1
November 2015
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Pietman Botha, Riaan Buitendag, Abrie Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Theuns Dreyer, Ivan du Plooy, Alzena Gomes, Bennie Grové, Johan Habig,
Elmarie Helberg, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Helenus Kruger, Louise Kunz, Johan Labuschagne, Corné Louw, Gerrie Ludick, Primrose Magama, Chrissie Miles,
Salome Modiselle, James Moore, Khuthadzo Mugodo, Jaco Nel, Tony Palmer, Willie Pretorius, Chris Schmidt, Joanie Scheepers, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit,
Hendrik Smith, Liana Stroebel, Ansofie Tiedt, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Coretha Usher, Piet van Zyl, Wim Venter, Willem Voogt, Liesl Wiese en Toit Wessels
w
ord daar vandag nog soos in die ou dae boerseep op
plase gekook? My ma het nou nog ‘n steen seep wat
haar oumagrootjie gekook het. Op die seep is uitgekerf:
Hans Nel, 1880 – loogseep.
In ons pakkamer op die plaas was daar ook vir baie
jare twee groot houtkiste en ‘n paar teekiste vol boerseep gebêre wat
my pa se ma en ouma nog gekook het. Daar is mos geen seep wat vuil,
oliebesmeerde kakieklere só skoon soos boerseep kan was nie. Vra
maar vir ou Selina wat al die jare my pa en broers se werksklere met dié
boerseep silwerskoon gekry het.
Ek onthou een keer, ek was nog baie klein, wat my ouma buite onder
die bloekombome in ‘n halwe drom boerseep gekook het. (Ek dink ek
onthou dit so goed omdat ouma seepsoda op haar nuwe skoene gemors
het – en ek dit toe gekry het om mevrou-mevrou mee te speel. Ouma
het klein voetjies gehad, so die skoene het my perfek gepas!)
Die seepkokery was ‘n tydsame proses. Die bees wat die vorige week
geslag is, se vet is uitgekook om dié seep van te kook. Later is die seep
met ‘n spesiale mes in groot stene gesny.
Is dit nie hoeka ook beesvet wat in die kerse van toentertyd gebruik
is nie? Met die prys van elektrisiteit deesdae, sal ons dalk een van die
dae weer self moet begin kerse maak! Ons fokus is juis die maand op
natuurlike hulpbronne en energie.
Pietman Botha (
SA Graan/Grain
medewerker) het by Schoeman Boer-
dery gaan kuier en verduidelik in die uitgawe hoe hulle sonkrag inspan
om hul elektrisiteitsrekening in toom te hou. Schoeman Boerdery het
besluit om ander alternatiewe te ondersoek om elektrisiteit volhoubaar
en winsgewend op te wek. Die moontlikheid om sonkrag as energiebron
te gebruik, is derhalwe ondersoek. Lees meer hieroor op bladsy 30.
Bewaringslandbou het gedurende die afgelope twee dekades geweldig
veld gewen in die Wes-Kaap en daar word allerlei planne beraam om
meer volhoubaar en in harmonie met die natuur te boer. Bewaringsland-
bou bestaan hoofsaaklik uit drie beginsels: Minimum grondversteuring,
wisselbou met nieverwante gewasse en die maksimum behoud van
plantreste tussen seisoene. Johan Labuschagne (Wes-Kaapse Departe-
ment van Landbou) gesels op bladsy 60 oor bewerking, wisselbou en
behoud van plantreste – hoe beïnvloed dit grondorganiese koolstof?
SA Graan/Grain
was ook by die spog Graan SA-toekenningsgeleent-
heid wat middel Oktober plaasgevind het en jy kan op bladsy 16 tot 28
in die glansaand en topprodusente wat vereer is, se vreugde deel.
Lekker lees tot volgende maand! En laat weet gerus as julle nog boer-
seep op die plaas kook.
Groetnis
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Ontmoet ons
medewerkers...
j
OHAN HABIG
(LNR-Navorsingsin-
stituut vir Plantbeskerming) is op
Heilbron in die Vrystaat gebore.
Hy het MSc Mikrobiologie aan
die Noordwes-Universiteit studeer
en is tans besig met ‘n PhD in Omge-
wingswetenskappe by dieselfde uni-
versiteit. Hy het ‘n gedeelte van sy
studies met ‘n LNR-beurs voltooi en het in 2002 by die LNR-
Instituut vir Plantbeskerming, in Pretoria, begin werk as deel
van sy beursooreenkoms. Hy het aanvanklik navorsing in
biologiese stikstofbinding gedoen en ook kleinboer-opleiding.
Gedurende 2009, het hulle met die Grondmikrobiologie
Laboratorium begin. Johan spesialiseer in grondmikrobiese
ekologie en bestudeer die invloed van verskillende landbou-
praktyke op grondmikrobiese populasies.
In sy vrye tyd hou hy van vakansies by die see, familietyd,
lees, stap, perd- en fietsry. Op
bladsy 58
vertel hy meer van
die sensitiewe kant van ons enigste nie-hernubare natuurlike
hulpbron: Grond.
D
ie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeen-
skap (SADC) bestaan uit 15 lidlande. In 2014
was die streek se totale kommersiële verbruik van
mielies, koring en sorghum 39 miljoen ton, teenoor
‘n streeksproduksie van 34 miljoen ton. Mielies
word oral in die SADC-streek verbruik, met Suid-
Afrika wat die grootste produsent sowel as ver-
bruiker van mielies in die sub-streek is. Suid-Afrika
produseer 42% en verbruik 37% van die streek se
mielies. Op
bladsy 67
kyk
WANDILE SIHLOBO
(Graan SA) en
TINASHE KAPUYA
(Agbiz) wat sê
die data oor SADC-graanhandel.
B
aie geluk aan Genade Boerdery wat aangewys
is as die Graan SA/Syngenta Graanprodusent
van die Jaar.
RUTH SCHULTZ
(
SA Graan/Grain
medewerker) het die Graan SA-toekennings-
geleentheid namens die tydskrif bygewoon en
gee op
bladsy 16 tot 28
vir ons ‘n terugblik oor
dié spoggeleentheid.
G
raan SA se NAMPO Oesdagkomitee het in
Junie vanjaar van drie staatmakers wat op
die komitee gedien het, afskeid geneem. Tydens
die geleentheid is dank betoon teenoor Harm
Steenkamp, Ryan Mathews en Rika van Eeden.
WIM VENTER
(Oesdagbeampte, Graan SA) berig
op
bladsy 11
oor die funksie.