Background Image
Previous Page  56 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 84 Next Page
Page Background

Hoe vergelyk jóú chemiese pryse

met die algemene tendense?

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig

d

eurlopende monitering van insetpryse is krities om

seker te maak dat die regte prys vir die regte kwaliteit

betaal word. Plaaslike graan- en oliesadeprodusente

betaal reeds invoerpariteit vir die meeste van hul in-

sette, wat kompetisie met internasionale eweknieë ‘n

uitdaging maak.

In die Wes-Kaap maak landbouchemikalieë tussen 16% en 20% van

‘n koringprodusent se lopende produksiekosterekening uit, terwyl

dit in sekere dele van die somergewasproduserende dele onder 5%

uitmaak. Produksiepraktyke soos geenbewerking, asook die pro-

bleem van onkruiddoderweerstand in die Wes-Kaap, het veroorsaak

dat koste verbonde aan landbouchemikalieë uitermate styg.

Hoe groter die koste aan landbouchemikalieë, hoe belangriker is dit

dat produsente die regte prys vir hul chemikalieë betaal. Suid-Afrika

voer basies 100% van sy landbouchemiese behoeftes in, daarom

speel internasionale pryse en die wisselkoers ‘n bepalende rol in die

samestelling van plaaslike pryse. Nie net dít nie, maar hoe die finale

produk vanaf invoere tot by die eindverbruiker, die koringprodusent,

beweeg, speel ook ‘n bepalende rol.

In hierdie artikel word tendense in internasionale landbouchemiese

pryse uitgewys en ook met gemiddelde plaaslike landbouchemiese

pryse vergelyk.

Internasionale landbouchemiese pryse

Tabel 1

toon internasionale onkruiddoderpryse (in ‘n Chinese hawe)

per aktiewe bestanddeel oor ‘n jaartydperk. In die eerste gedeelte

van die tabel is die pryse in dollarterme, terwyl dieselfde pryse in die

tweede gedeelte in randwaarde aangedui word.

Hieruit kan afgelei word dat die prys van glifosaat skerp gestyg het,

terwyl die pryse van ander onkruiddoders tussen 6,8% en 9,2%

gedaal het. Omdat die wisselkoers byna met 8% versterk het, kan

gesien word dat onkruiddoders (glifosaat uitgesluit) in randterme

oor ‘n jaartydperk met meer as 10% gedaal het. Dieselfde tendens

word in die plaaslike mark verwag.

Tabel 2

toon internasionale insekdoderpryse per aktiewe bestand-

deel oor ‘n jaartydperk. In die eerste gedeelte van die tabel is die

pryse in dollarterme terwyl dieselfde pryse in die tweede gedeelte

in randwaarde aangedui word. As ons die tabel ontleed, is dit duide-

lik dat pryse van die meeste insekdoders in dollarterme gestyg het.

Dit is veral die prys van imidaklopried wat skerp toegeneem het.

Die versterking in die waarde van die rand het egter die styging in

die meeste van die onkruiddoders tot ‘n mate geneutraliseer. Dit is

duidelik sigbaar in die tweede gedeelte van die tabel.

Plaaslike versus internasionale tendense

Tabel 3

toon die jaar-op-jaartendense van

geselekteerde plaaslike landbouchemika-

lieë. Dit is belangrik om daarop te let dat

dit gemiddelde pryse van ‘n mandjie van

produkte van ‘n spesifieke aktiewe bestand-

deel bevat, byvoorbeeld ‘n gemiddeld van al

die glifosaat 480 g/liter-produkte beskikbaar

in die mark.

Grafiek 1

toon die internasionale en plaas-

like prysindekse van glifosaat. Uit die grafiek

kan ons aflei dat die plaaslike prysindeks

heelwat platter is as dié van internasionale

glifosaatpryse. Met hierdie tipe inligting

probeer ons om die chemiese mark meer

deursigtig vir Graan SA-lede te maak. Dit sal

interessant wees om van ons lede te hoor

wat hulle tans vir landbouchemiese middels

betaal vergeleke met verlede jaar dieselfde

tyd – gegewe die bostaande tendense. Stuur

gerus ‘n e-pos na

corne@grainsa.co.za.

Ons

hoor graag van jou.

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Internasionale en plaaslike prysindekse van glifosaat.

Junie 2017

54