SA Graan April 2014 - page 14

April 2014
12
Kongres 2014
het die volgendegenerasieas fokuspunt
G
raan SA se jaarlikse Kongres het op 5 en 6 Maart 2014
op NAMPO Park plaasgevind. Die tema “Die volgende
generasie” het ondermeer gefokus op die belangrikheid
van die nuwegenerasie-persoonlikheid in die landbou-
omgewing asook die belangrikheid van nuwe tegnologie om
die voorsiening van voedsel vir die groeiende populasie moontlik
temaak.
Die oudiovisuele voorsittersverslag het weer eens groot aftrek
gekry, waarop mnr Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) en
mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)
die hoogtepunte van die afgelope jaar bespreek het en verder die
suksesvollebereiking vandie strategiesedoelwitteuitgelighet.
Nuwegenerasie-tegnologie
Dieeerstepaneelbespreking, gelei deurmnrMaxduPreez (bekende
skrywer, joernalis en analis) het verder gefokus op nuwegenerasie-
tegnologieengehandeloorpresisieboerdery, JSEmarkontwikkeling,
weertendense en aardverwarming.
Die paneel het bestaanuitmnr LenBrand (besturende direkteur van
JohnDeere),mnr Chris Sturgess (direkteur: afgeleide kommoditeite
van die JSE) en dr Peter Johnston (toegepaste klimatoloog van die
Universiteit vanKaapstad).
Inooreenstemmingmet die tema, het Brand se voorlegginggefokus
daarop dat presisieboerdery meer omvattend as die toerusting
alleenlik is endit omskryf as ‘n stelsel omproduksie teoptimaliseer.
Verder het die voorlegging gefokus op die huidige mega-neiging
dat die wêreld meer kos benodig, hoe dit bereik kan word deur
meer grond in produksie te kry en vir huidige produsente om hulle
produksie te verhoog.
Verder het Sturgess tegnologie uit die JSE-oogpunt bespreek en
die noodsaaklikheid uitgelig van ‘n platform om handel te dryf in
‘n veilige omgewing waar akkurate en tydige inligting beskikbaar
is. Daarbenewens is die volatiliteit van ‘n vrye mark bespreek,
waar onsekerheid heers oor die styging en daling van pryse, wat
weer eens die belangrikheid van ‘n platform met duidelike reëls
uitgelighet.
Laastens het dr Johnston die paneelbespreking afgesluit met ‘n
oorsig oor weertendense waar hy aardverwarming uitgelig het
en verder gefokus het op waterhulpbronne wat sentraal is tot
klimaatsveranderingkwessies. Dr Johnston het afgesluit deur uit te
lig dat alhoewel dit lyk na meer ekstreme weersomstandighede, is
die neiging waarskynlik ook dat die verslaggewing van gevalle net
toegeneemhet.
Die volgende generasie – verbruikers,
plaaswerkers en beamptes
Dr René Uys (direkteur van Thinking Fusion) het ‘n interessante
en insiggewende praatjie gelewer oor die volgende generasie
Generation Y
of dan mense gebore in die vroeë 1980’s tot die
vroeë2000’s. Onder groot geskerts iswel vasgestel dat dieoorgrote
meerderheid van Kongresgangers die
Baby Boomer
-generasie
verteenwoordig en dus in skrille kontras staan teenoor die denk-
patrone vandienuwegenerasie.
Paneelbespreking
Die tweede paneelbespreking, weer gelei deur Du Preez,
het bestaan uit prof Riette de Kock (van die Departement
VoedselwetenskapvandieUniversiteit vanPretoria), dr JulianJaftha
(hoofdirekteur van Plantproduksie en Gesondheid, Departement
Landbou, Bosbou en Visserye) en mnr Mzimbili Stephen Ngoza
(presisieboerderymasjinerie-operateur vandieRhys EvansGroup).
Prof De Kock het die nuwegenerasie-verbruiker van voedsel se
voorkeure gedeel wat ‘n groot impak het op hoe produsente vir
die toekoms beplan. Ngoza het dit ook duidelik gemaak dat die
nuwegenerasie-werkers se behoefte na vaardighede daagliks
verandermet nuwetegnologie-masjineriewat beskikbaar is.
Dr Jaftha was vol lof vir die goeie werk en betrokkenheid van
Graan SA en het die belangrikheid van effektiewe betrokkenheid by
die regeringuitgelig. Hy het ‘nberoepgedoenom effektief betrokke
te bly en navrae aan regeringsamptenare van die betrokke lynfunk-
sie te rigom sodoendediebeste resultate en terugvoer tebekom.
Verder is die belangrikheid van gekonsolideerde kwessies uitgelig
met ‘n ongefragmenteerde benadering en ter afsluiting is klem gelê
opdienoodsaaklikheid vandialoog enbetrokkenheidom effektiewe
vennootskappe te vorm en in stand tehou.
Bedryfsheffing
Die voorlegging deurmnr Andries Theron (visevoorsitter vanGraan
SA en voorsitter van die Bemarkingswerkgroep) het produsente
ingeligoor die stand vanGraanSA-heffings. Alhoewel die inkomste
vanR11,6miljoen die hoogste in die geskiedeniswas, bly dit steeds
‘n uitdaging om die begroting te laat klop met die uitdagings in
landbouwat elke jaar groter engroterword.
Dit was onvermydelik om die eerste keer vanaf 2002, toe die
vrywillige heffing ingestel is, ‘n verhoging in die tarief te versoek.
Die besluit is eenparig geneem en produsente het ook versoek dat
die nuwe tariewe onmiddellik in werking moet tree ten einde die
voordeel van die belowende oes te geniet.
Meer inligting rondom
diebesluit opbladsy 24 en 25
.
Verkiesing van voorsitters
GraanSA is strategiesoppad indie regte rigting.Dieprodusentehet
hul vertroue indiehuidigebestuurbevestigdeurbeidedievoorsitter,
mnrLouwSteytler, endie tweevisevoorsitters,mnreAndriesTheron
enVictorMongoato, inhul onderskeie ampte teherverkies.
Kongres 2014 was verseker een vir die rekordboeke. Graan SA is
bekend vir vernuwing en verbetering en ons nooi jou dus uit omdié
spasiedop tehouom te sienwat volgende jaar seKongres inhou.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
ALZENAGOMES,
kommunikasie- en skakelbeampte, Graan SA
1...,4,5,6,7,8,9,10,11,12,13 15,16,17,18,19,20,21,22,23,24,...92
Powered by FlippingBook