Background Image
Previous Page  14 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

12

Verhaal van grane

en oliesade in SA in

e-formaat verpak

“A

s jy nie die geskiedenis ken nie, hoe weet jy waarheen

gaan jy?” het mnr Crawford von Abo van Bothaville

vroeër vanjaar opgemerk tydens ‘n persoonlike on-

derhoud vir Graan SA se opdragwerk oor die storie van

die graan en oliesadebedryf.

Dié wyse woorde deur een van die graanmanne wat diep spore in

die bedryf getrap het, bevestig die behoefte wat ‘n klompie jare

gelede deur Graan SA se Hoofbestuur geïdentifiseer is, om die

ontstaan en ontwikkeling van die graan- en oliesadebedrywe saam

te vat en mylpale en hoogtepunte uit te lig. Verder was die mikpunt

om by die voete van oudleiers, rolspelers en doeners te gaan sit om

hulle persoonlike weergawe van gebeure nie verlore te laat gaan nie.

‘n Onbeperkte hoeveelheid navorsingswerke, artikels, skripsies,

menings, ondersoeke, studies en ander materiaal, om nie eers van

oorlewering te praat nie, is beskikbaar. Die benadering in

‘n Reis

deur Tyd

was egter nie om tegniese feite of die kronologiese ver-

loop van gebeure vir akademiese doeleindes weer te gee nie, maar

eerder om die verhaal van graanproduksie in Suid-Afrika te vertel,

met spesifieke verwysing na die verhaal van Graan SA.

Mnr David Theron, ‘n regsgeleerde met jarelange ervaring in die

graanbedryf, was die outeur van die publikasie. Hy wys daarop dat

hoewel graanproduksie in Suid-Afrika reeds kort na die vestiging van

Jan van Riebeeck in die Kaap ontstaan het, in dié publikasie feitlik

uitsluitlik verwys word na die omstandighede en verwikkelings met

betrekking tot graanproduksie en -bemarking in Suid-Afrika sedert

die beëindiging van die Tweede Boere-oorlog in Mei 1902.

“Graan SA se ontstaan in 1999 is nie ‘n losstaande gebeurtenis

wat in isolasie beskou kan word nie. Dit is voorafgegaan deur byna

‘n eeu se ontwikkeling van die graanbedryf en georganiseerde

landbou in Suid-Afrika. Ten einde die vestiging van Graan SA en sy

GRAAN SA

JOHAN SMIT,

besturende redakteur:

SA Graan/Grain

HOOFSTUK TITEL

BESKRYWING

1

Die produksie van graan en

oliesade in Suid-Afrika

‘n Geheeloorsig/perspektief oor die graanbedryf in Suid-Afrika vanaf die vroeë 1900’s.

Die leser kry goeie agtergrond van die ontwikkeling en verwikkelings in die bedryf, veral

die produksiekant, met ander woorde uit die produsent se perspektief, waarteen die res

van die boek beskou kan word.

2

Vorige bemarkingsbedeling Dit verskaf inligting oor hoe die bemarking van die graanprodukte vanaf 1900 hanteer is,

in twee hooftydperke, en verduidelik die oorgang van ‘n gereguleerde na ‘n gederegu-

leerde omgewing, sowel as die verskil tussen die twee stelsels.

3

Deregulering van landbou-

bemarking en vorming van

trusts

4

Die rol en funksie van

produsente-organisasie

Inligting word verskaf oor hoe produsente hulself geposisioneer het teen die agtergrond

van die veranderings in die bedryf en die bemarkingstelsels waaraan hulle blootgestel

was. Dit beskryf die ontstaan en ontwikkeling van die verskillende produsente-

organisasies vir die onderskeie bedrywe.

5

Stigting en vestiging van

Graan SA

Die produsente-organisasies besluit om saam te smelt en een oorkoepelende

organisasie, naamlik Graan SA, in die plek van die afsonderlike organisasies te stig.

6

Graan SA se NAMPO

Oesdag

Die NAMPO Oesdag het ontstaan uit en bestaan tans in die bedeling soos in die vorige

twee hoofstukke beskryf. Dit is ‘n besondere instelling wat spesifieke vermelding

regverdig.

7

Die aanbreek van ‘n era van

voedselsekerheid

Die hoofstuk handel oor ‘n onderwerp wat nie spesifiek by enige van die bostaande

inskakel nie, hoewel dit daaraan gekoppel is.

8

Die ontstaan en vesti-

ging van ontwikkelende

landbou in die graan- en

oliesadebedryf

NOPO se eerste inisiatiewe ten opsigte van ontwikkelende landbou in die laat 1990’s

het die platform geskep waarop Graan SA se uiters suksesvolle program vandag steeds

voortbou.

9

Topprodusente en rolspelers

word vereer

Erkenning vir uitnemendheid in die bedryf het nie agterweë gebly nie. Die hoofstuk fokus

op toekennings gemaak aan leierprodusente, brugbouers, administrateurs, rolspelers en

amptenary vanaf die vroeë tagtigerjare tot tans.

TABEL 1: UITEENSETTING EN HOOFSTUKINDELING –

‘N REIS DEUR TYD

.

Die publikasie is tans in Afrikaans beskikbaar,

maar sal na verwagting teen einde November

ook volledig in Engels beskikbaar wees.