WIT MIELIES
LS 8541 BR*
LG 31.745
LG 31.745 R*
LG 31.743
SONNEBLOM
SOJABONE
GEEL MIELIES
VIR KWALITEIT SAAD EN BESTE DIENS
Met Link Seed se Toppresteerders, verbou die boer sukses.
Noukeurige toewyding in die teelproses verseker ons
toegewydheid aan kwaliteit, opbrengs en stabiliteit in elke kultivar.
Beplan nou en bestel onmiddellik om teleurstelling te voorkom.
+27 (0)33 417 1494/6
linkseed@linkseed.co.za
HOOFKANTOOR
LAMBERT BLOM
LOUIS PEARSON
ALBERT KRIEK
Mpumalanga / Limpopo
Noordwes / Wes-Vrystaat
KwaZulu-Natal / Oos-Vrystaat / Oos-Kaap
+27 (0)82 786 6875
+27 (0)79 079 5857
+27 (0)82 824 5442
“Ons onderskryf kwaliteit en diens – jou tevredenheid is ons trots”
*ROUNDUP READY
and
YIELDGARD
are registered
trademarks of Monsanto Technology LLC
#CLEARFIELD
and
CLEARFIELD PLU
S are registered
trademarks of BASF South Africa (Pty) Ltd
LG 5626 HO
LG 5710
LG 5678 CLP#
LG 50750 CL#
LS 6146 R*
LS 6150 R*
LS 6161 R*
LS 6164 R*
LS 8518
LS 8526
LS 8536 B*
LS 8542
LS 6240 R*
LS 6248 R*
LS 6261 R*
LS 6851 R*
LS 8538 R*
LG 3607 Y
LG 31.642 R*
LG 31.644 R*
LS 6860 R*
LS 6868 R*
DS KOOS KIRSTEN
WOORD
Uit die
o
ns word aan die begin van Ps. 107 geroep om die
Here te loof. Deur die loop van die psalm word ons nog
vier keer aangespoor om die Here te loof. Elke keer
word daar redes verskaf van waarom ons dit moet doen.
Die eerste rede is dat die Here vir Hom gelowige
kinders van regoor die wêreld bymekaar maak. So het dit gebeur
dat ons wat nie fisiese nakomelinge van Abraham is nie, deel kon
word van die volk van God.
Ten tweede verlos die Here sondaarmense en gee aan hulle nuwe
harte. Deur die Heilige Gees wederbaar Hy ons en gee aan ons die
geloof wat ons in Jesus Christus as ons Verlosser en Saligmaker
laat glo. Ons was gevangenes van Satan, maar die Here het Satan
se houvas en mag oor ons verbreek en ons gered.
Die derde rede is dat die Here ons talle kere uit benoudheid en
angs red. Daar kom soveel dinge oor ons lewenspad dat dit
partykeer voel asof al die storms van die lewe op een slag op ons
afkom. Hierdie storms kom oor ons persoonlik, oor die kerk en oor
ons land. Die Here maak hierdie storms stil en maak dit ook stil in
ons harte.
Die vierde rede is dat die Here ons versorg. Hy gee aan ons dít
wat ons nodig het vir ons aardse lewe en die ewige lewe. Menige
kere seën Hy ons werk en maak ons goeie oeste. Elke Sondag tydens
die erediens spreek Hy sy seën oor ons uit.
Hierdie psalm sê nie net dat ons die Here moet loof nie, hy sê
ook hoe, waar en wanneer. Ons moet met jubelende woorde en
sang sy lof verkondig in die wêreld, in die kerk, en by elke ander
geleentheid wat hom voordoen. Daarby moet ons onsself aan die
Here offer as lewende en heilige offers.
Ps. 107 sluit af met die oproep om op al hierdie wonderlike dinge
wat die Here doen ag te gee en op sy goedertierenheid te let, want
daarin is wysheid. Wees dan wys en sien al hierdie dinge raak en
loof die Here daarvoor
.