Previous Page  20 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 20 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

April 2018

18

Spogresultaat dui op positiwiteit

G

raan SA het tydens die afgelope Kongres terugvoer aan

lede oor die resultaat van die heffingsinkomste vir die

2017/2018-seisoen verskaf.

Mnr Anton Botha (nuutverkose voorsitter van die Bemarkings-

werksgroep) het gesê dat alhoewel die pryse van die kommoditeite

onder druk was, die lede hul bydraes met ‘n positiewe gesindheid

gelewer het. Die uitsonderlike groot heffingsbedrag wat ontvang is,

dui op die positiwiteit van ons produsente teenoor Graan SA.

Die 2017/2017-oes het ‘n bo-normale oes in die binneland opgele-

wer, met ongelukkig ‘n baie kleiner oes in die Wes- en Suid-Kaap

(40% daling in wintergraanproduksie). Die ongekende droogte en

hittetoestande wat dele van ons produksiegebiede beleef het, het

beslis ‘n groot aantal produsente se oesgrootte beïnvloed.

Inkomste

Graan SA het ‘n heffingsinkomste van R21,1 miljoen gerapporteer,

wat skitterend is gemeet teen die begrote syfer van R14,8 miljoen.

Hierdie inkomste bo begroting kan toegeskryf word aan harde werk

deur die Hoofbestuurslede en die bemarkingspan.

Die skitterende inkomste het daarom verseker dat daar met ‘n wins

van R6,3 miljoen afgesluit kon word, teenoor die begrote verlies

van R1,4 miljoen. Botha het almal betrokke bedank vir hul aandeel

in hierdie uiters positiewe resultaat.

Agente

Die steeds groeiende mark met meer kopers, bly beslis ‘n uitdaging

vir die bemarkingspan. Die vestiging van vennootskappe met al

die kopers en handelaars van graan bly ‘n volgehoue projek.

Die getal agente wat Graan SA met die invordering van die

heffingsgelde bystaan, het die afgelope jaar met drie toegeneem.

Botha het ‘n woord van dank aan agente wat die invordering van die

heffing deur hul kanale bewerkstellig het, uitgespreek.

Ledetal

Graan SA se fokus bly daarop om ons lede van diens te wees. Dit

is verblydend om te kan rapporteer dat die opbetaalde lede met

17,5 % tot 2 971 lede gestyg het. Die 40%-toename van nuwe era-

boere (uitgesluit studiegroepgelde) is vir Graan SA uiters positief.

Heffings

Graan SA Kongres het besluit om by die gedifferensieerde heffings

op verskillende gewasse te bly. Die heffings is steeds in lyn met die

gemiddelde prys van kommoditeite en werk uit op ongeveer 0,1%

van die waarde per ton.

Tabel 1

toon die nuwe heffingsbedrag per kommoditeit soos vanaf

1 Maart 2018. Die 2017-voorstel om die studiegroepledegelde in

2018 na R50 per lid te verhoog, is weer bekragtig.

Dankie

Graan SA is en bly ‘n produsente-organisasie en die heffingsinkomste

is die hartklop van die instansie. Dit verseker dat Graan SA sy

werksaamhede kan voorsit.

Die voorsitter van die Bemarkingswerkgroep het weer eens sy

dank teenoor lede uitgespreek vir hul getroue bydrae tot die

organisasie en hul gerus gestel dat die fokus steeds is om

graanprodusente in Suid-Afrika van diens te wees.

Die voorstel om R4 miljoen van die wins te oormerk vir Regs-

hulpfondse (R3 miljoen vir Agri SA en R1 miljoen vir Graan SA) is

deur Botha voorgehou en so aanvaar.

Hy het afgesluit deur te noem dat die insette, betrokkenheid en

deelname van Graan SA se personeel op grondvlak – hetsy by

boeredae/boereverenigings of Graan SA-inligtingsdae – definitief

‘n rol gespeel het in die insameling

van die genoemde bedrag. Hy het

voorts gesê dat dit nie ongesiens

verby gegaan het nie en dat hy

hul daarvoor wil bedank.

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

TOIT WESSELS,

assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA

GEWAS

NUWE HEFFING

Mielies

R2,85

Sojabone

R5,70

Sonneblom

R5,70

Sorghum

R2,85

Grondbone

R11,00

Koring

R3,35

Kanola

R4,50

Gars

R3,35

Alle ander graan

R3,35

Alle bedrae sluit BTW uit

TABEL 1: HEFFING OP GEWASSE.

Anton Botha het beaam dat Graan SA ‘n produsente-organisasie is

waarvan die heffingsinkomste die hartklop is en dat dit verseker dat

Graan SA sy werksaamhede kan voorsit.