7
WAARHEID
Om die
te sê...
KANTLYN
Op die
Die Stille Oseaan seetemperatuur-indeks as barometer vir ‘n El Niño- of La Niña-weerverskynsel toon tans ‘n groter as
90% kans vir ten minste ‘n matige tot sterk El Niño-episode in die komende seisoen. Soos wat die geval is met individue,
lyk nie twee El Niño- (of La Niña) jare eenders nie én selfs nat El Niño-jare het al oor die afgelope 100 jaar gerealiseer.
The Pacific Ocean sea temperature index as a barometer for an El Niño or La Niña weather phenomenon shows a higher
than 90% chance of at least a moderate to strong El Niño episode in the coming season. As is the case with individuals,
no two El Niño (or La Niña) years are alike – and even wet El Niño years have materialised over the past 100 years.
Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:
estiedv@mweb.co.za083 490 9449
Bemarkingsjaar vir mielies aangepas
Graan SA se bemarkingsjaar vir mielies in hul Vraag- en Aanbodskat-
tings is aangepas. Na ‘n besluit van die organisasie se Hoofbestuur
keer Graan SA terug na die vorige bemarkingsjaar (Mei tot einde April)
aangesien rolspelers nie oortuig kon word om die bemarkingsjaar na
Maart tot einde Februarie te verander nie.
– Graan SA Nuusflits op 14 Augustus 2015
40%
Stroperverkope van twaalf eenhede in Julie vanjaar is aansienlik
laer as die 20 eenhede wat in Julie verlede jaar verkoop is. Vir
die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 40% laer as vir
dieselfde tydperk verlede jaar.
– Persverklaring van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie
op 12 Augustus 2015
Estie, dankie vir jou lekker storietjie oor
“ouma se koolstoof” in die Julie-uitgawe.
Ek het die ander dag in ‘n antieke winkel
op Kroonstad ‘n ou Agastofie gesien. Ek is
nou nog meer oorreed om hom maar aan te
skaf – al is dit net vir “hitte maak” of ‘n koffietjie brou.
Groete
Christa de Wet van Kroonstad
September 2015
The International Labour Organisation in July 2015
released a report on the living and working conditions of
farm workers in South Africa. The purpose of this research
is to make available an up to date status of the working
and living conditions of farm workers and to suggest areas
and ways and means of managing the future landscape of
agriculture in South Africa.
–
Agbiz eNewsletter
on 30 July 2015
Omkring op jou kalender
Agri Megaweek: 16 tot 19 September 2015
op Bredasdorp
Scan for more
information.