2015
25
G
RAANGIDS
4. Droëbone en sojabone
Volg die volgende stappe om die opbrengsskatting by droëbone en sojabone uit te voer:
4.1 Bepaal die aantal plante per 10 m en die gemiddelde rywydte.
Plante/10 m ÷ rywydte x 1 000 = plante/ha
4.2 Bepaal die gemiddelde aantal peule per plant en pitte per peul.
Sojabone: ± 1,8 pitte/peul: Massa: ± 0,16 g/pit
Droëbone: Pitte/peul en massa/pit varieer volgens kultivar:
Klein wit inmaaktipes: Massa: ± 0,19 g/pit
Rooi gespikkelde tipes: Massa: ± 0,47 g/pit
4.3 Ken ‘n massa per plant toe deur bogenoemde riglyne te gebruik, maar hou die volgende
altyd in gedagte:
– Egaligheid van plantestand en planthoogtes.
– Algemene voorkoms en kleur van die plante.
– Vogtoestande (droogte of versuip).
– Onkruid-, insek- en siektebeheer.
4.4 Plantestandriglyne:
4.5 Bereken nou die opbrengs met die volgende formule:
Plante/10 m ÷ rywydte x massa/plant (g/plant) ÷ 1 000 = ton/ha
4.6 Maak voorsiening vir verliese tydens die stroopproses soos volg:
– Pas die berekende opbrengs by droëbone aan met ‘n 80%-faktor.
– Pas die berekende opbrengs by sojabone aan met ‘n 85%-faktor.
– Onthou ook om by sojabone die stropermeshoogte in aanmerking te neem.
Skat só jou eie oesopbrengs
Vervolg van bl. 21
Droëbone:
Groot saadtipes
Klein saadtipes
Oostelike gebiede:
± 120 000
150 000 +
Sentrale gebiede:
± 100 000
± 140 000 - 150 000
Westelike gebiede:
± 80 000 - 100 000
± 120 000 - 140 000
Sojabone:
Oostelike gebiede: ± 300 000 - 400 000
Sentrale gebiede: ± 280 000 - 300 000
Westelike gebiede: ± 280 000 - 300 000
= ton per hektaar (opbrengs)
Aantal koppe per 10 m
1 000
Gram per kop
Rywydte
x
3.2.5 Vermenigvuldig die aantal pitte per vierkante sentimeter (cm
2
) met die produktiewe
oppervlakte om die aantal pitte per kop te kry.
3.2.6 Vermenigvuldig die aantal pitte van die kop met die gemiddelde massa per pit om
sodoende die massa van die kop te kry. ‘n Massa van 0,04 g/pit kan as riglyn gebruik
word.
3.3
Tel die aantal koppe per 10 m.
3.4 Meet die rywydte.
3.5 Gebruik die volgende formule om die opbrengs te bereken:
Vervolg op bl. 28