2015
28
G
RAANGIDS
Skrywer: Kobie de Beer, Bestuurder: Versekeringsdienste (Oes), Santam Landbou, Bloemfontein
5. Graansorghum
Riglyne vir graansorghum: Eerstens word daar bloot op plantpopulasie gewerk waar plante nog
jonk is en daar dus nie are met pitte is wat vir die opbrengsskatting gebruik kan word nie. Volg
daarna die metode wat gebruik word indien pitte reeds getel kan word.
Waar nog slegs op plantestand gewerk kan word, geld die volgende riglyne:
• Bitter variëteite vereis ± 120 000 plante/ha vir n LGO van ongeveer 4,0 t/ha. Daar kan ook
gewerk word op ± 40 g/plant waar die stand ± 120 000 plante/ha is.
• Soet variëteite vereis ± 140 000 plante/ha vir dieselfde LGO. Daar kan ook gewerk word op
± 30 g/plant waar die stand ± 120 000 plante/ha is.
• In moeilike seisoene moet daar liefs konserwatief te werk gegaan word.
Waar op werklike are en pittellings gewerk kan word, geld die volgende riglyne:
3. Gewig/plant: Kies vyf verteenwoordigende are. Kies en verwyder drie takkies (sy-are) van die
bo-, middel- en onderkant van elke aar. Tel die aantal pitte op elke takkie en teken dit aan.
1. Aartelling/10 m:
Are/10 m/3 rye
=
xx
= xx are/10 m
3
3
2. Rywydte:
Afstand oor rye gemeet
= xx m = xx m
aantal ryspasies
AARNOMMER
1
2
3
4
5
Boonste takkie
Middelste takkie
Onderste takkie
TOTAAL
Totaal
÷ 15 = xx pitte/takkie
Tel die aantal takkies op die vyf are, voeg by die 15 wat bo gebruik is, deel deur vyf om die ge-
middelde takkies/aar te kry en vermenigvuldig dit met die aantal pitte/takkie om die aantal
pitte/aar te kry.
Pitte/aar = takkies op 5 are + 15 ÷ 5 X xx pitte/takkie = xx pitte/aar
Gewig/aar (g) = xx pitte/aar X 0,019* g/pit = xx g/aar
* Pas die 0,019 g/pit volgens toestande aan.
4. Oesopbrengs: xx are/10 m ÷ rywydte (m) X gewig/aar (g/aar) ÷ 1 000 = xx ton/ha
= xx are/10 m ÷ xx m X xx g/aar ÷ 1 000 = xx ton/ha
6. Algemene opmerkings
Dit is belangrik dat die gemelde massas slegs as riglyne beskou moet word en dat daar besef
word dat dit deur faktore soos voorkoms van die plant, klimaat, streek, kultivar, ensovoorts beïn-
vloed kan word.
Skat só jou eie oesopbrengs
Vervolg van bl. 25