Background Image
Previous Page  21 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 92 Next Page
Page Background

“Vier koppe dink beter as een”

“M

et dié groep kan ons oorlog toe gaan,” sê mnr

Gerhard Bruwer van Genade Boerdery op Douglas.

Dié familie, wat vanjaar aangewys is as die

Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar, is mnre Vickie

Bruwer en sy seuns Gerhard, Hannes en klein Vickie.

Wanneer ‘n mens na hierdie hoogs moderne en gediversifiseerde

boerdery kyk, is dit moeilik om jouself in te dink dat Vickie op ‘n

klein stukkie grond in 1976 op Jacobsdal begin boer het ná die

afsterwe van sy oupa. Hy het op 20 ha besproeiing en 200 ha veld

begin en na-ure by die plaaslike korrektiewe dienste asook by die

destydse poskantoor gewerk vir ‘n ekstra inkomste. In 1986 het hy

Douglas toe verhuis.

“Vanaf 2003 het ons boerdery ongelooflik uitgebrei. Elkeen van ons

seuns het ‘n sterk punt en my pa hou die besigheid bymekaar – vier

koppe dink beter as een. Ons werk ongelooflik lekker saam en ons

het 100% vertroue in mekaar,” vertel Gerhard op die DVD wat tydens

die toekenningsaand oor hul boerdery vertoon is.

Soos enige ander produsent wat daagliks uitdagings in die gesig

staar, is die Bruwers konstant besig om planne te maak om die uit-

dagings in hul boerdery te oorkom, soos om water teen ‘n heuwel

uit te pomp oor afstande van tot 2,5 km en teen ‘n helling van 85 m.

Met dikker pype het hulle daarin geslaag om wrywing te verminder

en is nou besig met nuwe spilpunte vir doeltreffender pypbestuur.

Wat grond betref, beskou hulle prima-grond as ‘n uiters noodsaak-

likheid vir ‘n suksesvolle saaiboerdery. Mediumpotensiaal kleigronde

word met saadsonneblom en katoen afgewissel. Aartappels word

slegs in nuwe grond geplant, wat dan met graan opgevolg word en

die grondboonlande lê vir drie maande voor planttyd kan begin.

“Voor jy grond koop, doen jou huiswerk baie goed, want dit is ‘n

baie duur belegging. Belê bietjie meer en koop presies dít wat jy wil

hê,” is Gerhard se raad.

Bykomend tot die wye verskeidenheid gewasse wat aangeplant

word in ‘n goed beplande wisselboustelsel, het hulle ook Bons-

mara-koeie en Tuli-bulle wat gebruik word vir speenkalfproduksie.

Verder is daar ook verskeie wildspesies op die plaas.

Dankbaar

“Ek sê vir die Here dankie dat ons as produsente vanaand in hier-

die saal ons afhanklikheid van Hom kan erken. Dankie ook aan

Graan SA vir die diens wat julle lewer om mense op te hef en om vir

ons as produsente te baklei oor aangeleenthede soos water en die

rabat op diesel,” – pa Vickie se woorde in sy bedankingsboodskap.

“Aan Graan SA se Hoofbestuur, dankie ook vir julle onbaatsugtige

diens asook Johan Jacobs (Graan SA-hoofbestuurslid) wat ons

genomineer het vir dié kompetisie. Laastens, vir elke finalis en per-

soon wat ‘n toekenning vanaand gekry het, baie geluk.”

Vickie sluit af met ‘n boodskap aan sy medeprodusente met seuns:

“As jy ‘n boerseun wil grootmaak, maak hom op die bakkie se sitplek

groot, al baklei sy ma soms as hy vuil by die huis kom of as hy sy

nerwe afgeval het. Ek het drie seuns en ek is baie trots op hulle.”

19

November 2015

GRAAN SA

Toekenningsgeleentheid

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker en foto’s:

HELENUS KRUGER

1: Boerdery is vir die Bruwers meer as net ‘n besigheid; dit is ‘n passie wat deur die hele

familie gedeel word. Hannes Bruwer, saam met sy vrou, Almyne; Vickie saam met sy vrou,

Trisa, en klein Vickie saam met sy verloofde, Chrisna Fourie. Gerhard en sy vrou, Liesel, kon

ongelukkig nie die toekenningsgeleentheid bywoon nie.

2: Vickie Bruwer besig om sy toespraak te lewer nadat Genade Boerdery aangekondig is

as Graanprodusent van die Jaar. Syngenta is saam met Graan SA die trotse borg van die

Graanprodusent van die Jaar toekenning.

1

2