2015
92
G
RAANGIDS
Kalibreer vinnig vir spuit
Volg die volgende stappe wanneer jy kalibreer (om algeheel te spuit):
1. Besluit in watter rat en enjinomwenteling jy met jou trekker gaan spuit. Vul die tenk met water
en bepaal dan die tyd wat die trekker sal neem om 100 m in die land af te lê.
2. Maak seker dat die spuit met die korrekte spuitpunte toegerus is. Met die trekker in ‘n
stilstaande posisie, skakel die pomp aan en stel die spuitdruk in op die gewenste vlak en teen
dieselfde enjinomwentelings as in stap 1.
3. Met die spuitdruk op die gewenste vlak ingestel, meet nou die hoeveelheid water deur elke
spuitpunt gelewer in die tyd soos bepaal in stap 1.
4. Meet die totale spuitwydte van die spuit.
5. Met behulp van die bostaande inligting, bereken nou die spuitvolume per hektaar:
Spuitvolume = 10 000 x totale volume water (liter) (soos bepaal in stap 3)
afstand (100 m) x spuitwydte (meter)
6. Indien verlangde spuitvolume nie gelewer word nie, moet stappe 1 tot 5 herhaal word met
verskillende ratkombinasies, totdat die verlangde volume per hektaar toegedien word.
7. Bereken nou die korrekte volume gifstof wat by die spuittenk gevoeg moet word:
Volume gifstof wat by tenk
inhoud van tenk x gifstofdosis/ha
gevoeg moet word
=
spuitvolume/ha (soos bepaal in stap 5)
9. Nadat plaagdoderhouers leeg gemaak is, moet dit ten minste
drie keer met een-derde volume skoon water gespoel word en
die spoelwater moet in die spuittenk gegooi word. Houers moet
daarna in die son gedroog word en verkieslik vol gate gekap of
opgesny word voordat dit aan plastiekverwerkers voorsien word.
Vir die lys van verwerkers, kyk op
www.avcasa.co.za.
10. Vermy die kwaadwillige misbruik van plaagdoders, soos om
onder meer skadeveroorsakende diere te vergiftig. Dit is nie
alleen onwettig en onmenslik nie, maar skep ook ‘n sekondêre
vergiftigingsgevaar vir ander diere. Vergiftiging het alreeds
sommige spesies, soos byvoorbeeld aasvoëls, ‘n geweldige
knou toegedien en die landbougemeenskap word daar-
voor blameer.
Kontak dr Gerhard Verdoorn by 082 446 8946 of
nesher@tiscali.co.za .Skrywer: Dr Gerhard Verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum en AVCASA
Riglyne vir die verantwoordelike gebruik van plaagdoders
Vervolg van bl. 89
Skrywer: Produsent: Jan de Villiers, Ficksburg