1
June 2016
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Pietman Botha, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Driekie Fourie, Heilet Grobler, Elmarie Helberg, Koos Kirsten, Louise Kunz, Corné Louw, Goddy Prinsloo, John Purchase,
Hanno Seegers, Theresa Siebert, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Piet Snyman, Sonia Steenkamp, Dirk Strydom, Adri Theron, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Johan van Biljon,
Christo van der Rheede en Boet Wienand
d
ie wintermaande is mos kerkbasaartyd. Ek onthou ons
kerkbasaars van kleintyd nog so goed. Vooraf word daar
vleis bewerk en die boere in die gemeente en hulle vrouens
kom help almal wors en sosaties maak – en tussendeur
word daar wors gebraai om darem net te proe of die resep
reg is. (Die dag van die basaar staan die dorpsmense be-
hoorlik met hul hande op die pakkies vleis en as dominee die basaar
klaar met gebed geopen het, word daar dadelik besigheid gedoen!)
Tafels is binne reg rondom die kerksaal gepak met kleiner, ronde tafels
in die middel waar die basaargangers kon sit en kuier. Elke wyk het ‘n
spesifieke tafel by die basaar gehad. Daar was ‘n koektafel en ‘n tafel
met gebreide en gehekelde werk – popklere en oorgetrekte hangers. Die
ry by die pannekoektafel was altyd die langste – waar die tannies (en
selfs ‘n paar ooms!) geduldig die een na die ander pannekoek in panne
op blou gasbottels bak. Braaivleisetes en pap en kaiings is ook te koop
aangebied. En wat is ‘n basaar sonder ‘n poedingtafel? Ek proe nou nog
daardie pienk koejawelpoeding, jellie, vla en Italiaanse roompoeding...
Buitekant was daar skyfskiet vir die kinders en een jaar was daar so-
waar ‘n tombolatafel by die basaar. Dit was vir my die hoogtepunt van
al die basaars waar ek nog was. Ons kinders het daardie dag al ons geld
by die tombolatafel uitgegee.
In die stad word nie “propperse” kleintydse basaars gehou nie. My
kinders ken dit glad nie. Hulle ken wel NAMPO...en vertel vir almal by die
skool van NAMPO. Die Laevelders het natuurlik nie ‘n idee waarvan my
twee praat nie...hulle weet egter nou na dese dat daar vreeslike groot
trekkers en beeste by NAMPO is. En skape. Én perde. Én roomys.
Graan SA se NAMPO Oesdag bly nou maar eenmaal ‘n belewenis – of
jy nou ‘n kind of ‘n volwassene is. Die pas afgelope Oesdag was nie
anders nie. Iemand het eens gesê: Jy sien nie dikbekgesigte op NAMPO
nie. En dit is so. Daar heers ‘n opgewonde, gesellige atmosfeer. Ek het
my weer verkyk aan die mense (oud en jonk) wat rustig in die skadu van
die bome op NAMPO Park sit en gesels – hulle voete ‘n ruskans gee, of
sommer net vinnig sit en ietsie eet voor hulle verder stap.
Ja, ja, NAMPO is ‘n besigheidsgeleentheid en produsente kan ver-
skeie toerusting en insetmiddele op een terrein met mekaar verge-
lyk, maar ‘n mens kan nie verby die sosiale kant van NAMPO kyk nie.
Soos wat Cobus van Coller (voorsitter van die NAMPO Oesdag) in ‘n
onderhoud vooraf gesê het: “Dit is veral in hierdie droogtejaar vir pro-
dusente noodsaaklik om NAMPO Oesdag te besoek. Sodoende sal
hulle op hoogte bly van die nuutste tegnologie, dienste en produkte.
Dit is noodsaaklik dat produsente met mekaar gesels en inligting
uitruil tydens ‘n moeilike jaar. Die Oesdag is die platform waar jy met
medeprodusente kan kommunikeer en mekaar kan ondersteun in ‘n
uitdagende seisoen soos vanjaar.”
