ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA
POSBUS 74087, LYNNWOOD RIDGE, 0040
Tel: 086 004 7246
www.grainsa.co.zaSUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING
(ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
SA GRAAN/GRAIN,
POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
Tel: 086 004 7246
E-pos:
marina@grainsa.co.zaREDAKSIE
Dr Dirk Strydom
BESTUURDER: GRAANEKONOMIE EN BEMARKING
Tel: 086 004 7246 • Sel: 082 852 4810
E-pos:
dirks@grainsa.co.zaBESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
johan@infoworks.bizREDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 081 236 0534 • Sel: 083 490 9449
E-pos:
estiedv@mweb.co.zaREDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
elmien@infoworks.bizGRAFIESE ONTWERP:
Nadine Stork
Infoworks Media Publishing
Tel: 018 468 2716 • E-pos
:
nadine@infoworks.bizDRUKWERK:
Typo Print
Tel: 011 402 3468/9
MASSAVERSPREIDING:
Prosource
Tel: 011 791 0410
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE MEDIA – Kaapstad
Jurgen van Onselen – Advertensiekoördineerder
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874
E-pos:
jurgen@kolbemedia.co.zaINFOWORKS MEDIA PUBLISHING – Johannesburg
Ruth Schultz – Advertensiekonsultant
Tel: 081 480 6413 • Sel: 072 855 2450
E-pos:
ruth@infoworks.bizGRAAN SA HOOFKANTOOR
Blok C, Alenti Office Park
Witheritestraat 457
Die Wilgers
Pretoria
0041
Tel: 086 004 7246
Faks: 012 807 3166
Besoek Graan SA by
www.grainsa.co.zaof skandeer dié
QR-kode:
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad
is hul eie en verteenwoordig nie noodwendig die mening
van Graan SA nie.
•
The opinions expressed by contributors are their own.
They do not necessarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-
inligting”-artikels feite kan bevat oor kommersiële produkte.
•
´Advertorials´ are paid articles; while ´product informa-
tion´ articles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, teke-
ninge, advertensies en alle ander materiaal wat in hierdie
tydskrif gepubliseer word, word hiermee uitdruklik voorbe-
hou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet
op Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
76 Prysrisikobestuur in ‘n neutedop:
Deel 1: Markstrukture en inligtingsbronne
80
‘n Ketting met ‘n swak skakel is ‘n stukkende ketting
– belangrikste faktore wat die opbrengs van koring beïnvloed
84
Die infeksieproses van Fusarium aarskroei
86
Spanbenadering van landboukundige en produsent essensieel vir sukses
88
Kry só jou nuwe geweer gereed
AKTUEEL
/
RELEVANT
92
Sasol Agricultural
Trust to benefit agricultural industries at large
96
Landbouer, maar ook skepper en rymelaar
99 Graan SA/Sasol fotokompetisie:
Hoe groter, hoe beter
100
Produsente verwonder hul aan blinknuwe stroper en trekker
101
Maak seker watter kultivars vir jou boerdery geskik is
RUBRIEKE
/
FEATURES
4
Graan SA Standpunt:
Hou vas aan die waarhede
5
Grain SA Point of View:
Hold on to the truths
7
Uit die Woord
7
From the sideline
102 Wiele vir die plaas:
Hino 500 4x4 ook nou vir sandpaaie
104 E-posse:
Om afskeid te neem
175 JAAR VAN INNOVASIE. STERKER AS OOIT.
Elke innovasie wat Case IH deur die jare voortge-
bring het, is gebore uit ‘n enkele visie – om land-
bou elke dag beter te maak. Ons innovasie is uit
die veld gebore, vanuit die praktiese behoeftes
van produsente regoor die wêreld. Dit is hoekom
ons toerusting ontwerp is om meer doeltreffend,
meer akkuraat en meer effektief te wees. Ons
verskuif grense, dink en oordink produktiwiteit.
Dit is wat ons maak wie ons vandag is.
3
Voorblad
/
Cover
Julie 2017
76
B
emarking en prysrisikobestuur speel ‘n uiters belangrike rol
in die winsgewendheid van produsente. Beter produksie-
praktyke en tegnologiese vooruitgang het plaaslike produ-
sente oor die afgelope paar jaar heelwat meer effektief
beginmaak enprodusente toon effektieweproduksie.
