

E
en van die groot geeste in agronomiese navorsing, dr André
Nel, het einde September verlede jaar na meer as 36 jaar
diens by die LNR afgetree.
Dr Nel het in 1980 by die Departement van Landbou se Instituut vir
Grond en Besproeiing (tans die LNR-Instituut vir Grond, Klimaat en
Water) as ‘n besproeiingsbeplanner begin werk.
Hy het egter gou oorgeskuif na navorsing en deelgeneem aan
projekte wat vir die Waternavorsingskommissie gedoen is oor die
waterbehoeftes van gewasse. In 1990 is dié navorser oorgeplaas
na die Departement van Landbou se Instituut vir Graangewasse
(tans die LNR-Instituut vir Graangewasse) waar hy betrokke geraak
het by akkerboukundige projekte met betrekking tot sonneblom
en die wisselbou van graangewasse. Sedert 2008 het hy hom ook
met bewaringslandbouprojekte – waarvan geenbewerking en wissel-
bou deel vorm – besig gehou.
Volgens hom was die werk wat met bewaringslandbouprojekte ge-
doen is een van die hoogtepunte van sy loopbaan.
“Van die resultate wat ons gekry het, het ‘n mens verstom, só posi-
tief was dit. Heelwat produsente het oorgeskakel na bewarings-
landbou en hul resultate en ondervinding kom ooreen met die
resultate van ons proewe. Dit is uiters bevredigend en laat ‘n mens
voel dat jy deel vorm van ‘n belangrike en sinvolle verandering in
graanproduksie,” het hy gesê.
Mnr Thinus Prinsloo, navorsingspanbestuurder van die Agronomie-
afdeling waarin dr Nel gewerk het, praat met groot lof van sy
voormalige kollega.
“André is ‘n uitstekende senior agronomiese navorser (hulle is so
skaars soos hoendertande in Suid-Afrika!) wat besonder hoog deur
die hele graan- en oliesadebedryf aangeskryf word. Ek weet nie van
een van sy navorsingsvoorstelle wat nie deur verskeie befondsers
goedgekeur is nie.
“Hy sal veral onthou word as ‘n kundige op die gebied van bewa-
ringslandbou en is met reëlmaat deur boereverenigings, univer-
siteite en instansies uitgenooi om lesings, hulp en beplanning
– en verwerking van resultate – te verskaf. Hy het ook gereeld
produsente in Namibië gaan toespreek en ondersteuning verleen
met bewaringslandbou. Buiten dit was hy ook seker die enigste
agronomiese spesialis op sonneblom in die land,” sluit Prinsloo af.
Steeds betrokke by bewaringslandbou
Al beskou hy homself as “semi-afgetree”, is dr Nel darem nie vir land-
bou verlore nie: Hy gaan by van Graan SA se bewaringslandbou-
projekte as navorser betrokke wees en produsente ondersteun met
die beplanning van proewe wat hulle uitvoer asook by die ontleding
van die resultate en die interpretasie daarvan.
“Ek wil ook nog verdere konsultasiewerk doen soos geleenthede
hulle voordoen,” het hy aan
SA Graan/Grain
gesê.
Sonneblomkenner tree af,
maar nie uit nie
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur:
SA Graan/Grain
André Nel
D
it is al in die 1930’s wetenskaplik bewys dat kieme en kankerselle
deur resonansiegolwe vernietig kan word en dit kan vir mens en
dier aangewend word.
Met die spesiale antenna-mat word die instrument byvoorbeeld op ’n
koei wat mastitis het se rug gedrapeer.Varkprodusente gebruik dit met
groot sukses in varkhokke om die mortaliteit van klein varkies dramaties
te verminder. Dit is uitstekend om perdesiektes te beheer.
’n Resonator met ’n ingeboude battery kos slegs R5 400. Hierdie instru-
ment betaal homself binne ’n paar maande.
Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting:
www.riferesonator.comen
www.rifehealth.co.zaof skakel Rife Health by 082 659 2547.
Dien daardie siektes
’n nekslag toe!
www.
infoworks
.biz
110
AKTUEEL