13
October 2016
rol in die graanbedryf behoorlik te kan verstaan, bevat die eerste
vier hoofstukke van die boek inligting oor die omstandighede en
gebeure wat dit voorafgegaan het,” het hy gesê.
Sekere onderwerpe, soos die verhaal van ontwikkelende landbou,
die NAMPO Oesdag en erkenning aan topprodusente en primêre
rolspelers, word in aparte hoofstukke belig.
Tabel 1
bevat ‘n uit-
eensetting en hoofstukindeling van
‘n Reis deur Tyd
.
Getrou aan die unieke aard van ons volkie se samestelling, was
die totstandkoming van die bedryf egter nie sonder konflik, strewe
en strategiese aksie nie. Uit die inhoud van die werk kom die leser
opnuut agter dat selfbeskikking, behoorlike verteenwoordiging uit
produsentgeledere en die strewe na spesialisasie kenmerke is wat
soos ‘n goue draad deur die dekades loop. Of dit markdominansie
deur sekere groeperinge was, beweerde eenogigheid van die
destydse georganiseerde landbou-strukture of “broederlike” druk-
groepe...as dit nodig was om die bul by die horings te pak, was die
durf en daad van stoere landbouleiers volbloed aanwesig.
Tussen ‘n goeie idee en ‘n eindproduk lê daar ‘n magdom van
inligting en uiteenlopende weergawes van gebeure. Die wysheid
van ‘n Geskiedenisprojek Redaksiekomitee, gelei deur mnr Jozeph
du Plessis (‘n hoofbestuurslid van Graan SA) het dus handig te
pas gekom. Ander lede van die komitee was mnre Neil Claassen,
ook ‘n hoofbestuurslid, Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe
Dienste) as funksionaris en koördineerder en Johan Smit, eienaar/
bestuurder van Infoworks – as uitgewer van die publikasie. Die
vertaalwerk is deur me Wilna Liebenberg – ‘n professionele taal-
praktisyn – behartig.
‘n Eksterne leespaneel se kundigheid is ingespan om inhoud te
verifieer en om die geloofwaardigheid daarvan te verseker. Die
paneel het bestaan uit mnre Cerneels Claasen, Crawford von Abo,
Vic Mouton, Leon du Plessis en Giel van Zyl. ‘n Voorwoord tot die
publikasie is geskryf deur mnr Louw Steytler, oudvoorsitter van
Graan SA, met ‘n inleiding deur mnr Jannie de Villiers, uitvoerende
hoofbestuurder van Graan SA. Hierdie publikasie – wat in elektroniese
formaat beskikbaar is – is tydens ‘n afskeidsfunksie vir uittredende
hoofbestuurslede op 26 Julie op NAMPO Park bekend gestel. Dit is
sedertdien gratis beskikbaar op Graan SA se webtuiste by
www.
grainsa.co.za
onder die Geskiedenis-skakel.
Die elektroniese blaaiboekformaat se funksionaliteite laat die leser
toe om die leesskerm aan te pas by sy/haar behoefte. Dit leen hom
tot lees op die skerm, maar selfs vir aflaai, aanstuur of vir die maak
van kantlynnotas deur die leser. Interessante fotomateriaal en
grafieke/tabelle asook video- en klankgrepe ondersteun die digitale
leeservaring.
Die publikasie is tans in Afrikaans beskikbaar, maar sal na verwag-
ting teen einde November ook volledig in Engels beskikbaar wees
op Graan SA se webtuiste.
1: Lede van die Geskiedenisboek Redaksiekomitee glimlag breed na die
afhandeling van dié lywige projek. Van links: Nico Vermaak, Neil Claassen,
Jozeph du Plessis en Johan Smit.
Foto: Charl van Rooyen,
Landbouweekblad
2: ‘n Eksterne leespaneel het as “proe-span” vir die inhoud en konteks
gedien. Van links: Cerneels Claassen en Crawford von Abo by
Jozeph du Plessis (middel), voorsitter van die Geskiedenisboek redaksie-
komitee. Vic Mouton, Giel van Zyl en Leon du Plessis – ook lede van die
leespaneel – kon ongelukkig nie die bekendstelling bywoon nie.
3: Jozeph du Plessis (links) oorhandig ‘n toekenning aan David Theron, die
outeur.
4: Graanvoorsitters uit verskeie eras het luister aan die bekendstellings-
aand verleen. Van links: Cerneels Claassen, Japie Grobler, Bully Botma,
Neels Ferreira, Louw Steytler en Jaco Minnaar.
5: Jeff Allem van Allem Broers saam met Louw Steytler. Allem het ‘n borg-
skap vir die projek beskikbaar gestel terwyl Steytler verantwoordelik was
vir die verkryging van ‘n anonieme borgskap.
6: Graan SA se voorsitter, Jaco Minnaar (regs), neem ‘n seremoniële kopie
van die geskiedenisboek in ontvangs van Jozeph du Plessis.
1
4
5
6
2
3
Die elektroniese blaaiboekformaat se funksionaliteite laat die leser toe
om die leesskerm aan te pas by sy/haar behoefte.