Die effektiewe bemarking van grane word egter dikwels tot ‘n
grootmate agterweë gelaat en dit kan aan verskeie faktore toege-
skryf word, wat somtyds die gebrek aan selfvertroue en/of die
tekort aan basiese kennis van die werking van afgeleide instru-
mente insluit.
Daar is besluit om ‘n reeks artikels oor prysrisikobesuur en bemar-
kingsmoontlikhede in
SA Graan/Grain
te publiseer. Die reeks sal
uit ses artikels bestaan en sal verskeie faktoremet betrekking tot
prysrisikobestuur enbemarkingsmoontlikhede aanspreek:
Deel 1:Markstrukture en inligtingsbronne – Julie 2017
Deel 2:Risiko’som teoorweeg –Augustus 2017
Deel 3:Bemarkingsmoontlikhede –September 2017
Deel 4:Diegebruik vanSafex-termynkontrakte –Oktober 2017
Deel 5:Diegebruik vanSafex-opsiekontrakte –November 2017
Deel 6:Diversifikasie –Desember 2017
Diemarkstrukture
Suid-Afrika het voor die deregulering van die bemarkingsrade in
1997 ‘n gereguleerdemarkstruktuur gehad. Ditwas die sogenaam-
de enkelkanaalbemarkingstelsel, waar die pryse wat produsente
vir die geproduseerde produk ontvang het, vasgestel is deur die
betrokke kommoditeit sebemarkingsraad.
Hierdie raad het dus die “bemarking” van die grane namens die
produsente behartig en die produsente het deur die loop van die
seisoen ‘n vasgesteldeprys virdieprodukontvang.
Diebemarkingswet isegter in1997hersienendiemark isgederegu-
leer,wat beteken het dat dit oorbeweeg het na ‘n vryemarkstelsel,
waar elke rolspeler in die waardeketting self verantwoordelikheid
moes aanvaar vir die bemarking van die geproduseerde produk.
Groot veranderinge het in diemark plaasgevind en nuwe stelsels
is in plek gestel om vryemarkhandel te vergemaklik en beter te
laat funksioneer.
In werklikheid het die helemark ‘n strukturele verandering onder-
gaan en daarom is dit belangrik vir produsente om die huidige
markstruktuur te verstaan.
Rolspelers in diemark
Een van die ekonomiese kenmerke van ‘n vrymarkstelsel is dat
daar ‘n groot aantal kopers en verkopers in diemark is en die pryse
van die onderliggende produkte deur die markkragte, naamlik
vraag en aanbod,bepaalword.
Dit wil sê dat alhoewel daar verskeie rolspelers in diemark is wat
elk in sy eie reg ‘n belang by en in die werking van diemark het,
geen van hierdie rolspelers die mark kan beïnvloed nie. Dit is as
gevolg vandiegrootte en aantaldeelnemers indiemark.
Hierdie rolspelers is belanghebbendes in die mark wat deur die
hele waardeketting van die produk strek – van die primêre pro-
dusent wat die rouproduk produseer tot en met die verbruiker
wat die produkte wat uit die rouproduk vervaardig is op die ou
einde verbruik.
Die rolspelers in die mark sluit in primêre produsente wat die fi-
siese kommoditeitproduseer.
Handelaars enmakelaars, watmeestal dien asmiddelman tussen
die kopers en verkopers, is in diemeeste gevalle ook verantwoor-
delik vir die verskansing van grane. Opbergers sluit die kommer-
siële silo-eienaarswatdiegrane virdie kliënt stoor, in.
Die kliënt kan enige party in die waardeketting wees en hy betaal
‘n stoorfooi aan die opberger. Meulenaars en veevoervervaardi-
gers verwerkdie rou kommoditeitena anderprodukte (meel en vee-
voere) voorditweernadie relevantebestemmings verspreiword.
Prysvormingstrukture
Daar is verskeie faktore wat die plaaslike pryse van grane beïn-
vloed. Hierdie pryse sluit nie net die plaaslike markomstandig-
hede innie,maarookdie internasionale kommoditeitspryse en selfs
diewisselkoers.
Die internasionalemark speel daarom ook ‘n groot rol in die plaas-
like prysbepaling. Een van die groot redes daarvoor is die feit dat
die plaaslike pryse oor die algemeen tussen ‘n in- en uitvoerpa-
riteitsprys verhandel, afhangende van die plaaslike markomstan-
dighede en aanbod.
