Background Image
Previous Page  56 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 68 Next Page
Page Background

54

R250 000-skenking versterk

landelike veiligheidsinisiatiewe

“K

ommersiële produsente in Suid-Afrika het met 50%

afgeneem sedert die vroeë 90’s en plaasaanvalle is

een van die groot bydraers tot dié kommerwekkende

statistiek, wat volhoubare voedselsekerheid in ge-

drang kan bring indien dié tendens voortduur.”

Só meen mnr Bennie Bester (kommersiële bestuurder: Monsanto SA)

wat tydens ‘n Monsanto-mediadag in November verlede jaar

aangekondig het dat Monsanto SA R250 000 aan die Agri Securitas

Trustfonds gaan skenk om die fonds se veiligheidsaktiwiteite te

bevorder.

Die Trust is daarop gerig om finansiële hulpmiddele aan boerdery-

gemeenskappe beskikbaar te stel waardeur hulle hul eie veiligheid

kan verbeter asook dié van ander gemeenskappe wat in die gebied

woonagtig is. Mnr Japie Grobler, wat die voorsitter van dié trust-

fonds is en wat self ook boer, het tydens die geleentheid gesels oor

die aanwending van dié tipe skenkings wat hulle ontvang.

“Ons sit nooit die eerste rand neer nie; ons finansier slegs individue,

instansies of boereverenigings wat bereid is om hulself te finansier.

Die eiendom (soos nagsigtoerusting, radio’s en veiligheidsbaadjies)

wat befonds word, bly die eiendom van Agri Securitas en die

span hou jaarliks kontrole hiervan. Die Raad van Trustees word

ook nie befonds vir die werk wat gedoen word nie. Meer as 90%

se skenkingsgeld word aangewend op voetsoolvlak. Ons finansier

ook nie iets indien ons nie ‘n verklaring kry dat die projek in

samewerking met die SAPD aangepak word nie,” het Grobler

verduidelik.

Bester sê Monsanto is trots om saam met ‘n organisasie soos

Agri Securitas in die beskerming van ons land se totale landbou-

gemeenskap te werk. “Dit sluit nie net die produsente in nie, maar

ook die plaasbestuurders en -werkers asook hul gesinne.”

Monsanto het ‘n beroep op ander maatskappye gedoen om betrokke

te raak by die aktiwiteite van die Agri Securitas Trustfonds.

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Nuwe saadtegnologie

Mnr Gert Heyns (bemarkingsbestuurder: Saad en Bioteg-

nologie, Monsanto SA) het tydens dié geleentheid ge-

sels oor die opwindende nuwe basters wat vanjaar in die

Monsanto Dekalb-pyplyn is. Meer hieroor in die Maart-

uitgawe (Fokus op saad) van

SA Graan/Grain

.

Kobus Steenekamp (besturende direkteur: Monsanto SA), Japie Grobler

en Bennie Bester tydens die mediafunksie waar die aankondiging van

die skenking gemaak is.