Background Image
Previous Page  79 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 79 / 92 Next Page
Page Background

– ‘n geleentheid om jou oes plantkundig te beskerm

A

l hierdie nuwe blaarvoedings, beskermers en konkoksies

wat die ouens bemark is foefies. Dít was my oorspronklike

analitiese persepsie van al die nuwe blaartoegediende

produkte – totdat ek direk te doen gekry het met produkte

wat regtig werk.

Een van hierdie produkte bevat harpin-proteïene. ‘n Harpin-proteïen

is ‘n komplekse binding wat ons nie altyd so mooi verstaan nie.

Die doel van hierdie artikel is om meer lig te werp op hierdie

onmisbare skakel op mikrobiese vlak. Harpin speel ‘n enorme rol in

ons daaglikse bestaan wat voedselsekerheid betref – sonder dat ons

dit eers besef.

Plantfisiologies versnel die ontwikkeling van die plant met ‘n spe-

sifieke uitwerking op die selgroei daarvan. Harpin-proteïene sorg

vir gesonder plante, dus ‘n sterker wortelstelsel wat vog beter kan

opneem. Sou ons dan ‘n produk op droëlandgewasse kon spuit

wat hierdie reaksie op plante kan bewerkstellig, het ons ‘n wenner

in ons arsenaal om ons risiko’s te verminder – veral in ‘n moontlike

droër jaar soos vanjaar.

Die goeie nuus is, ons het nou so ‘n produk in Suid-Afrika, met die

naam ProAct, waarvan harpin die aktiewe bestanddeel is. Eintlik

het ons agter geraak, want in Zambië word dié middel reeds met

groot welslae by al hulle kommoditeite gebruik, soos onder meer by

mielieproduksie.

ProAct is ‘n Amerikaans-ingevoerde produk van Dux Agri, ‘n

goed gevestigde maatskappy in Suid-Afrika, wat hom verbind tot

oplossings en ondersteuning in die graanbedryf. Die afgelope vier

jaar is die middel behoorlik getoets en is sedertdien kommersieel

hier beskikbaar.

Produsente regoor die land wat die middel in hulle blaarbespui-

tingsprogram gebruik, het reeds die voordeel daarvan raakgesien.

In 2013 het die mielieprodusent, mnr Nardo Erwee, die produk op

droëlande in die Hoopstad-omgewing getoets en ‘n gemiddelde

opbrengsverhoging verkry van 527 kg op ‘n oespotensiaalland van

9 t/ha plus.

Sedertdien gebruik hy ProAct nie net as ‘n risikoverskanser nie,

maar as ‘n ekstra hulpmiddel vir hoër opbrengste. Heelwat statistie-

se proewe is intussen gespuit, wat ‘n gemiddelde opbrengsverho-

ging van 18% toon.

Toediening

Die middel word toegedien so vroeg as vier- tot sesblaar-stadium.

Vir selfs beter resultate kan ‘n opvolgbespuiting ses weke later

toegedien word. Die produk kan saam met ander produkte, soos

glifosaat, in ‘n tenkmengsel toegedien word.

Daar is heelwat artikels wat meld dat ProAct die mees doeltreffende

produk is vir die verligting van stres by die bespuiting van glifosaat in

Roundup Ready-bestande gewasse, soos mielies en sojabone.

Technichem is die alleenverspreider van ProAct. Kontak die Techni-

chem-agent in jou omgewing.

77

November 2015

OP PLAASVLAK

Geïntegreerde plaagbeheer

GERRIE LUDICK,

Technichem

Produk-inligting

‘n Laboratoriumstudie toon die verskil tussen sojaboonplante wat be-

handel is met ProAct (regs) en dié wat nie is nie, nadat hulle vir tien dae

sonder water was.

ProAct het die vermoë om ‘n plant teen water-

stres te versterk. Proewe is gedoen waar die

middel toegepas is op sojaboonplante, op ‘n

vroeë groeistadium voordat droogte plaas-

gevind het, wat ‘n baie positiewe resultaat

gelewer het as gevolg van die toename in

selwandkrag en beter wortelhaarontwikkeling

deur die middel meegebring.

Harpin speel

‘n enorme rol in

ons daaglikse

bestaan wat

voedselsekerheid

betref...