1
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Annelie Barnard, Abrie Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Annemie Erasmus, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Landi Kruger, Robbie Lindeque, Corné Louw,
Charné Myburgh, Jolanda Nortjé, Loureine Salomon, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Louw Steytler, Wayne Truter en Gerrie Trytsman
E
k was eintlik van plan om vandeesmaand se aflewering van
Voorpunt
aan kindwees op die plaas te wy. Oor ons kinders
wat nog so gelukkig is om, al is dit net vir ‘n vakansie, op
die plaas by ouma te kuier; in die ou plaasdam en krip te
swem; die plaas plat te ry met hulle fietse (al moet die wiele
kort-kort reggemaak word omdat die duwweltjies dit gaar
steek) of om staande, sorgvry agter op die bakkie saam te ry...Maar die
afgelope Sondag lees ek in ons kerkblaadjie dié aangrypende gebed vir
reën deur Pieter van Schalkwyk van Namibië. Ek het gereken dié gebed
sal in die huidige droë omstandighede meer vir ons produsente beteken.
Hemelse Vader en Almagtige Here, dit is tweeuur in die môre en ek kan
nie slaap nie. In die 21 jaar wat ek boer, was dit nog nooit so droog nie.
Ek is vanmôre voor U om te bid vir reën. Maar voor ek vir reën vra, moet
ek U eers dank vir droogtes. Indien ons net vet jare en voorspoed ge-
had het, hoe arrogant en onafhanklik van U sou ons nie gelewe het nie?
Daarom moet ek U ook dank vir die voorreg om hier te kan boer. Hier
waar ek elke dag U handewerk sien en ervaar. Baie dankie ook, Here, vir
die wonderlike en unieke groep mense wat almal saam in dieselfde stryd
gewikkel is en harder as kameeldoringhout is om hier te kan bestaan.
Om die mooi van hierdie boerdery te beleef, het U ‘n besonderse liefde
vir die diere en boerdery in my hart geplant en daarvoor is ek U baie
dankbaar, maar liewe Heer, dit is hierdie liefde en my menslike nietig-
heid en tekort aan insig, wat maak dat ek U weë nie verstaan nie...Dit
is hartseer as die diere ly: Lammerooie wat omval, koeie wat nie weer
opstaan nie; jong eerstelam-ooitjies wat net ribbes is; my ryperd wat nie
meer hooi het nie; ‘n dooie donkie langs die pad. Ek verstaan nie hoekom
U dit oor hierdie onskuldige diere laat kom, terwyl U vir my, sondaar, net
goedheid en guns gee nie.
Here, ek verstaan dit nie, maar ek weet wel dat ek nooit die straf wat ek
verdien, sal kan dra nie. Daarom, voor ek vir reën vra, smeek ek om U
genade en vergifnis. Ek bid ook vir wysheid om tussen goed en kwaad
te kan onderskei en dan die goeie te kies. Ek bid dat ons U Koninkryk en
U Geregtigheid eerste sal soek, soos Matt 6:33 vir ons sê. Ek bid veral,
Here, dat ek nooit arrogant sal word nie, want alle eer kom U alleen toe.
Ek bid ook vir wysheid en krag vir die hele gemeenskap om op die regte
manier deur hierdie droogte te kom. Ek verstaan nog steeds nie hoe die
gemsbok in hierdie tyd so sterk kan bly nie, maar ek bid dat U ons almal
die gemsbokke van hierdie droogte sal maak.
Here, nou dat U my hart ken, smeek ek by U: Gee asseblief vir mens en
dier en plant en grond milde reën. Dankie, Here!
Amen.
Meer hoef ek nie te sê nie. Weet: Ons almal wat op watter wyse ook al by
landbou en produsente betrokke is, bid elke dag vir julle. Lees gerus ook
Graan SA Standpunt
op bladsy 4 waar Jannie de Villiers (uitvoerende
hoofbestuurder: Graan SA) skryf oor ‘n interne ondersoekjaar asook sy
en Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) se treffende Kersboodskappe
op bladsy 8 in dié uitgawe – dit sluit alles by die gebed aan.
Geseënde Kersfees! En mag dit ook op jou grond reën.
Meet our
contributors
D
atawetenskap is ‘n konsep wat die afgelope
tyd al meer op die voorgrond getree het, veral
van toepassing op die landbousektor.
Landi Kruger
(datawetenskapkoördineerder: Graan SA) het
vroeër vanjaar die geleentheid gehad om te gaan
kyk hoe die VSA die gebruik van datawetenskap
in die landbousektor toepas. Op
bladsy 26
deel sy
haar waarnemings met ons lesers.
R
uth Schultz
(
SA Graan/Grain
contributor)
attended the second annual Agbiz Grain mini
symposium in August this year. According to
Mr Jerry Maritz (chairman of Agbiz Grain) food
security relies on three key aspects, namely
food availability, food access and food use. ´Food
security exists when all people, at all times have
physical, social and economic access to sufficient,
safe and nutritious food which meets their dietary
needs and food preferences for an active and
healthy life,´ he said. Read more on
page 34
.
B
t-mielies is vir die eerste keer in 1998 in
Suid-Afrika geplant om die Afrika-mieliestam-
boorder te beheer. Die eerste tekens van stam-
boorderlarwes met weerstand teen Bt-mielies
is in 2004 gerapporteer. Op
bladsy 22
vertel
Annemie Erasmus
(LNR-Instituut vir Graangewasse)
van hul soektog na 'n Bt-vatbare-stamboorder-
populasie in Suid-Afrika om Bt-weerstandsvlakke
met mekaar te vergelyk.
D
aar kan meer mikrobes in een teelepel grond
gevind word, as wat daar mense op aarde is.
Hierdie organismes is essensieel vir suksesvolle
bewaringslandbou aangesien hulle grondlewe
bevorder. Op
bladsy 9
kyk
Charné Myburgh
(LNR-Instituut vir Graangewasse) na die grond-
bewoners wat grondkwaliteit bevorder.
December 2015
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
J
annie de Villiers (CEO: Grain SA)
was born and grew up in
Welkom in the Free State.
He has had contact with agri-
culture since he was small and loved
to ‘farm’ during holidays with ‘Oupa
Brandkop’ of Jacobsdal.
He obtained a BCom at the University of the Free State and a
BCom Hons in economy at the University of Pretoria. He started
his career as an economist at the Department of Agriculture
where after he spent 24 years in the grain/food processing
sector. In 2011 he joined Grain SA. He plays a strong leadership
role in the grain sector through the positions that he holds on
the boards of various Trusts and industry serving companies.
He is married to Retha and they have three children: Jannes
(25), Dirkie (22) and Gerdie (19). Jannie is an active member of
his church. He enjoys family life and loves hiking, reading and
hunting and is a very enthusiastic sport spectator.