Hou noukeurig rekord van
dieselverbruik
Die Wet op Doeane en Aksyns (Nr. 91 van 1964) vereis onder meer dat ‘n logboek gehou moet word van
hoe diesel verbruik is; ‘n dieselrabat is gevolglik op alle dieselverbruik ingestel.
Dit is van kritieke belang dat produsente sedert 1 April 2013 streng boek van hulle dieselverbruik moet
hou. Agri SA en Graan SA het kommentaar gelewer oor hoe ‘n logboek behoort te lyk, maar uitklaring
daaroor is nog nie vanaf die SAID ontvang nie. Intussen word produsente aanbeveel om die minimum in-
ligting wat tans deur die wet vereis word, by te hou deur middel van ‘n logboek wat by hoofverspreidings-
punte beskikbaar is. Die volgende inligting moet in die logboek vervat word:
• Datum waarop diesel ingegooi is.
• Hoeveelheid diesel wat ingegooi is.
• Beskrywing van die voertuig.
• Rede waarvoor diesel aangewend is. (Dit is belangrik om te kyk
watter aksies kwalifiseer vir die dieselkorting.) Klik op die webskakel
(QR-kode) hieronder en blaai af na deel 3. (Dit is in Skedule 6,
Deel 3.)
BELANGRIK: Graan SA doen ‘n beroep op sy lede asook op ander
graanprodusente om die korting wat landbouprodusente op
diesel ontvang, volgens die voorgeskrewe reëls te hanteer. Indien
ongerymdhede op groot skaal opduik, staan landbou die kans om
dié dieselkorting te verloor.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA
Presisieboerderyspesialiste op die punte van jou vingers
Dit is nie aldag so maklik om vinnig by die regte persoon uit te kom wanneer daar met groot maatskappye
gewerk word nie. Hieronder is ‘n lys van kontakbesonderhede van die belangrikste verskaffers om die
soektog na presisieboerderystelsels en -dienste so ‘n klein bietjie te vergemaklik:
Maatskappy
John Deere
New Holland SA
Northmec
Raven
Ronin Precision Farming
Systems (Trimble en
DICKEY-John)
Sitech Southern Africa
Terratek
Topcon
Skrywer: Jim Rankin, Agfacts
Kontakpersoon
Nommer
E-pos
Vikar Sheopershad 071 461 3996
SheopershadVikar@JohnDeere.comRudi du Toit
073 081 8279
RudiD@northmec.co.zaRudi du Toit
073 081 8279
RudiD@northmec.co.zaJaco Stemmet
082 771 7541
jaco@agrisolutions.co.zaJaco Viviers
071 763 1797
jaco@roninpfs.comHanno Truter
082 319 2301
htruter@clmps.comof
hannotruter@sitech.co.zaIB Oosthuizen
018 581 1016
ibo@suidwes.co.zaChristo Helm
083 233 5497
chelm@topcon.comKlik op hierdie QR-kode om te
kyk watter aksies vir dieselkorting
kwalifiseer. Blaai af na Skedule 6,
Deel 3.