Pariteitspryse is konsepte wat gebruik word wanneer interna-
sionale vergelykende pryse geanaliseer word. In kort beteken
dit dat ‘n invoerpariteitsprys min of meer die prys sal wees wat
vir die produk betaal word wanneer dit ingevoer word, terwyl die
uitvoerpariteitsprys verwys na die prys wat ontvang sal word vir
dieprodukwanneerdituitgevoerword.
Hierdie prys sluit die verskeie kostes verbonde aan die aankoop/
verkoop van die produk in, wat strek vanaf die aankoop-/verkoop-
prys van die produk tot enmet die vervoer, hanterings-, finansie-
rings- en versekeringskostesomdieprodukop ‘n sekereplek te kry.
77
July 2017
OP PLAASVLAK
Bemarking
Die plaaslike kommoditeitspryse verhandel grootliks tussen die
in- en uitvoerpariteitspryse – afhangende van die huidige situasie
in diemark.Gedurende tyewanneer daar tekorte in die land is, sal
die pryse nader aan die invoerpariteitsprys verhandel, terwyl
dit weer nader aan die uitvoerpariteitsprys sal verhandel in tye
wanneer ‘noorskot vandiegraanplaaslikbeskikbaar is.
Die oliesademark het egter ‘n derde komponent wat grootliks
deel vorm van die prysstrukture. Hierdie komponent word die
afgeleide prys genoem. Die afgeleide prys verwys na wat dit sal
kos om die produkte wat van die verwerking van oliesade verkry
word (met anderwoordedieolie endieoliekoek) apart in te voer.
Hierdie prys word grootliks bepaal deur die
internasionale
kommoditeitspryse, die olie- en oliekoekprys internasionaal en
diewisselkoers.
Markinligtingsbronne
Daar is verskeie inligtingsbronne wat deur die verskeiemarkdeel-
nemers gebruikwordomdiemarkte teontleed,waardeur vasgestel
kanwordwatdiemoontlike risiko’s indiemark is.
Hierdie inligtingsbronne sluit verslae vanuit verskeie oorde in:
Amptelike regeringsverslae, verslae van produsente-organisasies
en nie-winsgedrewe instansies, internasionale agentskappe, asook
markontledings deur plaaslikemakelaars. Die verslae wordmaan-
deliks, weekliks en daagliks vrygestel en die gerapporteerde in-
ligting word gebruik om menings oor toekomstige prysrigting
teontwikkel.
Dit is egter vir markdeelnemers noodsaaklik om alle moontlike
inligting te verkry en te ontleed ten einde die besmoontlike bemar-
kingsbesluit te neem. Hierdie inligting sluit beide die internasio-
nale en plaaslike inligting in en sommige van die inligtingsbronne
engebruikedaarvanword vervolgensbespreek.
Internasionale inligting
Die internasionale inligting wat oorweeg word, sluit daaglikse,
weeklikse en maandelikse inligting in. Die daaglikse inligting is
hoofsaaklik die internasionale prysbewegings en hoe die pryse die
vorige dag in die internasionale mark verhandel het (hoofsaaklik
Amerikaansepryse).
Dit kan ‘n goeie aanduiding bied van wat moontlik die betrokke
dagmet plaaslike pryse kan gebeur, alhoewel dit in gedagte gehou
moet word dat die plaaslike pryse nie die internasionale pryse
slaafs navolg nie en dat verskeie ander faktore ook bydra tot die
prysbewegings indieplaaslikemark.
Die weeklikse verslae sluit hoofsaaklik die Amerikaanse Departe-
ment van Landbou se produksievorderingsverslae in. Hierdie ver-
slae toon op ‘nweeklikse basis deur die loop van die seisoen (van
planttyd tot enmet strooptyd) die vordering van die Amerikaanse
produksie.
Dit sluit in die tempo waarteen die aanplantings plaasvind, pro-
duksietoestande uitgedruk as ‘n persentasie van swak tot uitste-
kend, asook die tempo waarteen die stroopproses plaasvind. Dit
gee bruikbare inligting deur,wat gebruik kanword om afleidings te
maak rakende die moontlike Amerikaanse aanbod vir die seisoen
(Amerika is die grootste produserende land van verskeie grane
enoliesade).
Die maandelikse verslag
is die wêreldvraag-en-aanbodverslag
wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou vrygestel
word. Dit is ‘n skatting van wat die verwagte wêreldproduksie en
-verbruik vir ‘n spesifieke seisoen is.
