DIS ‘N LEWENSLANGE
VERBINTENIS...
en ons is hier vir jou deur dik en dun.
www.eiegroup.co.zaOns wêreld bekende handelsmerke - Same
& Deutz Fahr, is die perfekte mengsel van
tegnologie, funksionaliteit en gemak. Lae
Verbruik. Lae Emissies. Hoë Werkverrigting.
As jy het wat dit neem om die wêreld bekende
handelsmerke te voorsien aan die boere in jou area, kontak
Yolandy vir meer inligting oor ons AGENTSKAP-geleenthede.
Tel +27 (0) 11 552 8760 of
yolandyc@eiegroup.co.zaOns brei ons netwerk uit!
3: Spilpunte by kommersiële mielies bly konstant en op droëlande word gewissel tussen sonneblom en mielies of sonneblom en
millet
. Ysterpampoene
word onder besproeiing geplant op sirkels waar daar die vorige jaar mielies geplant was.
4: Wisselbou word toegepas na gelang van die grondvogstatus en terwyl die turfgronde wissel tussen sonneblom en
millet
, wissel die rooilande tussen
sonneblom en mielies. Grondontledings word elke tweede jaar gedoen en bemesting sowel as regstellings word daarvolgens gemaak met kalk soos
benodig. Geenbewerking word ten volle op droë turflande toegepas en Henk beaam die besparing van bewaringslandboupraktyke op toerusting, trek-
kers en implemente se lewensduur. Henk is ook in die proses om besproeiingsirkels stelselmatig na geenbewerking oor te skakel, wat ‘n groot bespa-
ring op water en krag sal teweegbring.
5: Gedurende 2015 is daar reeds begin om 30% van die lande te karteer en regstellings daarvolgens te maak, met die beplanning om jaarliks, soos
omstandighede dit toelaat, die grond te karteer. Die regte planters is aangeskaf en hulle is hard aan die werk om die stroperdata ook in plek te kry vir
implementering in volgende jaar.
6: Plaagbeheerstrategieë sluit die besoek van lande ten minste
elke twee tot drie dae in en siektes word as ‘n reël voorkomend
gespuit. Die rooibekkwelea word deur die Departement van
Hulpbronbewaring beheer en daar word nou met produsen-
te saamgewerk om lêplekke te identifiseer en aan te meld.
Onkruidbeheer word toegedien deur middel van ‘n hoogloop-
spuit en lugbespuiting word soms gebruik indien genoodsaak
deur weersomstandighede. Sekere giwwe kan ook deur die
spilpunte toegedien word.
7: Meganisasiebestuur op die plaas gaan met noukeurige
rekordhouding gepaard om sodoende te verseker dat toerus-
ting optimaal gebruik word. Ouer trekkers word nie sommer
vervang nie, maar eerder afgeskuif na ligter werk. Stroopkon-
trakteurs word gebruik tydens oestyd, veral met twee gewasse
gereed vir oes tussen die droë- en besproeiingslande.
8: Veiligheidsmaatreëls word streng toegepas en as gevolg
van die noue samewerking tussen die arbeiders en die bestuur,
word daar na mekaar se veiligheid omgesien. Henk glo aan
samewerking en een-tot-een-kommunikasiepraktyke wat die
boerdery positief beïnvloed.
9: Die plaas beskik ook oor sy eie graanbergingsfasiliteite en
die saadmielies is op vaste kontrak. Verder word suikerbone
in 1 ton-sakke opgeberg en gestoor na gelang van vraag en
aanbod. Pampoene word ook gestoor en bemark wanneer die
oorgrote markvolumes begin afneem.
10: Toekomsplanne vir die Michau’s sluit in om nog grond aan
te koop sodat die ekonomie van skaal versterk kan word. Met
twee jong seuns wat binnekort plaas toe gaan kom, beplan
Henk om in die wildbedryf te diversifiseer en ook ‘n bedryf te
begin waar waarde toegevoeg kan word tot mielies en
millet
.
8
9
10