Augustus 2017
12
Die opgegradeerde 4x4-voertuigdemonstrasiebaan het die veldver-
moëns van voertuigvervaardigers se nuutste produkte ten toon gestel.
Die muur van herinnering is ‘n eerbewys vir menige produsent wat
in plaasmoorde gesterf het en is ‘n manier om hulle almal te onthou.
Dit verleen aan die publiek die geleentheid om geliefdes op dié
manier te vereer.
Die Argentynse Paviljoen het hierdie jaar weer hul Apache- en Metalfor-
masjiene, sowel as ‘n hele paar ander, gepromoveer.
Die Franse handelskommissie in Suid-Afrika se stalletjie het dié jaar
gespog met hommeltuigoplossings vir landbou, sowel as Motul-
motorolies en -smeermiddels.
Nog ‘n nuutjie by vanjaar se Oesdag was die hindernisbaan vir vierwiel-
motorfietse, motorfietse en
side-by-side’s
.
In die Noodrapporteersentrum was Andréhet Steyn, Giovanni Scribante
en Lappies Labuschagne (agter).
Lambton-vervoerband – die Kanadese uitstallerspan by NAMPO:
Nick Johnson, Leon Oosthuizen, Conraad Purchase, Pieter du Toit,
Delayne Gray en Dustin McEvoy.
Itai Melchior (hoof van die Handels- en Ekonomiese Sending vir die
Israeliese ambassade in Suid-Afrika) by die Israeliese Instituut vir
Uitvoere se stalletjie.
Fotobeeld van NAMPO 2017
TERUGBLIK
NAMPO 2017
Spesiale