4
e
k het die ander dag lank en aandagtig aan Dawie Roodt
se artikel gesit en lees waarin hy vertel van sy belewenis
van die tragedie van ‘n gewapende roof in sy huis.
Die detail van die proses van die mense wat sy privaat-
heid onwettig betree het en dan met ‘n vuurwapen die
mag het om jou in jou eie huis vas te bind en doodluiters deur al
jou kaste en laaie te werk en onseremonieel jou goedjies evalueer
en besluit wat hulle gaan vat en wat hulle gaan los. Hulle soek nie
kos nie. Daar word met groot modderspore deur jou emosies
gestap oor sentimentele of geërfde goed en dan boonop nog jou
geliefdes se fisiese welstand teen jou gebruik om verder bloed uit
‘n klip te tap.
Die littekens op ‘n produsent se voorarms wat ‘n plaasaanval oor-
leef het, wat ek eendag by die rugby ontmoet het, het deur my kop
geflits. Die magtelose emosie wat oor my gekom het toe ek daar-
deur gelees het, het skielik vir my bekend begin voel en ek het
gewonder waarom.
Die ses keer wat my besittings gesteel is, was ek genadiglik nie
by nie, maar toe tref dit my: Dit is die gevoel wat ek kry as ons in
die grondonderhandelingsvergaderings sit!
Ons sit daar en verteenwoordig diegene wat
grond/plase besit. Dan is daar diegene wat
dié met die meerderheidstem in die land
verteenwoordig wat onseremonieel ons sen-
timentele en privaat eiendom neem en uit-
deel asof alles aan hulle behoort, terwyl ons
magteloos toekyk.
Erfgrond, geboortegrond, swaarverdiende
grond. Daar is nie ruimte vir debat nie. Die
een met die hef in die hand, doen al die praat-
werk en neem al die besluite oor wat bly en
wat ry. Het die meerderheidstem in die land
dan nou ‘n geweer in die hand geword in
plaas van ‘n voorreg om te dien soos in ander
demokrasieë in die wêreld? Het ons land in
‘n gewapende rooftoneel verander? Is dit dan
al wat vir ons oorgebly het om bloot net as
toeskouers te sit en kyk hoe onsself as slag-
offers in die toneel voor ons beroof word?
Was dit hoe baie swart mense gevoel het wat verbied was om
grond te besit en dit onseremonieel van hulle weggeneem is – ook
hulle erfgrond en geboorteplase?
Daar moet tog meer in die lewe wees as net hierdie roofsiklusse
– afhangende van wie die “wapen” in die hand het, wat bepaal
wie wat in die land gaan besit! Dit skreeu in my – dit kan tog nie so
wees nie! Ek slaap sleg deesdae.
Dan flits die prentjie deur my kop van die produsente wat langs
die N1 gaan bid het en God vasgryp en pleit dat Hy hierdie siklus
van roof en verniel sal breek. Die vorige bedeling het bykans on-
herstelbare skade aan ons land aangerig. Gaan ons leiers dit nou
wrintiewaar oop oë herhaal?
Dit gaan buitengewone leierskap en bonatuurlike genade kos om ons
land deur hierdie proses te stuur. Dawie sluit af deur Suid-Afrikaners
aan te moedig om op te staan, nie met geweld te veg nie, maar op
te staan vir wat reg is en nie weg te hardloop Australië toe nie. Kom
ons hou aan om die regte dinge reg te doen vir al die regte redes.
Ek kyk op na die berge rondom my, waar gaan my hulp vandaan
kom? My hulp kom van die Here!
Het ons land in ‘n gewapende
rooftoneel verander?
JANNIE DE VILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
“
Het die meerderheidstem in
die land dan nou ‘n geweer in
die hand geword in plaas van ‘n
voorreg om te dien soos in ander
demokrasieë in die wêreld?
“
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
September 2015