

Discovery 2017 is intelligent
d
ink daaroor: Jy kom by jou voertuig aan met ‘n trollie
of twee vol inkopies, wat jy nou wil inlaai, maar eers
moet die agterste sitplekke afgeslaan word sodat jy
plek kan maak vir daardie pasgekoopte visstok.
Nou kom die dilemma: Jy het juis verlede week jou hand
langs die viswaters oopgesny toe jy die aas wou aansit. Die hand is
nou verbind en jy het eenvoudig net nie die vermoë om die 60 kg-
sitplek op te lig nie. Hier kom die oplossing: Die nuwe Land Rover
Discovery wat in Julie vanjaar geloods word, is vol slim funksies om
die lewe vir jou aansienlik makliker te maak.
‘n Wonderlike innovasie, wat vir die eerste keer ter wêreld in ‘n
voertuig beskikbaar sal wees, is ‘n afstandbeheerde sitplekuitleg
vir die nuwe Discovery. Die bestuurder kan sy of haar slimfoon, die
raakskerm van die inligting-en-vermaakstelsel op die konsolebord,
óf knoppies binne die agterklap gebruik om die sitplekke maklik te
skuif en selfs te laat opvou. Dit beteken geen gesukkel om sitplekke
op te vou of te skuif nie. Veral dames of bejaardes wat nie altyd die
nodige fisieke krag het om hierdie funksie aan te pak nie, sal by
hierdie innovasie baat vind.
In 1989 het Land Rover die luukse 4x4 sportiewe nutsvoertuig
(SNV)-marksegment met ‘n nuwe Land Rover-model betree. Dit was
die Discovery – wat toe ook twee jaar later suksesvol in Suid-Afrika
geloods is.
Sedertdien was daar al verskeie generasies en die jongste weer-
gawe van die Discovery, wat as die Discovery 5 bekend sal staan,
sal in Julie vanjaar in Suid-Afrika bekendgestel word.
Daar sal vir eers net vier spesifikasievlakke beskikbaar wees, naam-
lik ‘n S-, SE-, HSE-, HSE Luxury-model en vir ‘n kort rukkie totdat
dit opgekoop is, sal daar net 35 sogenaamde First Edition-modelle
ook te koop aangebied word.
Twee 3 liter-enjins sal beskikbaar wees, naamlik ‘n petrolenjin
met ‘n drukaanjaer en ‘n turbo-ondersteunde dieselenjin. Die petrol-
enjin gaan ‘n kraglewering van 250 kW en ‘n maksimum wringkrag
van 450 Nm bied, terwyl die dieselenjin op sy beurt 190 kW en ’n
allemintige 600 Nm-wringkrag sal lewer.
Lugvering, satellietnavigasie en LED-kopligte sal standaardtoerus-
ting op al die modelle, behalwe in die intreevlak “S”-model wees.
Van die ander tegnologie wat op die Discovery 5 HSE-modelle as
standaardtoerusting beskikbaar sal wees, is Land Rover se nuwe In
Control Touch Pro-inligting-en-vermaakstelsel.
Dit is ook die eerste Land Rover wat ‘n aktiwiteitesleutel (
activity
key
) kry; dit is ‘n waterdigte band wat jy om jou pols dra, wat jou
in staat stel om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem sonder
dat jy bang hoef te wees dat jy jou sleutel gaan verloor of beskadig.
Hierdie funksie is ook in die Jaguar F-Pace, ‘n stalmaat in die Jaguar
Land Rover-maatskappy, beskikbaar.
Die Discovery 5 het ‘n maksimum-sleepkapasiteit van 3 500 kg,
met ‘n verwyderbare trekstang, sleephulp en stabiliteitsbeheer as
standaardtoerusting vir die hele reeks. Daar is egter ook ‘n Advanced
Tow Assist wat van die SE-spesifikasievlak af en beter, as ‘n keuse
beskikbaar is. Hierdie stelsel stel die bestuurder in staat om die
rigting waarin die woonwa of sleepwa beweeg, te volg deur ‘n
knoppie van die Terrain Response 2-stelsel op die middelste konsole
te gebruik.
Die 35 First Edition Discovery 5-modelle kry nóg bykomende
kenmerke om hierdie model werklik spesiaal te maak. Onder die
kenmerke waarmee hierdie spesiale modelle toegerus sal wees,
is die aktiwiteitesleutel, Terrain Response 2, die In Control Touch
Pro-stelsel, kameras reg rondom die voertuig, asook ‘n elektriesbe-
heerde panoramiese sondak.
Hierdie modelle kry almal ook breë 22 duim-allooiwiele en deftige
leerbekleedsel. Voornemende eienaars van die First Edition-
modelle kan ook kies uit drie kleure: Namib-oranje, Farallon-swart en
silikon-silwer, wat net vir First Edition-modelle geoormerk is.
Alle modelle sal toegerus wees met Land Rover se In Control Protect,
wat padbystand met die druk van ‘n knoppie ontbied, asook ‘n
noodbystandsknoppie wat nooddienste in die geval van ‘n botsing
outomaties namens jou sal ontbied.
Die Discovery 5 sal ook net so prakties soos sy voorgangers
wees: Nie net kan die Discovery 5 deur water met ‘n diepte van tot
900 mm ry nie, maar dit kan ook steeds sewe mense vervoer en as
al die agtersitplekke platgevou is, bied dit ‘n enorme laairuimte van
2 500 liter.
Dit is ‘n uithaler-voertuig en om solank ‘n voorsmakie van die nuwe
Discovery te kry, het Land Rover in Suid-Afrika selfs op hulle web-
tuiste,
www.landrover.co.za ,‘n platform geskep waar nuuskieriges
en voornemende kopers na al die moontlike spesifikasies kan kyk
en so speel-speel hul eie Discovery denkbeeldig kan “ontwerp” en
selfs bestel.
Die 3.0 liter TD6 Diesel Outomaties S gaan R980 000 kos; die
SE-model (met dieselfde kragbron) R1 109 250; die HSE R1 223 000,
terwyl die HSE Luxury R1 314 000 en die First Edition-modelle (met
die dieselenjin) R1 440 000 sal kos.
GERRIE SMIT,
lid van die SA Motorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
111
March 2017
Die nuwe Land Rover Discovery wat vanaf
Julie in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.