57
August 2014
Hou altyd in gedagte dat diesel ‘n komplekse produk is en aan baie
vereistes moet voldoen. Sommige eienskappe van diesel kan nie
verkry en gehandhaaf word sonder die byvoeging van geskikte
bymiddels nie. Hierdie bymiddels word gewoonlik toegedien in
baie klein hoeveelhede (tipies dele per miljoen) en het ten doel om
byvoorbeeld die smeringsgedrag te verbeter, oksidasiestabiliteit
te verhoog, korrosie te beperk en neerslae tydens verbranding
tebeperk.
Dit is baie keer ‘n sensitiewe kombinasie van eienskappewat verkry
word deur ‘n gebalanseerde verskeidenheid bymiddels. Water in
diesel is ‘n verdere “huishoudelike” probleem waaraan baie beslis
aandaggegeemoet word. Ook hiervoor is daar voorsieninggemaak
in die dieselspesifikasie – dus mag diesel nie meer as ‘n sekere
hoeveelheidwater in die oplossing bevat nie. Vry (sigbare) water is
natuurlik totaal onaanvaarbaar.
Wat hou die toekoms in?
Dit bly ‘n interessante vraag. Daar word reeds voorsiening gemaak
vir die hantering van brandstof vir gebruik in hibriede-voertuie
(kombinasie van binnebrandenjin en elektriese aandrywing) asook
vir gebruik in fleksi-brandstofenjins, dit wil sê enjins wat met petrol
of diesel gebruik kanword asook enjinswat as ‘n vonkontsteking- of
kompressie-ontstekingsenjin gebruik kan word. Die infasering van
biodiesel is ‘n ander aspek waarmee rekening gehou moet word.
Daar is reeds sedert 2006 voorsieninggemaakdat ‘nmaksimum van
5% biodiesel (dit wil sê diesel vervaardig van hernubare materiaal,
soos byvoorbeeld sonneblomolie en sojabone) by konvensionele
diesel gemeng kanword.
Met die groot klem wat geplaas word op hernubare bronne en
volhoubaarheid, kan verwagword dat daar ‘n toenemende tendens
sal wees om vloeibare brandstowwe te vervaardig uit hernubare
bronne–dithetegter ‘nverskeidenheid tegnieseenander implikasies
wat ook in aggeneemmoet word.
Die belangrikste hiervan is waarskynlik die feit dat dit bykans on-
moontlik sal wees om ruolie of steenkoolgebaseerde diesel volledig
te vervangmet diesel van ‘nplantaardigeoorsprong.
By die Universiteit van Pretoria se tribologielaboratorium van die
Departement Chemiese Ingenieurswese, word baie interessante
navorsing gedoen oor die werkverrigting van smeermiddels en
meer spesifiek oor die aard en rol van slytasie en die gevolge wat
water indiesel inhou.
Hierdie werk kan in die toekoms ook ‘n nuwe standaard daarstel
wat weer die effektiwiteit van veral dieselenjins sal verhoog. ‘n
Verskeidenheiddiesel- enolietoetsewordook gedoenom te bepaal
of produkte aan spesifikasies voldoen. In
Foto 1
word ‘n inspuiter
waarvan die kontakarea erg beskadig is, getoon en in
Foto’s 2a -
b
diegevolgdaarvanop ‘n suier van ‘ndieselenjin.
Ter afsluiting moet gemeld word dat dieselbrandstof soos gelewer
deur die olieraffinaderye, ‘n komplekse mengsel is wat aan streng
vereistes moet voldoen. Dit bevat ‘n verskeidenheid bymiddels
wat, alhoewel dit in klein hoeveelhede bygevoeg word, ‘n uiters
belangrike rol speel om te verseker dat die enjin waarin dit gebruik
word, optimaal funksioneer en ‘n lang lewe sal hê.
Dit sou gewoon onverantwoordelik wees om allerhande preparate
enbyvoegingsbydiesel tevoeg, tensydit deurdieenjinvervaardiger
aanbeveel word.
Bronne
Petrol and diesel in South Africa and the impact on air quality, November 2008,
SAPIA,
SANS 342:2014 Edition 5:
South African national standard on automotive diesel
fuel
. ISBN 0-626-18752-4.
Staatskoerant
, 8Maart 2011 No. 324089, “Discussion document on the review of
fuel specifications and standards for SouthAfrica”.
Staatskoerant
, 1 Junie 2012 No. 35410, “Schedule for amendment of regulations
regardingpetroleumproducts specifications and standards”.
Department of Energy,
.
Von Wielligh, A.J., De Vaal, P.L.;
Discrepancy between laboratory fuel tests and
engine failures: two case studies
; 10de Internasionale Tribologiekonferensie,
Universiteit vanPretoria, 2011.
1: ‘nBeskadigde inspuiter.
2a - 2c: Skade aan ‘n suier.
Foto’s: At vonWielligh
2a
2b
2c
1