Hierdie verslag is ‘n goeie aanduiding van wat verwag kan word
wat die internasionale pryse oor die algemeen betref en ookwaar
geleenthede vir andermarktegedurende ‘n seisoen kanontstaan.
Ander algemene internasionale inligting om in ag te neem, is
algemene weerstoestande
in produserende
lande, asook die
ekonomiese en beleidsaspekte van dié lande wat ‘n impak op die
internasionalepryse kanhê.
Plaaslike inligting
Plaaslik is dit belangrik om vertroud teweesmet diemarksamestel-
ling en alhoewel dit in soms klink na algemene kennis, is dit vir
produsente tog belangrik om dit in perspektief te sien en jouself af
te vrawatdie inligtingwat jyhet,beteken.
Kennis oor produksieseisoene, asook die gewasse wat waar aan-
geplant word, is waardevolle inligting om in ag te neem wanneer
bemarkingsbesluite geneem word. Indien jy vertroud is met die
produksieseisoene in verskillende streke, asook met die gewasse
wat daar verbouword, kan produsente deur omstandighede in die
verskillende streke te bestudeer en dit in konteks te oorweeg, ‘n re-
delikegoeieoorsig kry vanwatmoontlikdie jaar verwag kanword.
Dit is ook belangrik dat produsente die land se algehele produk-
omstandighedemoet sien en nie net op sekere gedeeltes en/of eie
streke sal fokusnie.
Ander belangrike plaaslike verslae is die Nasionale Oesskattings-
komitee se skattings wat elkemaand gedurende die groeiseisoen
van die verskillende gewasse bekendgemaak word. Die komitee
het hulself al oor die jare bewys as geloofwaardig en akkuraat en
hul verslaebieduitstekende inligting.
Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens, beter bekend as SAGIS,
stel ook verskillende verslae opweeklikse enmaandelikse basisse
vry. Hierdie verslae sluit die weeklikse in- en uitvoersyfers van
mielies en koring, asook dieweekliksemielie- en koringprodusente-
lewerings in.
Maandelikse verslae sluit algemene vraag-en-aanbodsyfers van
grane en oliesade wat heelwat meer gedetailleerde inligting ra-
kende die aanbod, verwerkings en ander faktore soos in- en uit-
voere bevat, in. Hierdie inligting is van kardinale belang vir die
bedryf en die werking van die mark en bruikbare ontledings kan
hieruitgemaakword.
SAGIS publiseer ook produktesyfers virmielies, koring en oliesade
en hierdie syfers korreleer uitstekendmetmekaar –wat dui op die
akkuraatheid vandieSAGIS-inligting.
Ander verslaewat op ‘n daaglikse,weeklikse enmaandelikse basis
versprei word, is algemenemarkverslae van verskeie organisasies
soos Graan SA, verskeie landboumaatskappye en ander organisa-
sieswatbelange indiegraanmarkhet.
Hierdie verslae sluit meer fundamentele inligting van wat in die
markte plaasvind, in. Dit is belangrik dat produsente van hierdie
verslaegebruikmaakwanneerhullebemarkingsbesluiteneem.
Hierdie verslae sluit ook maandelikse vraag-en-aanbodprojeksies
in, wat uiters waardevolle inligting verskaf soos die verwagte
aanbod, verbruik, invoere en uitvoere (indien nodig), asook die
geskatte eindvoorraadvlakke van die verskillende gewasse vir die
betrokkebemarkingsjaar.
Ten slotte
Bemarkingsbesluite kan, as een van verskeie aspektewat belangrik
is vir goeie langtermyn-volhoubare produksie, beslis ook ‘n reg-
merkie ontvang. Goed-deurdagte bemarkingsbesluite begin by
die nodige kennis en ‘n vertroudheidmet diewerking van diemark
enmarkinstrumente.
Oor die duur van die volgende paar maande sal opeenvolgende
artikels die beginsels en toepassing van die instrumente wat be-
skikbaar is endieopsieswatoorweeg kanword, verduidelik.
Deel 2 (wat in dieAugustus-uitgawe verskyn) handel oor die risiko’s
watoorweegmoetword.
–Deel1
LUANVANDERWALT,
landbou-ekonoom,GraanSA
IN ‘N NEUTEDOP
Prysrisikobestuur
Reeks
BEMARKING
76