En ek dink dit is wat mense gedoen het. Hulle het ontvlug NAMPO
Park toe. Die rekord bywoningsgetal van die afgelope jaar bevestig dit.
Gaan loer gerus na ons NAMPO-terugblik op bladsye 8 tot 21. Moet
ook nie die Julie- en Augustus-uitgawes van
SA Graan/Grain
mis waarin
daar nog foto’s hieroor gepubliseer sal word nie.
Goed gaan tot volgende keer!
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
I
n die Wes-Kaap maak landbouchemikalieë
tussen 16% en 20% van ‘n koringprodusent
se lopende produksiekoste uit. Produksieprak-
tyke soos geenbewerking en die probleem van
onkruiddoderweerstand in die Wes-Kaap het
veroorsaak dat kostes verbonde aan landbouche-
mikalieë uitermate gestyg het. Hoe hoër die koste
hieraan verbonde, hoe belangriker is dit dat pro-
dusente die regte prys vir hul landbouchemikalieë
betaal. Lees op
bladsy 34
waarom
CORNÉ LOUW
(Graan SA) sê jy moet seker maak jou landbouche-
miese verteenwoordiger voeg waarde toe.
D
ie rampdroogte van die afgelope somersei-
soen sal waarskynlik daartoe lei dat ‘n groter
persentasie graanprodusente as normaalweg gaan
sukkel om hul finansiële verpligtinge aan die einde
van die produksieseisoen na te kom. Die vraag
ontstaan dus of sodanige produsente gaan kwali-
fiseer vir verdere toegang tot produksiekrediet
en teen watter terme. Heelwat onsekerheid en
kommer hieroor heers tans by hierdie graanpro-
dusente.
JOHN PURCHASE
(Agbiz) werp lig op dié
onderwerp op
bladsy 58
.
L
OUISE KUNZ
(
SA Graan/Grain
contributor)
attended the precision farming congress at the
North-West University’s Potchefstroom campus on
22 April 2016. The aim of this congress was to
bring together producers, agricultural companies,
agricultural service providers and academics to
discuss the role of precision farming. During the
congress experts focused on what precision farm-
ing entails, as well as products and services that
are available in the market. Read more about the
congress on
page 52
.
A
s daar gepraat word van waardetoevoeging in
die graanbedryf, is die eerste gedagte wat by
‘n mens opkom ‘n meule. Dit is egter nie noodwen-
dig die beste opsie vir produsente nie. Het jy al
daaraan gedink dat jy waarde binne jouself kan
toevoeg?
PIETMAN BOTHA
(
SA Graan/Grain
-
medewerker) verduidelik op
bladsy 23
wat hy
daarmee bedoel. “Hoe gereeld meet en verander jy
jou eie langtermyn- en korttermyndoelwitte? Jy as
bestuurder is die grootste bate van jou besigheid:
Jy moet die pas en rigting aangee, maar daar word
nie tyd gemaak om jou kennisvlakke uit te brei en
doelwitte aan te pas nie.”
Ontmoet ons
medewerkers...
d
riekie Fourie is gebore en
getoë op Hartswater en het
haar voorgraadse studies,
sowel as Honneurs- en MSc-
kwalifikasies, aan die NWU behaal. Sy
begin haar loopbaan in Nematologie
in 1991 as navorsingstegnikus by
die Nematologie-afdeling van die
destydse Instituut vir Graangewasse van die Departement
van Landbou (nou die LNR-IGG). Hier is haar basis ten opsigte
van nematologienavorsing gelê. Sy verwerf haar PhD-
kwalifikasie aan die Universiteit van Leuven, België. As
nematoloog fokus Driekie en haar span (eers by die LNR-IGG
en nou by die NWU) op beheerstrategieë om aalwurmpeste
wat voedselgewasse aanval en erge oesverliese veroorsaak,
te beheer. Sy is getroud met Anker Fourie en hulle het twee
kinders: Jadri en JD junior. Driekie is ‘n buitelugmens en hou
van draf, stap en fietsry. Sy brei op
bladsy 44
uit oor aal-
wurmpeste.