Background Image
Previous Page  39 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 44 Next Page
Page Background

Veranderinge by Agri SA

A

gri SA het gedurende 2016 besluit om ‘n tweede fase van

herbesinning oor die toekoms te betree. Gedurende 2013

het ‘n komitee heelwat rigtinggewende aanbevelings

gemaak om Agri SA beter vir die toekoms te posisioneer.

Na verskeie gesprekke en debat, is die meeste van daardie aan-

bevelings alreeds geïmplementeer. Hier is ‘n paar daarvan:

‘n Nuwe uitvoerende direkteur (mnr Omri van Zyl) is aangestel

ná mnr Hans van der Merwe se aftrede.

‘n Tweede adjunk-uitvoerende direkteurspos is geskep met die

fokus op sosiaal-maatskaplike sake. Mnr Christo van der Rheede

is in die pos aangestel.

Daar is aandag daaraan geskenk om die personeelkorps meer

verteenwoordigend van die samelewing te maak en op grond

daarvan is die vakante ekonoompos in Oktober 2016 deur

mnr Hamlet Hlomendlini gevul.

Na die Grondwetverandering is mnr Phenias Gumede in 2014

as tweede vise-president van Agri SA verkies.

‘n Winsgewende maatskappy is gestig met die oog daarop

om konsultasiewerk te doen en sodoende fondse vir Agri SA

te genereer.

‘n Vertaaldiens is sedertdien beskikbaar tydens vergaderings.

Hantering van Afrika-aangeleenthede geskied op ‘n armlengte-

basis – Africa-All-Africa is gestig as onafhanklike been van

Agri SA.

‘n Gedragskode is vir die Algemene Raad goedgekeur.

Gedurende 2016 is verskeie strategiese sessies gehou en dieself-

de komitee, onder leiding van mnr Dan Kriek, is weer versoek om

na ‘n volgende fase van aanpassings te kyk om Agri SA nóg beter

vir die toekoms te posisioneer. Die klem is veral op groter eenheid

in landbou, die struktuur van die organisasie en verbeterings

aan korporatiewe bestuur. Laasgemelde sluit in om te besin oor

die formaat van die organisasie. Daar word oorweeg om Agri SA

se huidige formaat van ‘n nie-winsgewende organisasie met ‘n

algemene raad na ‘n nie-winsgewende maatskappy met ‘n direksie

te verander.

Een van die belangrike aspekte wat heelwat uitdagings inhou, is

die rol van die Bedryfskamer (Graan SA is ‘n lid daarvan). Sekere

bedrywe het alreeds hul lidmaatskap by Agri SA opgesê. Hul moti-

vering was dat die pas van eenheid binne landbou te stadig is.

Een van African Farmers' Association of South Africa (AFASA) se

leiers het die situasie onlangs raak opgesom: “‘n Lang, uitgerekte

hofmakery is beter as ‘n móét troue.”

Hierdie saak het egter die potensiaal om landbou verder te verdeel,

wat nie op hierdie stadium wenslik is nie. Dit was bemoedigend

dat beide Agri SA en AFASA se leierskap onlangs ‘n Memoran-

dum van Voorneme goedgekeur het vir hierdie nuwe rigting. Dit

was egter opvallend dat daar weinig van ons nuwe era-boere by die

Agri SA Kongres te sien was.

Die meeste wat daar was, was afgevaardigdes wat deur bedrywe

genomineer is. Met Brexit en die VSA-verkiesingsuitslag is daar nie

‘n manier waarop iemand sonder meer kan aanspraak maak dat hulle

weet hoe mense op enige nuwe prikkel gaan reageer nie.

Vir die leiers van georganiseerde landbou lê daar beslis ‘n groot

uitdaging voor in die vind en aanwys van die nuwe pad.

AKTUEEL

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA