2015
101
G
RAANGIDS
Vrywillige daaglikse droëmateriaalinnames (DMI)
Meissner et. al. (1983) werk op ‘n gemiddelde DMI van 2,5% van liggaamsmassa vir groeiende
diere. Indien voginhoud en vermorsing van hooi ingereken word, is die gemiddelde ruvoerinname
(hooi) ongeveer 3,0% van liggaamsmassa.
Vir lakterende diere is die gemiddelde DMI 3,0% (2,7% - 3,3%) van liggaamsmassa. Indien vogin-
houd en vermorsing van hooi ingereken word, is die gemiddelde ruvoerinname (hooi) ongeveer
3,5% van die liggaamsmassa.
Gesondheidsbestuur
‘n Voorbeeld van ‘n basiese entprogram vir ‘n lentekalfstelsel:
Beeste: Lentekalfseisoen
Enting
Diere wat geënt word
Maand van enting
Knopvelsiekte, Slenkdalkoors
Bulle, koeie en vervangings-
verse
Voor kalwing (Jul/Aug)
Spons/Lam/Milt of Multi-
klostridiale entstof + Miltsiekte
Bulle, koeie, vervangingsverse
en suipkalwers
Herfs/voor speen (Apr)
Besmetlike Misgeboorte
Vervangingsverse
S19 – voor 8 maande ouder-
dom (Feb/Mrt)
RB51 – voor speen (Mrt/Apr),
herhaal twee keer voordat
verse eerste keer gepaar word
*BVD/Asemhalingsiektes
Koeie, vervangingsverse en
suipkalwers
6 tot 8 weke voor paarseisoen
(Nov/Des)
Voor speen (Mrt/Apr)
NB. Alle diere wat vir die eerste keer met ‘n geïnaktiveerde (dooie) entstof geënt word, moet
3 tot 6 weke later (volgens die vervaardiger se voorskrif) ‘n skraagdosis ontvang om effektief
te wees!
*NB. Maak seker in watter gevalle “lewendige” of “dooie” entstowwe kan/moet gebruik word en
die korrekte posisionering daarvan om moontlike verliese/skade te voorkom!
Kontroleer met jou veearts om seker te maak die program is reg vir jou boerdery en jou omgewing.
Neem die nodige mismonster, laat dit ontleed en vra hulp van kundiges om jou doseerprogram te
optimaliseer.
Inwendige parasiete wat gereeld by beeste voorkom:
Tipe wurm of
naam van pa-
rasiet
Maand van
voorkoms
Diere wat
deur die
parasiet
geaffekteer
word
Aktiewe bestanddele benodig
om diere te behandel (weens
beperkte spasie word net die
belangrikste aktiewe genoem)
Rondewurms
(Beesbankrot-
wurm, Haarwurm,
Knoppieswurm)
Somermaande
Alle, maar
veral onvol-
wasse diere
Makrosikliese Laktone, Witmiddels
(Albendasool ens.), Levamisool
Lewerslak
Somermaande
Strategiese behan-
deling: Apr/Mei en
Aug/Sep
Taktiese behande-
ling: Des/Jan
Alle
Onvolwasse en volwasse stadia:
Triklabendasool
Vroeë onvolwasse en volwasse
stadia: Klorsulon, Nitrokseniel,
Klosantel, Albendasool, Rafoksa-
nied, Oksiklosanied
Peervormige
maagslak
Apr tot Aug
Alle
Resorantel, Oksiklosanied
Lintwurm
Heeljaar
Suipkalwers
Prasikwantel, Niklosamied
Koksidia
Heeljaar
Jong kalwers
(3 weke +)
Diklasusriel, Toltrasuriel
Skrywer: Pietman Botha, Landboukonsultant