Tel: (011) 615-6421/677-2100
FORD, FIAT, NEW HOLLAND
and MASSEY
aktueel
Fotokompetisie
102
Groot gees in
landbou sterf
M
nr Lullu de Jager, voormalige hoofbestuurder van
Vrystaat Landbou, is op 8 Mei in Bloemfontein oorlede.
De Jager (79) het in April ‘n noodoperasie ondergaan vir
bloeding op die brein en was sedertdien in die hospitaal.
Hy het ook prostaatkanker gehad.
Hy was van 1984 tot 1999 hoofbestuurder van Vrystaat Landbou
en was ook die dryfkrag agter die Jongboerkomitee van Vrystaat
Landbou. Mnr Gerhard Kriel, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat
Landbou, het in ‘n huldeblyk gesê De Jager was ‘n groot gees in
landbou en het sy lewe daaraan gewy.
Mnr Dan Kriek, president van Agri SA en voormalige Vrystaat
Landbou-president, het gesê De Jager was
toegewyd om jongmense in Vrystaat Landbou
‘n geleentheid en plek te gee om te ontwikkel.
“Hy het aan jongboere ‘n plek gelyk aan dié
van die seniors gegee. Hy het aan
hulle relevansie en geleenthede
gegee.”
Hy laat sy vrou, Hettie, drie
kinders en vyf kleinkinders
agter.
Karina Muller,
SA Graan/Grain
medewerker
A
Wyle Lullu de Jager en
sy vrou, Hettie.
Foto: Johan Pretorius
Plantdiversiteit is verder vir die verskillende bakterieë, fungi en
nematodes belangrik ten einde optimaal te reageer. Hierdie aksie het
tot gevolg dat die grondstruktuur verander en dat tipiese grondlae
oor tyd verdwyn.
Permanente, lewendige plantwortels in die grond het verseker ook
voordele vir grond. Lewende gewasse bring koolsuurgas in die
grond in, verminder onkruiddruk en beskerm die grond teen die
son. Verder verseker hierdie bedekking dat die waterinfiltrasie en
reënvaldoeltreffendheid verhoog.
Daar is ‘n groot aantal kombinasies van gewasse wat in die somer
en in die winter verbou behoort te word. Hierdie gewasse en
oesreste op die grond lewer ‘n bydrae om reëndruppels se energie
te adsorbeer sodat die grond nie “toeslaan” nie. Dit verhoog met
ander woorde waterinfiltrasie. Die dekgewasse het ook die vermoë
om onkruid te onderdruk en sodoende kan daar op onkruiddoder
bespaar word.
Lewende hawe
Om lewende hawe met gewasverbouing te kombineer, bring steeds
meer voordele. Lewende hawe kan gebruik word om ‘n gedeelte
van die plantmateriaal in kontant te omskep en boonop die grond
te beskerm.
Dit is belangrik om plantmateriaal in kontak met grond te bring
sodat bakterieë, fungi en nematodes hul werk kan doen. Deur vee
op een plek te konsentreer, word hulle gedwing om die materiaal
(smaaklik en onsmaaklik) te vreet en die diere se pote kompakteer
die plantmateriaal.
Die mis en urine van die vee lok weer ‘n nuwe groep insekte, wat
die mis in die grond in verwerk en sodoende nuwe elemente in die
grond plaas. Maak seker dat die grond nie te nat is as die diere
ingebring word nie, anders sal dit lei tot grondverdigting – wat weer
nadelig vir graanproduksie is.
Watter stelsel?
Die vraag is: Watter stelsel gaan in hierdie geval die beste resultate
lewer? Die kombinering van geenbewerking, dekgewasse en
lewende hawe behoort die beste stelsel vir gewasverbouing te
wees. Hierdie stelsel behoort die koolstofinhoud in die grond
te verhoog, die grondvoedingselemente te verhoog, erosie te
verminder, waterinfiltrasie te verhoog, die pH van die grond aan
te spreek en ‘n goeie inkomste vir die lewende hawevertakking
te bewerkstellig.
Dit is interessant dat bewaringslandbou nie hier stop nie. Dit het die
vermoë om ons weer te laat leer, meer aandag aan die omgewing
te gee, die natuur meer en meer na te boots en sodoende nie net ons
eie selfsugtige behoeftes na te jaag nie.
Die volledige lesings van die sprekers is beskikbaar by
https://
www.netwerk24.com/landbou/Bedrywe/Bewaringsboerdery/
opgewondenheid-op-herlewingslandboukonferensie-20180323.
Reitz-konferensie