging aan te spreek. Beheermaat-

reëls om rooibekkweleas te beheer en die stryd teen die herfs-

kommandowurm is saam met die Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye aangepak. “Daar was goeie samewerking van

die departement se kant af om te bepaal waar daar probleme is en

waar die departement ons werklik goed ondersteun het, is in die

registrasie van nuwe chemikalieë om ons in staat te stel om die

herfskommandowurm te beveg.”

Met klimaatsverandering en die feit dat grond- en waterbewa-

ring so ‘n belangrike aangeleentheid is, kombineer die bewa-

ringslandbouprogram, wat deur die Mielietrust befonds word,

wetenskaplike navorsing en werklike op-die-plaasproduksie-

navorsing. Die program het groot momentum onder produsente

wat op verskillende skale boer, gekry en nuwe inligting word

deurlopend gedeel tot almal se voordeel.

Volgens Minnaar is die tempo waarteen koringproduksie in Suid-

Afrika krimp bekommerenswaardig. “Juis daarom voel ons dat dit

op ‘n vlak moet wees wat volhoubaar vir die toekoms is. Daar is

sekere gebiede waar koring die enigste alternatief vir produsente

is en daarom moet ons dit volhoubaar hou om hierdie plattelandse

gemeenskappe te ondersteun.

“Een van die belangrikste mylpale in ons omdraaistrategie was

die verslapping van die vrystellingskriteria vir nuwe variëteite wat

beskikbaar raak. Belangrik was vir ons in hierdie geval nie om die

kwaliteit nie, maar die opbrengspotensiaal van die kultivars te

verbeter. Dit is bewerkstellig deur die koringvrystellingskriteria en

-kultivarlys met die hulp van die Departement van Landbou, Bos-

bou en Visserye uit die Produkstandaardewet te verwyder. Ons

het nou ‘n selfregulerende beheerstelsel tussen die rolspelers en

die industrie in plek gestel en dit gaan produsente definitief on-

dersteun om hoër opbrengste te realiseer.”

Die sojaboonindustrie is wêreldwyd besig om te groei en met

verhoogde olieperskapasiteit is daar druk op Suid-Afrikaanse

produsente om in die vraag te voorsien. De Villiers sê dat ons

tegnologie gebrekkig is en dat saadmaatskappye nie die nuwe

tegnologie wil inbring nie – tensy hulle seker is dat hul hul belegging

in die tegnologie kan verhaal.

“Die industrie het daarom ooreengekom om aansoek te doen vir

eindpunttantieme. Dit is op hierdie stadium by die Departement

van Landbou, Bosbou en Visserye en die Minister van Landbou vir

finale goedkeuring. Die tegnologie het die potensiaal om ‘n

10%-verhoging in opbrengs te bewerkstellig – iets waarna pro-

dusente uitsien.”

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

ADRI THERON,

SA Graan/Grain

redaksiespan