Background Image
Previous Page  24 / 72 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 72 Next Page
Page Background

FOKUS

Geldsake en finansiële dienste

Spesiale

Mei 2016

22

Help finansiële welstand vir jou

plaaswerkers skep

G

raan SA en Momentum het hul sowat ‘n jaar gelede tot ‘n

opwindende strategiese vennootskap verbind. Die ven-

nootskap sal Graan SA-lede in staat stel om vir hulle en

hul plaaswerkers produkte uit te neem ten einde finan-

siële welstand vir hul plaaswerkers in die hand te werk, vanaf so min

soos R29/maand. Die deelname aan hierdie skema in die eerste jaar

was egter teleurstellend en daarom wil ons dit graag weer onder

lede se aandag bring.

Daar was ook intussen gesprekke met Momentum om van die te-

kortkominge aan te spreek. Hou asseblief in gedagte dat hierdie

‘n “aanlyn-diens”-produk is, vandaar die goeie tariewe. Indien jy

die personeel van Momentum direk wil kontak, is jy baie welkom

om dit te doen. Hierdie is maar slegs één van die vele voordele wat

Graan SA sy lede as deel van lidmaatskap by die organisasie bied.

Waarom die inisiatief?

Een van Graan SA se strategiese fokusareas is arbeid. Graan SA

het alreeds in 2013 met verskeie aksies begin om goeie arbeids-

praktyke te beklemtoon. Terselfdertyd is daar ook ‘n gebrek aan

‘n eenvoudige, maklik-toeganklike en bekostigbare oplossing.

Graan SA het van die geleentheid gebruik gemaak om namens sy

lede vir die beste oplossing te onderhandel.

Wat bied die produk?

Gebaseer op navorsing in die landbousektor gedoen deur Momen-

tum in 2012, is die volgende sleutelbehoeftes geïdentifiseer in volg-

orde van belangrikheid:

Begrafnisdekking

Onderrigvoordeel

Hospitaal-kontantvoordeel

Lewensdekking

Ongeskiktheidsdekking

Effektetrust-spaarrekening

Tabel 1

bevat meer inligting oor elke tipe dekking.

TABEL 1: GRAAN SA SE VOORDEELOPSIES VIR LEDE EN PLAASWERKERS.

PREMIEKOSTE PER WERKNEMER

PER MAAND

OPSIE 1

R29

OPSIE 2

R55

OPSIE 3

R110

OPSIE 4

R176

OPSIE 5

R216

OPSIE 6

R289

OPSIE 7

R402

OPSIE 8

R578

Begrafnisdekking

Hierdie bedrag word uitbetaal by die afsterwe van ’n

werknemer, sy/haar lewensmaat (dekking vir tot twee

eggenote). ’n Glyskaal sal vir die werknemer se kinders

geld (dekking vir tot vier kinders). Indien die werknemer

as gevolg van ’n ongeluk sterf, sal die uitbetaalde be-

grafnisvoordele verdubbel.

Opbetaalde begrafnisvoordeel

Werknemer sal by aftrede, of by sy/haar afsterwe ophou

om premies te betaal, maar hy/sy en sy/haar familie sal

dieselfde begrafnisvoordele lewenslank geniet.

R10 000 R10 000

Opbe-

taalde

voordeel

R20 000

Opbe-

taalde

voordeel

R10 000

Opbe-

taalde

voordeel

R10 000

Opbe-

taalde

voordeel

R15 000

Opbe-

taalde

voordeel

R20 000

Opbe-

taalde

voordeel

R30 000

Opbe-

taalde

voordeel

Onderrigvoordeel

Na afsterwe van ’n werknemer sal sy/haar kinders ’n

enkelbedrag as onderrigvoordeel per kind ontvang, wat

aan die kinders se voog betaal sal word (dekking vir tot

vier kinders).

Nul

Nul

Nul

Nul

R10 000

per kind

R10 000

per kind

R10 000

per kind

R15 000

per kind

Hospitaal-kontantvoordeel

Indien ’n werknemer vir meer as twee dae gehospitaliseer

word, sal ons ’n bedrag uitbetaal vir elke dag wat hy/sy

in die hospitaal was, tot ’n maksimum van 180 dae per

kalenderjaar. Indien hospitalisasie die gevolg van ’n chro-

niese toestand is, sal ons tot ’n maksimum van 25 dae per

kalenderjaar uitbetaal.

Nul

Nul

Nul

R200

per dag

R250

per dag

R300

per dag

R350

per dag

R500

per dag

Lewensdekking

Indien ’n werknemer sterf, sal ons die bedrae soos getoon

per opsie aan sy/haar begunstigdes uitbetaal.

Nul

Nul

Nul

Nul

Nul

R15 000 R20 000 R25 000

Ongeskiktheidsdekking

Hierdie voordeel betaal ’n 100%-enkelbedrag aan jou

werknemer uit indien hy/sy nie in staat is om voort te

gaan met sy/haar werk, of die meeste van die take wat die

werk behels nie. Afhangende of jou werknemer matig of

ernstig gestrem is, sal ’n persentasiebetaling (van 25%,

50% of 100%) van toepassing wees.

Nul

Nul

Nul

Nul

Nul

R15 000 R20 000 R25 000

Effektetrust-spaarrekening

Die volgende bedrae sal in ’n effektetrust-spaarrekening

belê word as ’n vorm van aftreespaargeld, waaruit jou

werknemers voordeel sal trek (beleggingsgelde van

1,06% per jaar).

Nul

Nul

Nul

R75

R75

R85

R150

R220

TOIT WESSELS,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte: Graan SA