4
d
aar word na 2017 verwys as ‘n beter landboujaar, maar
‘n moeilike ekonomiese en politieke jaar. Landbou is
beter weens die reën wat geval het, maar graanprodu-
sente se uitdaging het van opbrengs na prys verskuif.
Sommer vroeg in die jaar het die skote geklap oor die
vraag of daar winsgewend teen uitvoerpariteit geboer kan word. Dit
bly ‘n droom. Só het die pendulum oornag van ‘n droogtejaar na ‘n
nat jaar geswaai. ‘n Normale jaar sal jy nie sommer in hierdie land
beleef nie.
Almal is dankbaar oor die reën en skitterende oeste wat op die
lande staan, maar die nuwe seisoen se pryse het ons soos ‘n dief
in die nag oorval. Dit is nie dat ons die besigheid nie ken of ver-
staan nie, maar dit sou darem aangenaam gewees het as ons vreug-
de oor die reën langer kon hou. Jannie du Toit het in een van sy
liedjies gesing: “
Gee en neem net wat daar is. Dankbaar eet van elke
skewe snytjie brood, wat liefde is
.”
Klimaat is seker die mees onvoorspelbare element van graanpro-
duksie – selfs die Amerikaanse president is meer voorspelbaar! Die
ou manne het ons geleer dat die produksietoestande in die weste die
oesgrootte bepaal. Die reënval in die ooste is en bly meer betrou-
baar, maar hulle produseer nie genoeg vir die land nie.
Die vraag is of ons hierdie uitdaging met navorsing en tegnologie
kan bemeester en of ons dit eerder in kombinasie met produksie-
verskuiwings na die Oos-Kaap en selfs KwaZulu-Natal moet doen?
Die eerste droogte- en hittebestande mielielyne het reeds met be-
hulp van die Departement van Wetenskap en Tegnologie die land
binnegekom. Hopelik sal die wetenskaplikes iets op die tafel hê voor
die volgende ernstige droogte.
Daar is ook dae wat my gedagtes terugdwaal na Egipte in die dae
van die tien plae. Net toe ons glo die droogte is oor, toe storm ‘n
weermag wurms ons. Hierdie tipe rampe is hard op die land se
dienslewering – só word bepaal of jy gereed is om krisisse te han-
teer. Ek vertrou dat teen die tyd wat jy hierdie lees, ons kundiges
reeds die pes geïdentifiseer het en die nodige chemiese middels
geregistreer is om dit te bestry.
Aan die mielieprodusente wat die nuwe jaar erg omgekrap betree
het weens die persepsie rakende die oesgrootte waarvoor ek ver-
antwoordelik was, bied ek graag verskoning aan. Na al die jare se
interaksie met die media, bly dit steeds riskant om jou professio-
nele opinie só te bewoord dat dit nie skeef aan die ander kant uit-
kom nie.
Graan SA, as organisasie, kan egter min doen aan die oesgrootte.
Dit is ons taak om die mark met die beste inligting tot ons beskik-
king te bedien en die uiteindelike besluite aan die markdeelnemers
oor te laat.
Plesier is van
korte duur
JANNIE DE VILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
“
Dit is ons taak om
die mark met die
beste inligting
tot ons beskikking
te bedien en die
uiteindelike besluite
aan die mark-
deelnemers oor
te laat.
“
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
Maart 2017