

63
June 2018
vergeleke met die plaaspraktyk van 1 740 kg
graan/ha. Oor seisoene en alle stelsels heen
het die kortseisoenkultivar teen 2 750 kg
graan/ha heelwat beter presteer as die lang
seisoenkultivar teen 1 630 kg graan/ha.
Teen hierdie agtergrond sou die keuse
van ‘n produksiestelsel vir sojabone vir
hierdie koel humiede gebied soos volg
wees: ‘n Argentynse stelsel waar ‘n kort
seisoenkultivar teen 250 000 plante/ha en
52 cm-rywydte in wisselbou met mielies
verbou word.
Leeuwkuil
Al drie die proefgewasse (mielies, sonne
blom en sojabone) het in die 2013/2014-
seisoen goeie groei getoon (
Foto 4
op
bladsy 65) danksy goeie reënneerslae van
65 mm en 83 mm in Januarie en Februarie
onderskeidelik.
Mielies
Grafiek 4
toon dat, gemiddeld oor twee sei
soene, die plaaspraktyk (28 000 plante/ha)
teen 6 271 kg graan/ha heelwat beter
presteer het as die Argentynse stelsel
(45 000 plante/ha) teen 5 448 kg graan/
ha. Beide stelsels het sojabone as wis
selbougewas in die vorige seisoen
gehad. Die plaas se langtermynmielie-
opbrengs wissel van 5 000 kg/ha tot
7 200 kg/ha vir ‘n twaalf maande- en
oorlêstelsel, onderskeidelik. Die seisoe
nale reënval vir 2012/2013 en 2013/2014
het gewissel van 415 mm tot 408 mm,
onderskeidelik. Op die sandgrond van
Leeuwkuil is in die 2013/2014-seisoen
‘n progressiewe afname in graanop
brengs gemeet, met ‘n toename in plan-
testand (soos gemeet met oestyd –
Grafiek 5
op bladsy 65). Op die sandkleileemgrond op
Manjoh Ranch is presies die teenoorgestel
de resultaat gevind (sien Grafiek 3).
Teen dié agtergrond sou die keuse van ‘n
produksiestelsel vir mielies vir hierdie semi-
ariede, sandgrond-gebied op die bestaande
plaaspraktyk van ‘n beitelploegbewerking
vooraf en 28 000 plante/ha in 100 cm-rye
val. Beide sonneblom en sojabone sou
oorweeg kan word as ‘n wisselbougewas.
Sonneblom
In die 2012/2013-seisoen het beide stel
sels 1 900 kg graan/ha gelewer. In die
2013/2014-seisoen het die plaaspraktyk
(Plaas40KM) teen 40 000 plante/ha in
wisselbou met mielies 3 823 kg graan/ha
gelewer, vergeleke met die Argentynse
stelsel (Arg40KM) se 3 418 kg graan/ha
– ‘n verskil van 12%. Die plaas se lang
termynsonneblomopbrengs wissel van
1 500 kg/ha tot 2 700 kg/ha vir ‘n twaalf
maande- en oorlêstelsel, onderskeidelik.
Daar was ‘n aanduiding van ‘n toename
in graanopbrengs met ‘n toename in
plantestand (soos gemeet teen oestyd).
Die resultate in ag genome sou moontlik
enigeen van die plaaspraktyk of Argentynse
stelsel gekies kon word as ‘n produksie
stelsel vir sonneblom, in wisselbou met
mielies, vir hierdie semi-ariede sandgrond-
gebied.
Grafiek 4: Mielie-opbrengste as funksie van produksiestelsels [Pls28KSj = Plaaspraktyk teen
28 000 plante/ha (sojaboonrotasie); Arg38KM, Arg45KM, Arg45KSn, Arg45KSj = Argentynse stelsel
teen 38 000 en 45 000 plante/ha (monokultuur, sonneblom- en sojaboonrotasie).
3: Vegetatiewe groei van mielies (Argentynse stelsel: 60 000 plante/ha en 52 cm-rye).
3