Background Image
Previous Page  19 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 92 Next Page
Page Background

17

November 2015

“ABSA se samewerkingsooreenkoms met John Deere Financial is

ook ‘n bewys van ons filosofie by ABSA om saam te werk met so-

veel landbourolspelers as moontlik, bo en behalwe ons betrokken-

heid by die finansiering aan die primêre produsent se kant,” het

Van der Walt gesê.

Mnr Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) het die belangrikheid van

sulke samewerkingsooreenkomste benadruk. “Dit is hoe ons as

land uitdagings gaan oorkom. Voorbeelde soos dié samewerkings-

ooreenkoms moet ons aanmoedig as ons ‘n beter samelewing wil

hê as die een wat ons geërf het. Ons moet die oppervlakkige skei-

ding wat veroorsaak word deur vooroordeel, waarvoor daar nie

meer plek is nie, toemaak, sodat die droom van ‘n pragtige,

harmonieuse, veilige en gelukkige Suid-Afrika bereik kan word,” het

Steytler gesê.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die kompetisie het

die Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar, Solomon Masango,

‘n John Deere 5403 MFWD trekker gewen wat geborg is deur

John Deere Financial in vennootskap met ABSA.

“John Deere Financial verstaan die belangrikheid daarvan om nie

net ‘n kliëntebasis vir die toekoms te bou nie, maar ook te help bou

aan ‘n inklusiewe en diverse landbousektor. Ons moet ‘n toekoms

bou wat gebaseer is op kommersiële beginsels en waardes. Die

mededingendheid van die landbousektor moet ten alle tye beskerm

word,” meen mnr Jacques Taylor (besturende direkteur: John Deere

Financial, sub-Sahara Afrika en Thailand).

As Taylor ‘n kykie in die kristalbal vir landbou teen 2025 gee, glo hy

dat tegnologie die grootste ontwrigter in landbou sal wees. “Teg-

nologie sal besigheid in landbou herdefinieer. Om hierdie sektor

vorentoe te neem, sal die samewerking tussen kernrolspelers in die

waardeketting al hoe belangriker word. Die fasilitering van toegang

tot tegnologie en voortdurende pogings om doeltreffendheid te

verbeter, moet die temas wees soos ons die toekoms in gaan.”

Bydraers tot voedselwaardeketting met

toekenning vereer

Graan SA het verlede jaar begin kyk hoe hulle mense in die

voedselwaardeketting kan inspireer en ophef om sodoende die

waardeketting meer kompeterend te maak. Daar is toe besluit om

‘n inspirasietoekenning by dié geleentheid te oorhandig aan ‘n

individu of organisasie wat die graanindustrie met uitnemendheid

dien en bydra tot die welvaart van die industrie.

Hierdie spesiale toekenning is vanjaar oorhandig aan dr Julian Jaftha

(hoofdirekteur: Plantproduksie en Gesondheid, Departement van

Landbou, Bosbou en Visserye).

1: Die bekende aanbieder van die SABC 3-ontbytprogram,

Expresso

,

Katlego Maboe, met sy breë glimlag, is weer vanjaar genooi om as

seremoniemeester by dié spoggeleentheid op te tree.

2a, 2b en 2c: Jakkie Louw en Kevin Leo (ook bekend as Jakkals en

Leeu) was die gaskunstenaars vir die aand en het die gehoor behoorlik

vermaak met hul grappighede, onder andere waar Kevin Leo sy eie

interpretasie van een van Elvis Presley se treffers gedoen het. Die

kombinasie van dié twee sangers se uiteenlopende stemme is werklik

iets besonders.

3: Die drie Graanprodusent van die Jaar-finaliste kort nadat hulle hul

finalis-toekennings ontvang het, saam met Louw Steytler (links) en

Linda van der Merwe (regs). Van links is Niel Neethling; klein Vickie,

Vickie en Hannes Bruwer van Genade Boerdery en Henk Michau.

4: Brienne van der Walt besig om sy toespraak te lewer. ‘n Interessante

feit wat Van der Walt tydens sy toespraak genoem het, is dat ABSA

ongeveer 62% van alle John Deere-toerusting finansier wat in

Suid-Afrika verkoop word.

5: “Gegewe die kompeterende landskap in Suid-Afrika; as jy ‘n finalis

in hierdie kompetisie is, is dit reeds ‘n buitengewone prestasie,” het

Jacques Taylor tydens sy toespraak gesê.

6: “Tough times don’t last, but tough people do.” Met hierdie aanhaling

van Robert H. Schuller het Linda van der Merwe haar toespraak ingelei.

Hierdie aanhaling laat haar dink aan die suksesverhale van historiese

en huidige legendes, wat insluit die 2015 Graanprodusent van die

Jaar-finaliste.

7: Al die wenners en hul vroue saam met personeel van Graan SA en die

borge aan die einde van die aand, kort ná die aankondiging van al die

wenners in die verskeie kategorieë.

8: ‘n Wenfoto van Ngubengcuka Moyo nadat hy sy Graan SA/ABSA

Bestaansboer van die Jaar-toekenning ontvang het.

9: Louw Steytler wens vir Daliwonga Nombewu in sy moedertaal geluk

met sy prestasie om as Graan SA/Syngenta Kleinskaalseboer van die

Jaar aangewys te word. In die agtergrond is sy vrou, Zoliwe Rhum.

10: Solomon Masango besig om sy toespraak te lewer nadat hy sy

toekenning ontvang het as Graan SA/ABSA/John Deere Financial Nuwe

Era Kommersiële Boer van die Jaar. Agter dié suksesvolle man staan sy

trotse vrou, Christina.

11: Die aankondiging van die wenners het weer vanjaar plaasgevind by

The Theatre on the Track in Johannesburg en word elke jaar met styl

aangebied.

6

8

9

10

11

7