Background Image
Previous Page  14 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

12

Room van graanprodusente

word vereer

“D

it wat ons vanaand hier ervaar, wys die vordering

wat oor jare en dekades in die landbousektor gemaak

is. Die vlak van voedselsekerheid wat ons in hierdie

land geniet, is prysenswaardig en iets waarop ons

geweldig trots moet wees.”

Met hierdie woorde het mnr Antonie Delport (besturende direk-

teur, Syngenta Suid-Afrika) sy toespraak by die Graan SA-toe-

kenningsgeleentheid ingelei, waar hy die wenners en finaliste

in die vyf verskillende kategorieë met hul prestasies geluk ge-

wens het.

Syngenta was die hoofborg van die aand en borg van die Graan-

produsent van die Jaar- en Kleinskaalboer van die Jaar-toekennings.

“Elke dag is daar 200 000 meer monde op die planeet om te

voed. Daar kan daarom nie bekostig word om slegs ‘n druppel

in die spreekwoordelike voedselproduksie-emmer te gooi nie.

Daarbenewens woon meeste van die 200 000 mense in stede

óf hul sal in die toekoms na stede verhuis, waar hulle nie hul eie

kos kan produseer nie. Ons het derhalwe geen ander opsie as om

nog slimmer te boer nie – soos die Graanprodusent van die Jaar-

finaliste wat tegnologie gebruik om uitdagings te oorkom en op

die kleinste detail fokus, maar steeds ‘n geïntegreerde, holistiese

benadering tot groei het,” het Delport verduidelik.

Verder het hy gesê dat almal daarna moet streef om die maksimum

genetiese potensiaal van hul plante te ontsluit, om sodoende genoeg

kwaliteit gewasse met die beperkte aantal hulpbronne beskikbaar,

te produseer.

Aan die hand van ‘n Albert Einstein-aanhaling (“As jy dit nie een-

voudig kan verduidelik nie, dan verstaan jy dit nie goed genoeg

nie”) het Delport verduidelik dat almal eenvoud moet nastreef om

sodoende spoed en impak te verhoog. “Indien ons dit nie gaan doen

nie, sal ons nie kompeterend bly nie,” het hy gesê.

Konsolidasie regdeur die waardeketting het ‘n algemene gesig

geword – veral aan die gewasbeskermings- en saadkant. “Indien jy

in die waardeketting wil deelneem, maak seker jy voeg waarde toe.

Anders sal jy nie oorleef nie.”

Delport het beklemtoon dat landbou vandag leiers – veral jong leiers

– meer as ooit tevore nodig het. “As jy ‘n jong leier is, het jy die

energie. Jy bring nuwe idees en ‘n vars perspektief na die tafel en

is meesal bereid om ‘n paar risiko’s te neem om die status quo te

breek. Jy het volop potensiaal – moet dit nooit vergeet nie.”

Volgens Delport het ware leiers die vermoë om empatie met ander

te hê. “Indien ons die ander party se gedagtes en ervarings deel en

hul verwysingsraamwerk verstaan, sal ons in ‘n baie beter plek wees

om die gemeenskaplike belang te identifiseer.”

Hy het Graan SA bedank vir die jarelange vennootskap met

Syngenta en gesê hul sien uit na die voortsetting van die borgskap.

Mnr Derek Mathews (visevoorsitter, Graan SA) het in sy verwel-

komingstoespraak die Minister van Wetenskap en Tegnologie,

Naledi Pandor, bedank vir die positiewe werksverhouding wat

Graan SA met haar departement kan hê en dat die organisasie

uitsien om voort te bou op hierdie verhouding.

Mathews het al die 2017-wenners en finaliste se stories opgesom

met ‘n aanhaling van James Douglas Junior: “Our deep respect

for the land and its harvest is the legacy of generations of farmers

who put food on our tables, preserved our landscape and inspired

us with a powerful work ethic.”

Funksie gee erkenning, inspireer en skets

Suid-Afrikaanse landboubeeld

Mnr Jaco Minnaar (voorsitter, Graan SA) het kortliks verduidelik

waarom hierdie Graan SA-toekenningsfunksie, wat vanjaar vir die

18de keer aangebied is, so belangrik vir die landbousektor is.

“Eerstens gee Graan SA en die borge erkenning aan die mededin-

gers in die kompetisie, wat leiers in hul omgewings is. Dit is belangrik

om aan die finaliste en wenners erkenning te gee vir die harde werk

wat hulle in hul boerderye insit.

“Tweedens is die kompetisie ‘n inspirasie vir die jonger mense, wat

die finaliste en wenners as mentors en leiers in hul gemeenskappe

sien.

“Laastens is dit ‘n vertoonvenster vir landbou in Suid-Afrika,

waar ons wys wat die landbousektor bereik – ten spyte van al

die uitdagings en negatiewe faktore wat produsente daagliks in

die gesig moet staar,” het hy verduidelik.

GRAAN SA

Toekenningsgeleentheid

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Vrystaat kraai koning met 2017-toekennings

Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar:

AC van Wyk (Vrystaat) – Bladsy 14

Graan SA/Absa/John Deere Financial Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar:

Edwin Mahlatsi (Vrystaat)

– Bladsy 16

SPLINTERNUWE KATEGORIE! Graan SA/Monsanto Potensiële Kommersiële Boer van die Jaar:

Paul Malindi

(Vrystaat) – Bladsy 17

Graan SA/Absa/John Deere Financial Bestaansboer van die Jaar:

Mavis Hlatshwayo (Mpumalanga) – Bladsy 17

Graan SA/Syngenta Kleinskaalboer van die Jaar:

Thembalihle Tobo (Oos-Kaap) – Bladsy 18

Inspirasietoekenning:

Janes Barnard (Vrystaat) – Bladsy 18