9
February 2016
Die tye op die bus tussen besoeke, etens-
tye en aande het behoorlik gegons met
boere wat hul praktyke met mekaar deel,
nuwe idees wat bespreek word, asook die
formulering van planne wat hul in hul eie
besighede en op hul plase wil gaan toepas.
Graan SA wil graag ons dank aan die graan-
produsente en bedryfsrolspelers uitspreek
wat ons toergroep met ope arms ontvang
het. Ons wil ook graag die Wintergraantrust,
wat hierdie toer befonds het, hartlik bedank
dat hul die toer vir ons nuwe era-boere
moontlik gemaak het. Ons glo dat die kennis
en ondervinding wat opgedoen is, asook die
verhoudinge wat met mekaar en produsente
en instansies wat besoek is opgebou is, on-
vervangbaar is.
1 en 2: Besoek aan Koos Blanckenberg van die
plaas Klipheuwel.
3: Die Outeniquaproefplaas op George.
4: Ismail Motala van Wolseley is ook besoek.
5: Meadow Voere.
6: Tydens die besoek aan Langgewensproef-
plaas.
7: Tomi’s Slagpale.
8 en 9: By Jan-Hendrik Joubert, Uitkyk.
10: Ernstige gesprekke is op die bus gevoer.
11: Besoek aan Pietie Uys.
1
2
4
6
5
7
10
11
8
9
3