Previous Page  21 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 21 / 140 Next Page
Page Background

19

www.nampo.co.za

Graan|Grain

produkinligting

Alfred Andrag,

Agrico

A

grico se moderne hoëspoed-dis (HSD-reeks) verseker

uitstekende werksverrigting. Dit is ontwerp om effek-

tiewe hoëspoedbewerking te doen met uiters lae

dieselverbruik. Die implement is by uitstek geskik om

materiaal in te sny asook om saadbedvoorbereiding-

en vogbewaringsbewerkings te doen. Modelle van

2,5 m tot 4 m wyd is tans beskikbaar.

Die Agrico-HSD onderskei homself met die volgende uitstaande

eienskappe:

Die robuuste, rigiede, gesweisde raam verseker stabiliteit en be-

troubaarheid.

Individuele rubberhersetmeganismes beskerm skottels en laers.

Drywing benodig: Slegs 20 kW/m - 25 kW/m.

Maksimum werksdiepte is ongeveer 160 mm.

Massa per skottel: ± 60 kg (roller uitgesluit).

Hoësterktestaal-, Ø630 x 6 mm- gehapde skottels, voor en agter.

315 mm-skottelspasiëring.

Hoësterktestaal-laeromhulsels met onderhoudsvrye, dubbelry-

koeëllaers vir langer lewensduur.

Kassetseëls vir die beskerming van die laers teen stof.

Kategorie 2/3 - 3-puntmontasie.

Opsionele rollers beskikbaar vir konsolidasie en gelyke afwerking

van grond.

Die roller dien ook as verstelbare dieptebeheer.

Sedert die implement verlede jaar by die NAMPO Oesdag bekend-

gestel is, kan Agrico se wêreldklasfabriek op Lichtenburgomtrent nie

voorbly om aan die vraag te voldoen nie. Tans word daar ook nog

wyer modelle ontwikkel, waarvan prototipes reeds loop. Die nuut-

ste rekenaartegnologie word ook hier ingespan, met spannings-

analises en -simulasies om die implemente so robuust en betroubaar

moontlik te maak.

Moderne hoëspoed-dis

by NAMPO te sien

MODEL

AANTAL SKOTTELS

WERKSWYDTE

(mm)

DRYWING BENODIG

(kW)

3-PUNTHAAK­

KATEGORIE

ROLLERS BESKIKBAAR (opsioneel)

PLAAT  KLUIT

2,5

16

2 500

50 - 63

II

x

x

3,2

20

3 200

63 - 80

II / III

x

x

4,0

24

4 000

80 - 100

II /III

x

Die HSD630-reeks.

1

Die HSD630 in aksie, besig om koringstoppels te sny, teen ’n hoër

spoed as 14 km/h.

Hier staan die HSD630 staties.

Skandeer die QR-kode om

die indrukwekkende video

van die Agrico HSD630 in

aksie te sien.

Figuur 1: Agrico gebruik die nuutste tegnologie in hulle produk­

ontwikkeling: Spanningsanalise op die raam van die HSD630.

P

2019