Background Image
Previous Page  41 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 44 Next Page
Page Background

Hyundai se taai Tucson-reeks

d

ie Hyundai Tucson is een van die gewildste nutsvoer-

tuie in Suid-Afrika. Sedert dit in 2005 in Suid-Afrika

geloods is, het dit ‘n naam vir betroubaarheid opge-

bou – veral omdat dit tipies nutsvoertuig, padvas op

‘n grondpad kan sit. Oor die jare is daar selfs ‘n paar

vierwielaangedrewe modelle toegevoeg, wat sorg

vir diegene wat ook rowwe en gladde paaie met hul nutsvoertuie

wil aandurf.

Alhoewel die Hyundai Tucson tussen 2006 en 2009 as die ix-35

bekend gestaan het, het die nuwe benaming nie sy verkoopsyfers

aangetas nie.

Daar is altesaam 22 716 Tucsons tussen 2005 en 2009 verkoop,

terwyl 33 692 ix 35’s van 2009 tot 2016 van die hand gesit is. Met

die bekendstelling van ‘n nuwe geslag van hierdie model in 2016,

het Hyundai besluit om die Tucson-naam te laat herleef.

Hierdie nuwe reeks bestaan uit sewe modelle, waarvan vyf petrol-

enjins het en twee dieselenjins. Die petrolaangedrewe Tucson-

modelle is die 2,0 Nu Premium, wat ‘n keuse tussen ‘n hand- of

outomatiese ratkas bied, die 2,0 Nu Elite-outomaties, die turbo-

aangejaagde 1,6 T GDI Executive-handrat en die 1,6 T GDI Elite

met ‘n DCT-ratkas. Daar is ook twee modelle met dieselenjins,

naamlik die 1,7 Executive Diesel en die R 2,0 Elite Diesel. Op die

oomblik is net die petrolaangedrewe Elite-model met permanente

vierwielaandrywing toegerus.

In die intreemodelle lewer die 2 liter-petrolenjin 115 kW teen

6 000 omwentelinge en 196 Nm teen 4 000 omwentelinge. Volgens

Hyundai is hierdie enjin se gemiddelde brandstofverbruik omtrent

9 liter per 100 km. Die turbo-aangejaagde 1,6 liter-enjin, wat in

die topmodelle gebruik word, lewer 130 kW teen 5 500 omwen-

telinge en 265 Nm teen 4 500 omwentelinge. Die Elite-modelle

kry ook ‘n sewegangratkas met ‘n dubbele koppelaar as stan-

daardtoerusting. Die gemiddelde amptelike brandstofverbruik

van die modelle met hierdie enjin is tussen 8,3 liter en 8,5 liter per

100 kilometer.

Die 1,7 CRDI Executive se 1,7 liter-enjin lewer 85 kW teen 4 000

omwentelinge en het ‘n wringkrag van 280 Nm tussen 1 250 en

2 500 omwentelinge. Die R 2,0 Elite Diesel het ‘n kraglewering

van 131 kW teen 4 000 omwentelinge en ‘n stewige wringkrag van

400 Nm tussen 1 750 en 2 750 omwentelinge.

Die R 2,0 Elite Diesel is besonder goed toegerus en kry verskeie

standaardkenmerke vergeleke met sy goedkoper stalmaats. Dit sluit

onder meer ‘n panoramiese sondak, ‘n monitor wat jou waarsku

wanneer daar ‘n motor in jou blinde kol is, ‘n waarskuwing as ‘n

voetganger agter die voertuig is, die vermoë om die motor sonder

‘n sleutel aan te sit, ‘n keuse van verskillende bestuursmodusse en

18 duim-allooiwiele in.

Hierdie nuwe Tucson-reeks is al klaar benoem as een van die

tien finaliste vir 2017 se Motor-van-die-Jaar-toekenning wat in

Maart vanjaar aangekondig sal word – en nie sonder rede nie.

Die petrolmodelle is besonder lig op brandstof – en veral die

vierwielaangedrewe Elite 1,7 T-model klou aan enige pad soos ‘n

ware sportmotor.

Al die Tucson-modelle is ruim, besonder gemaklik en skep binne

die indruk van ‘n veel groter voertuig. Die diesels loop op hul beurt

stil en versnel verbasend vinnig.

Die Tucson-reeks kom uit met Hyundai se aantreklike waarborg,

wat vir sewe jaar of 200 000 km geldig is, asook ‘n diensplan van

vyf jaar of 90 000 km. Dít alleen is ‘n goeie rede om in plaas van ‘n

groter en duurder nutsvoertuig eerder die Tucson te oorweeg.

Pryse vir die Hyundai Tucson-reeks lyk soos volg:

Tucson 2.0 Nu Premium (handrat) R369 900

Tucson 2.0 Nu Premium (outomaties) R389 900

Tucson 2.0 Nu Elite (outomaties) R454 900

Tucson 1.6 TGDi Executive (handrat) R439 900

Tucson 1.6 TGDi Elite DCT AWD R519 900

Tucson 1.7 Executive Diesel (handrat) R439 900

Tucson 2.0 Elite Diesel (outomaties) R519 900.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

39

January 2017

Die 1,7 CRDI Executive met 1,7 liter-enjin kos R439 900 en kom met 17 duim-wiele uit.

Die kragtiger 2 liter Elite-dieselmodel is met 18 duim-wiele toegerus.