Julie 2018
100
Reitz-konferensie
fokus op herlewing
‘n
Studiegroep wat fokus op ‘n beter toekoms en wat na
vorsing vir hulle laat werk. Dít het aanleiding gegee tot
die
Landbouweekblad
Herlewingslandboukonferensie wat
jaarliks op Reitz in die Oos-Vrystaat aangebied word.
“Ek hou nie daarvan om vir die volgende geslag te boer nie: Ek wil
boerdery graag nóú laat werk,” het mnr Jay Fuhrer, ‘n Amerikaanse
herlewingslandbouspesialis, tydens sy aanbieding gesê. Hy
was die opening- en gasspreker by die konferensie wat op 19 en
20 Maart op Reitz in samewer-
king met Riemland-Studiegroep
en Graan SA aangebied is.
Dr Hendrik Smith (bewarings
landboufasiliteerder, Graan SA)
het die tafel gedek deur te vra
waarom ons bewaringslandbou
nodig het. Hierdie vraag laat ‘n
mens dink: Gaan dit net oor die
omgewing of gaan dit ook oor die
geld in die produsent se sak?
Die effek van groenbemesting en
dekgewasse op produksie is deur
mnr Roland Bunch (Canadian
Foodgrains Bank) beklemtoon.
Die verhoging in opbrengste is
een van die voordele, maar die
eintlike onverwagte voordeel is
die verlaging van droogterisiko.
Die gevolg is dat produksie en
voedsel hierdeur gestabiliseer
word. Me Charlene Janion-
Scheepers (Iziko South African
Museum) het gesê dat diversiteit vir mens, dier, plant, insek en
omgewing belangrik is en dat as dit nie onderhou word nie, dit tot
almal se ondergang aanleiding sal gee.
Diversiteit in plante en bewaringslandbou het ‘n besondere voordeel
vir insekte. Balans word weer herstel en elke insek kan sy spesifieke
rol vervul. Predatore vermeerder en bring plantplae en -peste in
balans. Verder doen die goggas ons ook ‘n guns omdat hulle heelwat
van die algemene onkruidsaad verwyder. Balans lewer ‘n bydrae om
die gebruik van chemiese middels te verminder en sodoende neem
winsgewendheid toe. Dít is die passie van prof Johnnie van den
Berg (Noordwes-Universiteit) en dr Annemie Erasmus (LNR-Graan
gewasse).
Suid-Afrika se klimaat is besig om oor tyd te verander.
Mnr Francois Engelbrecht (WNNR-Natuurlike Hulpbronne en Om
gewing) en me Christien Engelbrecht (LNR-Grond, Klimaat en
Water) het in die kristalbal gekyk en probeer voorspel hoe die
klimaat vir die volgende paar dekades na die einde van die eeu
toe gaan verander. Groot veranderinge word verwag. Uiterstes
gaan verseker toeneem en dit beteken dat as dit droog is, gaan
dit besonder droog wees en as dit nat is, gaan dit uitermate nat
wees. So, hoe boer ‘n produsent in hierdie omstandighede?
Mnr Johann Zietzman (outeur van die boek
Man, cattle and veld
)
staan ‘n unieke manier van beweiding voor en het aan teenwoordi-
ges gedemonstreer dat diere geforseer kan word om nie-selektief te
wei en sodoende die veekomponent
te gebruik om grond en veld te
verbeter.
Klimaatsuitdagings
Die meerderheid van vandag
se klimaatsuitdagings kan met
bewaringslandbou
aangespreek
word. Deur die lewe in die
grond op te bou en te onderhou,
word die langtermynvolhoubaar-
heid van landbou versterk. Hierin
speel die effek van plante, diere
en ander organismes ‘n uiters be
langrike rol, omdat dit ‘n stelsel
vorm waarbinne alle prosesse
plaasvind. As een deel van die
stelsel nie optimaal funksioneer
nie, sal die hele stelsel beïnvloed
word. Koolstof in die grond is die
belangrikste aspek wat onderhou
en opgebou moet word. As meer
koolstof uit die grond geneem word
as wat daarin geplaas word, is dit
nie oor die lang termyn volhoubaar
nie. Dit is belangriker om te fokus op wat onder die grond gebeur
as wat bo-op die grond aangaan. Inteendeel: As dit onder die grond
voorspoedig gaan, sal dit bo die grond klopdisselboom gaan.
‘n Beginsel wat ons moet verstaan, is hoe grond werk en waaruit
dit saamgestel is. Grond bestaan hoofsaaklik uit lug, water,
minerale en grondorganiese materiaal. Elke aspek van grond kan
en moet bestuur en bewaar word. Die voordeel verbonde aan
die aanplanting van langtermyngewasse is dat hul wortels dieper
in die grond penetreer en sodoende grondstruktuur vorm, wat
voldoende voedsel vir die organismes verskaf.
Die luggedeelte in grond is essensieel, omdat dit ruimte skep waar-
in water geberg kan word. Hoe meer kompaksie in die grond
voorkom, hoe minder spasie is daar vir water om gestoor te word.
Grond se waterinfiltrasie en waterhouvermoë is krities en moet
en kan bestuur word. Dit is bekend dat die waterhouvermoë van
aktueel
Pietman Botha,
SA Graan/Grain
redaksiespan
“
Ek hou nie daarvan
om vir die volgende
geslag te boer nie:
Ek wil boerdery
graag nóú
laat werk.
“