Background Image
Previous Page  34 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 150 Next Page
Page Background

2015

30

G

RAANGIDS

Moenie wag met saadkwaliteits-

probleme nie

Indien enige saadprobleme vermoed of onder-

vind word, moet die volgende stappe geneem

word:

• Kontak so gou as moontlik die saadverteen-

woordiger by wie die saad aangekoop is en

dring op ‘n ter plaatse ondersoek aan. Hou

ook rekord van datums en gesprekke.

• Versamel en stel soveel moontlik inligting

op skrif, neem foto’s of maak video-op-

names om later na terug te verwys.

Indien die probleem nie opgelos is nie, moe-

nie te lank wag voordat die volgende stappe

oorweeg word nie:

• Tree in verbinding met ‘n onafhanklike

wetenskaplike om ‘n ter plaatse ondersoek

te doen.

• Stel Graan SA in kennis indien die nodige

aandag en oplossings vir die betrokke

probleme nie by die saadmaatskappy

verkry kan word nie.

Ingeval ‘n produsent steeds vermoed dat daar

probleme met die saad is wat hy geplant het

nadat die saak reeds met die verteenwoordi-

ger en die maatskappy wat die saad verskaf

het, opgeneem is, kan hy die Departement

van Landbou, Bosbou en Visserye kontak.

Dié departement sal dan ‘n handelskontrole-

ondersoek doen ingevolge die Plantverbete-

ringswet.

Kontakpersone

Oos-Kaapse streeksverteenwoordigers:

Gerald Jack: Port Elizabeth, 041 484 2725

Felicity Daniels: Port Elizabeth, 041 484 2725

Vrystaatse streeksverteenwoordiger:

Zanele Buhlungu: Bloemfontein,

051 406 0967

Gautengse streeksverteenwoordiger:

Christo Botha: Pretoria, 012 319 6139

Wes-Kaapse streeksverteenwoordiger:

Christo Gouws: Stellenbosch, 021 809 1709

Produsente word aanbeveel om rekord van

lotkodenommers te hou, aangesien verwy-

singsmonsters van alle saadlotte by die be-

trokke geregistreerde saadlaboratoriums, waar

kwaliteitskontrole uitgevoer word, vir dispuut-

ondersoeke beskikbaar is. Tydens die aankope

van saad behoort die kiemingspersentasie

vir die spesifieke saadlot aangevra te word.

Produsente word aangeraai om die fisiese

sak waarop alle nodige naspeurbare inligting

aangedui word, as verwysing te hou.

Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,

Graan SA

Saadbehandeling: Let hierop!

Produsente moet daarop let dat saadmaatskap-

pye nie instaan vir die kwaliteit van saad indien

die saadbehandeling nie deur die saadmaat-

skappy self, óf deur ‘n geregistreerde chemiese

verskaffer wat toerusting en prosesse gebruik

wat ISO-geakkrediteer is, gedoen word nie.

Behandeling van Rhizobium is uitgesluit.

Ingeval ‘n chemiese verskaffer die behandeling

doen, moet hy kan verseker dat die behan-

deling nie die kieming sal beïnvloed nie. Die

chemiese middel wat gebruik word, moet ook

onder Wet Nr. 36 van 1947 geregistreer wees

en verkieslik deur die saadmaatskappy vir die

spesifieke kultivar aanbeveel word.

Daar word dus aanbeveel dat produsente

wat nie reeds-behandelde saad aankoop nie,

maar dit eerder in ‘n latere stadium wil laat

behandel, dit in samewerking met die betrokke

saadmaatskappy doen.

Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,

Graan SA