Met behulp van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye
en uitstekende mentors, kon ‘n hele paar van hierdie projekte die
nodige hupstoot kry vir ‘n voet in die deur om met kommersiële pro-
dusente te kompeteer. Verder het hierdie baanbrekerprodusente an-
der aangesteek en gewys wat wel moontlik is en daarom groei die
belangstelling in bemagtigingsprojekte by die dag.
Die mentors van hierdie inisiatiewe is self almal kommersiële pro-
dusente met jare se ondervinding in die bedryf. Om egter ‘n effek-
tiewe mentor te kan wees, verg ‘n paar unieke karaktereienskappe,
waaronder praktiese en bestuurskennis, goeie kommunikasie,
beskikbaarheid, ‘n passie vir ontwikkeling en wedersydse respek.
Soos bekend, is graanboerdery as sodanig nie sonder uitdagings nie
en met ‘n produsent/mentor se betrokkenheid by hierdie tipe inisia-
tiewe, verg dit baie goeie beplanning, bestuur en ‘n duidelike visie.
Graan SA is nou betrokke by hierdie projekte en bied ondersteuning
deur middel van opleiding, studiegroepvergaderings, hulp met die
opstel van besigheidsplanne en so meer.
Tydens die vergadering, het De Villiers terugvoer van die Wes-
Kaapse mentors gekry en die geleentheid gebruik om te bepaal waar
Graan SA nog waarde kan toevoeg. “Ons is baie trots op hierdie
Graan SA-lede wat proaktief optree en bereid is om die ekstra myl
te loop om ware bemagtiging in die Wes-Kaap ‘n werklikheid te
maak,” het Me Liana Stroebel, (ontwikkelingskoördineerder: Wes-
Kaap, Graan SA) gesê.
Ter afsluiting bedank ons die Graan SA-span sowel as mnre Richard
Krige en André Kirsten (Graan SA-hoofbestuurslede) vir hul bydrae
tot die suksesvolle week en vir die teenwoordigheid van Steytler en
De Villiers, wat beslis bydra tot die sukses van die Graan SA-tent.
Ons sien uit om ons lede volgende jaar weer by die Megaweek terug
te verwelkom.
10: Louw Steytler saam met ‘n groep leerders van die Hoër Land-
bouskool Oakdale op Riversdal.
11: Liana Stroebel ontmoet ‘n groep mentors tydens die Agri Mega
Week.
12 en 13: Agri Mega het afgeskop in wonderlike sonskynweer, voor die
koue egter toegeslaan het...
LEDE-LANDSKAP
10
11
12
13
Welcome to the team
CORETHA USHER,
HR officer: Grain SA
M
e Hailey Ehrenreich started at the Grain SA Paarl
office on 1 September as committee officer for
the Western Cape. Prior to joining Grain SA, Hailey
worked as a legal secretary and holds a Paralegal
diploma. In her free time she enjoys spending quality time with
friends and family.
Me Larochelle Knox (creditor’s clerk: Financial Services) also
started at Grain SA on 1 September. She holds a diploma in
Technical Financial Accounting. Larochelle is married and they
have a daughter aged 14 months. She enjoys the outdoor life
with her family and friends and on weekends she likes to take part
in 5 km fun runs with her family.
Hailey Ehrenreich
Larochelle Knox
November 2015
10