Nuwe alternatiewe beurs
nou oop vir verhandeling
M
et NWK Beherend Beperk en NWK Beperk as die
eerste twee noteerders op die 4 Africa Exchange
(“4AX”)-beurs, het dié beurs amptelik op 28 September
vanjaar geopen vir verhandeling. 4AX is een van twee
alternatiewe beurse in Suid-Afrika wat ‘n volledige lisensie het om ‘n
verskeidenheid bateklasse te verhandel.
NWK het voorheen oor-die-toonbank (waarna tradisioneel ver-
wys is as “OTC” [over the counter])-aandele verhandel onder die
Sekuriteitewet, Wet 36 van 2004. Promulgering van die Wet op
Finansiële Markte (FMA), Wet 19 van 2012, het egter daartoe gelei
dat die NWK-maatskappye op die formele beursmark moes begin
verhandel om sodoende aan die nodige regulatoriese raamwerk te
voldoen.
“Die NWK-noterings op 4AX weerspieël die huidige nasionale
tendens van diversifisering in die landbougemeenskap en bied
blootstelling vir die NWK Groep aan nuwe markte. Dié beurs voor-
sien spesifiek aan die eiesoortige besigheidstruktuur van landbou
in Suid-Afrika,” het mnr Heinrich Krüger (voorsitter, NWK Beherend
Beperk en NWK Beperk), tydens die amptelike noteringsfunksie in
Johannesburg, gesê.
Me Fay Mukaddam (hoof uitvoerende beampte, 4AX) het tydens
die geleentheid gesê: “Ons doel is om die finansiële markte meer
inklusief te maak deur ‘n veilige en volwaardige, alternatiewe ge-
lisensieerde platform te bied met makliker toegang vir die gewone
man op straat, asook meer produkverskeidenheid. Sodoende sal
ons ‘n bydrae kan maak tot volhoubare ekonomiese groei in ons
land.”
37
December 2017
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Theo Rabe (hoof uitvoerende beampte, NWK), tweede van links,
en Heinrich Krüger, regs, ontvang hul 4AX-ledesertifikate van
Stephan van der Walt (nie-uitvoerende direkteur, 4AX) en
Fay Mukaddam.
Vir die afgelope drie jaar werk hy, in samewerking met plaaslike
besighede en georganiseerde landbou, met hierdie disfunksionele
munisipaliteite en tans word daar op die Vrystaat en Noordwes
Provinsie gefokus. Hy het ‘n beroep op georganiseerde landbou
gedoen om die regering by te staan en met hul kundigheid en
hulpbronne om dié probleem aan te spreek.
“Dit is belangrik om te kyk na langtermyn-gemeenskaplike belange
en nie slegs eng korttermyndoelwitte na te streef nie,” het hy gesê
en bygevoeg dat gemeenskaplike beswil die fokus in die platteland
moet word.
Om herstel in die disfunksionele munisipaliteite te bewerkstellig,
is die “Back to basics”-program bekendgestel. Hierdie program se
doelwitte is:
Mense moet die middelpunt van dienslewering vorm.
Basiese dienste moet aan alle Suid-Afrikaners gelewer word.
Substrukture moet in plek wees en goeie korporatiewe bestuur
moet plaasvind.
Gesonde finansiële bestuur is uiters belangrik.
Vestig volhoubare bestuurstrukture met gekwalifiseerde mense
in poste.
Paneel sê hul sê
Mnr Francois Strydom, hoof uitvoerende beampte van Senwes,
het genoem dat die disfunksionele plaaslike munisipaliteite ‘n
direkte invloed op die winsgewendheid van produsente het. Die
spoorvervoernetwerk het tot niet gegaan en padvervoer is baie
duurder as spoorvervoer. Hy het bygevoeg dat Suid-Afrikaners talle
ander uitdagings in die gesig staar, maar steeds met Amerikaanse
produsente, wat gesubsidieer word, moet meeding.
Oudminister Roelf Meyer, wat tans ‘n direkteur van die organisasie,
In Transformation Initiative, is, het by die geleentheid gesê dat
Suid-Afrikaanse produsente hul in ‘n bloeitydperk bevind. Volgens
hom rus voedselsekerheid op die skouers van jongboere. Met
die berekening dat daar in 2050 twee en ‘n half miljard mense in
Afrika gaan wees, gaan dit die verantwoordelikheid van die jong-
boere wees om te verseker dat die kontinent nie honger ly nie.
Die politieke analis, me Nompumelelo Runji van die Frederich-
Ebert-Stiftung SA, het beklemtoon dat die tyd vir Suid-Afrikaners
aangebreek het om minder na politici en meer na mekaar te luister.
Volgens haar veroorsaak politici dikwels skeiding in gemeenskappe.
Sy het ook gedeel dat inwoners van nedersettings daagliks met
dieselfde krisisse, soos geweld en misdaad, gekonfronteer word.
Sy glo dat samewerking hierdie probleme kan hokslaan. “Ten spyte
van ons verskille moet ons ons menslikheid as gemeenskaplikheid
aanvaar en saamwerk om struikelblokke te oorkom,” aldus Runji.
Mnr Johan van Huyssteen, 2017 Vrystaat Jongboer van die Jaar,
het sy standpunt uit die oog van ‘n jongboer gedeel en genoem
dat verskeie faktore jong produsente se geesdrif demp. Om die rol
van die plaaslike munisipaliteit te moet vervul deur brande te blus,
water te verskaf en die gemeenskap te beveilig, neem heelwat tyd
in beslag en haatspraak en gerugte van onteiening veroorsaak dat
produsente in ‘n oorlewingskrisis gedompel is. Hy het jongboere
aangemoedig om deel van georganiseerde landbou te word omdat
hierdie strukture binne die gemeenskappe ‘n groot bydrae lewer.
Die paneel het saamgestem dat die toekoms van landbou groot-
liks daarvan afhang hoe landelike gemeenskappe saamstaan teen
swak dienslewering, misdaad en korrupsie. In die woorde van die
Amerikaanse outeur en aktivis, Helen Keller, wat doof en blind was:
“Alone we can do so little, together we can do so much.”
Die dag is afgesluit met praktiese demonstrasies van hommeltuig-
tegnologie, Agri Drainage en presisieboerdery.