Background Image
Previous Page  55 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 84 Next Page
Page Background

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Die seisoenale indekswaardes vir sonneblomsaad word in Grafiek 2

getoon. Dit is duidelik dat dieselfde tendens in die sonneblomsaad-

mark voorkom. Die pryse het ook sikliese bewegings en dit is duide-

lik dat die persaktiwiteit oor die algemeen hoër is gedurende die

tydperke wanneer die plaaslike pryse ondergemiddeld en laer as die

afgeleide pryse verhandel.

Uit Grafiek 2 is dit duidelik dat die plaaslike sonneblompryse tussen

Maart en Augustus neig om laer as die gemiddeld te wees. Dit is

ook die tydperk wanneer die algemene persaktiwiteite ‘n opwaartse

tendens toon en bogemiddelde perssyfers word oor die algemeen

tydens hierdie tydperk gesien.

Met die plaaslike pryse wat weer vanaf September ondersteuning

vind, begin die persaktiwiteite weer afneem met die plaaslike pryse

wat bo die jaarlikse gemiddeld en afgeleide pryse begin verhandel.

Ten slotte

Oordeelkundige markanalises is essensieel wanneer dit kom by die

neem van bemarkingsbesluite. Dit is egter noodsaaklik om deeglik

vertroud te wees met die faktore wat ‘n bepalende rol in die prys-

vorming van die produk wat geproduseer word, speel en te verstaan

hoe dit inmekaarsteek.

Die gebruik van seisoenale indekse kan vir die produsent ‘n goeie

aanduiding gee van hoe die mark oor tyd reageer en hoe die ten-

dense ondersteuning kan verleen met die moontlike neem van be-

markingsbesluite.

Dit is egter belangrik om in ag te neem dat die indekswaardes in

Grafiek 1 en Grafiek 2 bereken is oor die tydperk vanaf Januarie 2010

tot en met Februarie 2017. Dit weerspieël nie noodwendig die situ-

asie in ‘n spesifieke jaar nie, maar wel die gemiddeldes oor hierdie

tydperk.

Die vraag en aanbod bly steeds die hoofbepaler van pryse en al die

huidige inligting moet in perspektief gesien word wanneer bemar-

kingsbesluite geneem word. Faktore soos finansiële bestuur, kon-

tantvloei asook stoor- en rentekostes, moet in ag geneem word

wanneer bemarkingsbesluite geneem word.

53

June 2017

Grafiek 1: Seisoenale indekswaardes van sojaboonpryse, afgeleide sojaboonprys en pers-

aktiwiteite vanaf Januarie 2010 tot Februarie 2017.

Grafiek 2: Seisoenale indekswaardes van sonneblompryse, afgeleide sonneblomprys en pers-

aktiwiteite vanaf Januarie 2010 tot Februarie 2017.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Andrew Jonker 2015