1
March 2017
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Suria Bekker, Frehan Bester, Pietman Botha, Awie Coetzee, Kim Coetzee, Petrus Delport, Jannie de Villiers, Pieter de Wet, Annemie Erasmus, Jonathan Etherington,
Driekie Fourie, Phillip Fourie, Alzena Gomes, Elmarie Helberg, Elbé Hugo, Willem Kilian, Koos Kirsten, Dirk Kotzé, Louise Kunz, Sandra Lamprecht, Thea Liebenberg,
Robbie Lindeque, Corné Louw, Dean Miller, Charné Myburgh, André Nel, Jolanda Nortjé, Leonard Oberholzer, Willem Otto, Owen Rhode, Ruth Schultz, Gerrie Smit,
Hendrik Smith, Sonia Steenkamp, Robert Steynberg, Johann Strauss, Liana Stroebel, Dirk Strydom, Yared Tewoldemedhin, Lodewyk van der Merwe, Luan van der Walt,
Peet van der Walt, Johnnie van den Berg en Lientjie Visser
f
acebook
kan verslawend wees. Veral vir iemand soos ek
wat nou maar eenmaal en van nature nuuskierig is. Dit
is mos soos ‘n ui wat ‘n mens afskil: Jy kyk na iemand se
foto’s op
, dan sien jy iemand daarop van wie
jy jare laas gehoor het. Jy loer dan gou op die persoon
se blad en wonder wat van haar suster geword het en wil
net gou kyk waar sy deesdae in die wêreld is...en so gaan dit aan. As
jy sien, is ‘n uur verby.
Só kom ek nou die dag op foto’s van die plaasskool Kleinbroek, naby
Bothaville, af. My ou laerskool. Op die foto’s kon ek sien hulle dra nie
meer rooi skoolrokke soos óns destyds nie; daar is aan die geboue
verbreek en verbou; die ou plaashek is vervang met ‘n netjiese ge-
boude ingang en die skoolhoof se huis (wat jare leeggestaan het), is
nou in ‘n kleuterskool omskep. Die saalstoele is egter nog dieselfde
stoele waarop ons gesit het en hulle het foto’s van die ou dennebome
waaronder ons menige pouse gespeel het, geplaas. Dié gaan uitge-
haal word, omdat dit ‘n veiligheidsrisiko geword het.
Hier en daar het ek kinders van kinders wat saam met my op skool
was, gesien. Ek het met heimwee en nostalgie teruggedink aan die
heerlike tye wat ons daar gehad het. As ek weer by my ma op die
plaas gaan kuier, gaan ek beslis my eie “reis na gister” hê en by
die plaasskool gaan inloer. Van heimwee en nostalgie gepraat: Dan-
kie vir al die pragtige, nostalgiese foto’s wat ons amateurfotograwe
hierdie jaar vir die Graan SA/Sasol-fotokompetisie instuur. Lees ge-
rus ook die brief van oom Marthinus Bartlett van Vrede (bladsy 106)
wat hy saam met sy foto van ‘n roomafskeier gestuur het.
Fokus op saad
Saad as produksie-inset is nie noodwendig produsente se duurste
inset nie, maar dit kan heel moontlik die belangrikste inset wees.
Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging
van die gewas en ‘n goeie oes. Die keuse van kultivar is daarom
krities om produksierisiko tot ‘n minimum te beperk. Ons het met
kundiges in die bedryf hieroor gesels om ons lesers ten beste te
kan inlig. Lees meer oor bewaringslandbou wat ‘n hoër mieliestand
vereis (bladsy 28); gesonde grond, vol lewe, vir volhoubare gewas-
produksie (bladsy 42); saadgedraagde aalwurms (bladsy 49) en
koring- en garssaadpryse vir 2017 (bladsy 53).
Ons het ook by ‘n paar produsente aangeklop om uit te vind of
hulle deesdae neig om terug te beweeg na die konvensionele, ou
staatmakers en of hulle steeds nuwe hoëtegnologiekultivars verkies
– en wat die rede daarvoor sou wees. Meer op bladsy 22. Daar is
ook heelwat vrae oor die beskikbaarheid van saad – spesifiek van
sekere gewilde kultivars. Die redaksie het die saadmaatskappye
hieroor gepols en in die artikel op bladsy 38 verskaf die maatskappye
meer inligting oor hul saadvermeerderingsbeleid.
Moet ook nie die los invoegsel oor die LNR-Kleingraaninstituut se
kultivarevaluasie-uitslae (wat saam met die uitgawe gepos word)
misloop nie.
Lekker lees tot volgende keer!
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
O
nkruide is een van die suksesvolste plant-
spesies in terme van saadvermeerdering en
-verspreiding. In die artikel
Onkruidsaad – ‘n
suksesstorie
(
bladsy 16
) verduidelik
ELBÉ HUGO
(LNR-Instituut vir Graangewasse) watter groot
impak saadproduksie op die verspreiding en
infestasie van sekere onkruidspesies kan hê.
“Kieming van onkruidsaad is een van die groot-
ste bedreigings vir goeie opbrengsverliese van
gewasse en daarom is dit essensieel om onkruide
tydig te beheer voordat dit kan blom en saad
stort,” het sy gesê.
G
rain SA initiated a con-
servation agriculture (CA)
research project in the Vrede
area with producer collaboration
from the Ascent Study Group.
The producers decided that
demonstrative trials would suit
them best. Strip trials were thus
planted by a few producers who
used different tillage practices
on their various farms. The focus was on maize,
but soybeans were also planted. On
page 96
ROBERT STEYNBERG
(VKB) and
HENDRIK SMITH
(Grain SA) tell us more about the CA research in
the north eastern Free State.
W
ith a shared passion for rural development,
Grain SA and Ms Leona Archary, acting
director-general of the Department of Rural Devel-
opment and Land Reform (DRDLR), are definitely a
winning combination. She spoke to
LOUISE KUNZ
(
SA Graan/Grain
contributor) about the critical role
the DRDLR has to play in resolving the triple chal-
lenge of the economic cluster South Africa faces:
Poverty, unemployment and inequality. More on
page 100
.
Ontmoet ons
medewerkers...
L
IENTJIE VISSER is op Hopetown
gebore en het op ‘n skaap-
plaas in die Strydenburg-distrik
grootgeword. Na skool het sy
by Kovsies ingeskryf vir ‘n BSc Agric-
graad (Plantkunde en Plantpatologie). In
1989 is sy getroud met Mike en het sy
‘n vinnige draai in die onderwys ge-
maak. Hulle het daarna na Bethlehem verhuis, waar sy as
plant-patoloog by die destydse Kleingraansentrum aangestel
is. Sy het in 1994 by die Grondontledingslaboratorium begin
werk. Oor die jare was sy betrokke by verskillende navorsings-
projekte oor wisselbou en mikrobe-aktiwiteit.
“Ek was bevoorreg om verder te kon studeer en het in 2014 ‘n
MSc-graad in Grondkunde behaal. Tans is ek verantwoordelik
vir die bestuur van die Grondontledingslaboratorium, sowel
as navorsing oor die bevordering van grondgesondheid,” het
sy gesê. Lientjie en Mike het twee dogters en is baie lief vir
kamp en tuinmaak.
Lees gerus die artikel
Nuwe, innoverende bewaringslandbou-
praktyke op Reitz ondersoek
(op
bladsy 92
) wat sy saam met
drie mede-outeurs geskryf het.
– Red.